News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 14°C 29°C
KPT 18°C 30°C
JHB 12°C 25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
21/06/2008 21:10  - (SA)  
Phat Joe in die pekel oor ‘rassistiese’ fop-advertensie oor radio
Johan Eybers    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Phat Joe.


Johannesburg

Die gewilde geselsprogram-aanbieder Phat Joe is in ’n rasseherrie gewikkel oor ’n grap op Kaya FM dat daar gereël kan word om wittes “hul dood te help reël”.

Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (Ukksa) het ’n klag ontvang dat hy die uitsaaikode oortree het deur rassistiese haatspraak aan te blaas.

Me. Merrill Plagis, ’n gereelde luisteraar na dié radiostasie, het Vrydag die klag ingedien nadat Phat Joe glo Donderdagoggend in sy ontbytprogram die stelling in ’n fop-advertensie gemaak het.

Volgens Plagis het Phat Joe gemaak of hy dienste van ’n denkbeeldige ondernemer, Bling Bling Funerals, adverteer.

“Aan die einde van die advertensie sê Phat Joe net swartes mag aansoek doen. Hy eindig dan die advertensie met die gewraakte woorde: ‘Geen wittes nie, maar ons kan jul dood vir julle help reël,’ ” sê Plagis.

Plagis sê sy is geweldig ontsteld oor die “onverantwoordelike stelling”, veral in die huidige politieke klimaat van xenofobiese geweld teen verskeie etniese en rassegroepe.

“Dit is ’n siek grap. Ek glo Phat Joe is onverantwoordelik, want hy is daardeur besig om rassehaat aan te vuur.”

Plagis sê as ’n gereelde luisteraar na radiostasies waarvan die teikenmark meestal swart is, ervaar sy dat ál meer rassistiese stellings daarop gemaak word.

“Dit is onsmaaklik en ek meen enige verantwoordelike radiostasie moet beheer hieroor uitoefen en teen radiopersoonlikhede optree wat rassisme aanwakker.”

Mnr. Neil Johnson, inhoudredakteur van Kaya FM, sê die Bling Bling-advertensie is deel van ’n reeks fop-advertensies om Phat Joe se ontbytprogram te adverteer.

“Die advertensies is nie op wittes gemik nie en dit steek die draak met alle groepe in die land.”

Johnson sê dit word sedert Februarie uitgesaai en dit is die eerste keer dat ’n luisteraar daaroor kla.

Johnson sê Kaya FM kan nie verdere kommentaar lewer voordat hulle die klag van Ukksa ontvang het nie.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Patetiese DJ's, 23/06/2008, Siek&Sat
Ek kan nie glo dat daar nog op 'n radio stasie, al is die teiken mark 'meestal swart', is wat sulke siek, simpel patetiese aanmerkings maak oor die lug nie, maak nie saak of die 'n fop-add was nie, laat een wit mens nou met se enige iets is SLEGS vir BLANKES dan is al wat 'n regering instansie is met 3 letter afkortings op hulle, en duur hof saake volg. Dis pateties en sulke gedrag moet gestaak word. Ons moet as een volk aan gaan maar nie een swart mens kan oor apartheid kom nie. Bou 'n brug flip man.
PHAT JOE, 22/06/2008, dan de lange
Wonder maar nou net hoe groot bohaai sou gewees het as RSG n fop advertensie uitgesaai het om die swartes te help om die tydlike met die ewige te verwissel, ons sou teen Kersfees nog steeds koes koes moet rondsluip want ons het mos slagoffer sindroom
Rassehaat, 22/06/2008, Aletta
Ek kan my nie indink in watter chaos en histerie die wereld sal wees as 'n wit persoon 'n soortgelyke uitspraak teen swartes gemik, sou maak nie! Maar swart mense is klaarblyklik verskans teen enige vorm van vervolging as daar rassistiese en duidelik opruiende uitsprake teen wittes gemaak word. Meer ontstellend is Johnson se uitspraak: ?Die advertensies is nie op wittes gemik nie en dit steek die draak met alle groepe in die land.? Geen wonder wit mense verlaat die land in hulle hordes nie. Ek kom gewis nie weer terug nie! Waarom wil ek in 'n land woon waar sulke dubbele standaarde geld en waar moord openlik aangeblaas word onder die waan van 'n "fopadvertensie"?
Advertensie?, 22/06/2008, stoflap
Ja toe as dit 'n wit stasie was wat so 'n advertensie gemaak het en die swartes belowe het om hulle te help beplan aan hulle dood - dan was daar vandag 'n 1000 man optof om teen apartheid en diskriminasie te betoog. Lyk my as jy swart is in die land mag jy maak, se, doen net wat jy wil en dan is dit 'n "grappie" of moet dit "in konteks" gesien word. Die swart nasie is ERG RASSISTIES
Jagseisoen oop, 22/06/2008, Henk
Die jagseisoen op witmense is nou al vir veertien jaar oop in Suid-Afrika, met siek grappe en rassistiese aanmerkings. En as jy dit sou waag om die "grap" om te keer deur "wit" en "swart" se rolle om te ruil, word jy as 'n rassis uitgekryt. Maar nouja, skynbaar kan net witmense hulle skuldig maak aan rassisme.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo