News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 19°C 30°C
KPT 17°C 23°C
JHB 14°C 26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
28/06/2008 21:23  - (SA)  
Polisie ‘kaap’ kar, eis geld van motoris
Sonja Carstens    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Attie van Schalkwyk vertel hoe 'n polisielid hom glo met 'n R5-aanvalsgeweer van sy motor beroof het. (Foto: Craig  Nieuwenhuizen)


Pretoria

’n Vlieënier vrees vir sy lewe nadat hy deur twee polisielede weens “dronkbestuur” voorgekeer en na twee kitsbanke geneem is om vir hulle geld te trek.

Mnr. Attie van Schalkwyk (32) van Hartbeespoort was Donderdag omstreeks 22:00 van Kempton Park na sy huis onderweg toe twee polisiemanne hom in Kerkstraat in Pretoria-Wes van die pad af laat trek het.

Een was met ’n R5-aanvalsgeweer gewapen en hulle het hom van dronkbestuur beskuldig.

’n Polisielid het sy motor bestuur terwyl die ander polisieman hulle in ’n polisievoertuig gevolg het. In die motor het die polisielid glo aan Van Schalkwyk gesê hy moet sy volle samewerking gee en met hom na ’n kitsbank gery. Van Schalkwyk, wat nie geboei was nie, het uit sy motor gespring toe hulle by ’n stopstraat in die rigting van Atteridgeville draai.

Hy en sy vrou het ’n klag by die Hartbeespoortpolisiekantoor ingedien.

Die kantoor van die direkteur van openbare vervolgings (DOV) in Pretoria is oor die voorval ingelig.

Mnr. Wilhelm Mundt, Van Schalkwyk se prokureur, is die volgende dag na die Pretoria-Wes-polisiekantoor om Van Schalkwyk se motor op te eis.

Mundt sê die twee polisie-lede het beweer hulle ondersoek ’n klag van dronkbestuur teen Van Schalkwyk, hoewel ’n bloedmonster van hom nie geneem is nie en hy nie gevra is om in ’n asemtoetser te blaas nie. Die polisie het Van Schalkwyk se motorsleutels aan Mundt oorhandig.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo