News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 14°C 31°C
KPT 16°C 27°C
JHB 16°C 28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
21/06/2008 21:09  - (SA)  
Man veg om lewe oor skroewedraaier in kop
Julian Jansen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Bryan Ferreira, wat gister in 2 Militêre Hospitaal in Wynberg om sy lewe geveg het nadat 'n skroewedraaier sy skedel deurboor het.


Kaapstad

’n Afgetrede lugmagonderoffisier het gisteraand nog in 2 Militêre Hospitaal in Wynberg om sy lewe geveg nadat sy skedel Dinsdagoggend, kort ná middernag, in ’n wrede aanval met ’n skroewedraaier deurboor is.

Mnr. Bryan Ferreira (64) is sedert Dinsdag in ’n diep koma en dokters het sy familie gister meegedeel daar is nie hoop vir hom nie.

Die 20 cm lange metaalpunt van die skroewedraaier, met wit maskeerband om die handvatsel, het Ferreira se skedel by sy linkerslaap binnegedring en byna agter sy regteroor uitgekom.

Ferreira was van sy winkel in Parklands, naby Tableview in Kaapstad, op pad huis toe toe hy buite sy huis oorval is.

Sy vrou, Marie (62), en sy jongste dogter, Maryan (29), het nie die aanval gehoor nie en Maryan het haar bewustelose pa eers Dinsdagoggend omstreeks sesuur langs die voorstoep aangetref.

“Hy het gelê asof hy rustig slaap, met sy hande onder sy kop. Toe maak die ambulansman dit af as ‘ ’n dronkslapie’, dít terwyl my pa ’n geheelonthouer is. Toe hulle hom omdraai, het ons die skroewedraaier in sy kop gesien.

“Ons het niks gehoor nie. Gewoonlik vat pa altyd sy hond en sy assegaai saam as hy snags verdagte geluide buite die huis hoor.”

Geen besittings word vermis nie.

Ferreira se ander dogter, me. Maré Sieling (33), sê die polisie se forensiese span het eers Vrydag die misdaadtoneel besoek. Toe het reënbuie reeds die bloed teen die mure en die spore van Ferreira se aanvaller(s) uitgewis.

Sieling en haar man, Wouter, emigreer oor drie weke na Melbourne, Australië, “deels oor die hoë misdaad in ons land”, sê sy.

Ferreira, oorspronklik van Jagersfontein in die Vrystaat, was ’n kommunikasiebeampte in die lugmag en het voorheen by die Ysterplaat-lugmagbasis gewerk. Hy het ook al die Kaap-na-Rio-bootvaarte as bemanningslid meegemaak.

Volgens supt. André Traut, polisiewoordvoerder, word ’n klag van poging tot moord ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo