News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 10°C 21°C
KPT 16°C 23°C
JHB 10°C 17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
19/07/2008 20:29  - (SA)  
$1 000, die seën en siedaar, jy’s ’n miljoenêr
Marthinus van Vuuren    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Die Amerikaanse televangelis Benny Hinn. (Foto: www.bbc.co.uk)

Verwante Berigte
  • TV-predikers se geldsake ondersoek

  • Johannesburg

    ’n Seën van God sou twee minute duur. En dít sou van 500 kerkgangers miljoenêrs en selfs miljardêrs maak – as hulle met hul kredietkaarte elkeen $1 000 as offergawes aan die televangelis Benny Hinn oorbetaal.

    ’n Johannesburgse pastoor is só ontsteld oor dié “seën” dat hy nou, ná ’n week, wil weet wie van daardie skenkers miljoenêrs geword het.

    Past. Tommie Ferreira van die AGS-gemeente Floridapark, Roodepoort, sê dis nie sy bedoeling om Hinn tot ’n val te bring nie.

    Hy wil net graag weet of enige van die honderde kerkgangers wat verlede Saterdagoggend tydens Hinn se “Miracle Crusade” offergawes van tot $1 000 (sowat R7 500) gegee het, nou miljoenêrs is.

    Sowat 18 000 mense het verlede naweek na die Coca-Cola Dome in Randburg gestroom om na Hinn se boodskap van heling en wonderwerke te luister.

    Ferreira, ’n kranige koorsanger, het vrywillig aan die “Miracle Cru-sade” se koorsang gaan deelneem.

    Volgens hom het een van Hinn se Amerikaanse gassprekers, past. Todd Koontz, verlede Saterdagoggend in ’n boodskap oor finansiële laste gesê 500 mense in die gehoor gaan “ ’n besonderse seën” ontvang.

    “Hy het gesê dié diens gaan binne 24 uur miljoenêrs en miljardêrs oplewer.

    “Elkeen moet $1 000 opoffer, want daar rus ’n besonderse seën op $1 000.

    Koontz het die kerkgangers glo veral aan die skarrel gehad toe hy gesê het “hierdie seën gaan net twee minute lank uitgestort word”.

    “Die mense het vorentoe gestorm – arm mense, ryk mense, mense van alle uithoeke van ons samelewing,” vertel Ferreira.

    Hinn se medepastore het glo kredietkaartmasjiene voor die gemeente gereed gehad waarmee hulle offergawes kon insamel.

    “Hy (Koontz) het gesê God gaan die mense se kredietkaarte seën en hulle sal met hul geld oor Suid-Afrika kan heers.

    “Daar was uiteindelik nie minder nie as duisend mense wat só offergawes gegee het.”

    Volgens Ferreira se berekeninge het Hinn se televangelistiese gemeente met daardie offergawe miljoene rande ingesamel – dalk meer as R7 miljoen as al 1 000 kerkgangers $1 000 opgeoffer het in die hoop dat hulle miljoenêrs sou word.

    Boonop het Hinn kort ná Koontz se insameling van die $1 000-offergawes algemene offergawes ingesamel.

    “Dit het my hare laat rys,” sê Ferreira.

    Hy sê hy sal nie met sy gewete kan saamleef as hy nie met ander mense oor dié moontlike slenter praat nie.

    “Ek val hulle (Hinn en Koontz) nie aan nie. Ek het net ’n broertjie dood aan mense wat ongegronde bewerings maak en dan is hulle weg met die mense se geld.”

    Dr. Sarel Smit van die AGS-gemeente Lofstad in Hursthill, Johannesburg, wat Ferreira ondersteun het toe hy met Rapport gesels het, is net so bekommerd oor die metode waarop Hinn offergawes insamel.

    “Veral in ’n tyd soos nou, waar ons erge nood beleef. Mense loop die gevaar om só hul geloof in die Here te verloor.

    “God sal in jou needs voorsien, maar nie in jou greed nie.”

    Rapport het ’n werker in Hinn se Suid-Afrikaanse kantoor in Durban genader wat Vrydagoggend gesê het hulle is “steeds besig om die geld te kollekteer”.

    “Ons kry baie goeie reaksie oor verlede naweek,” het die persoon gesê.

    Hy wou nie geïdentifiseer word nie.

    Volgens hom het Koontz voor die insameling van die $1 000-offergawes ’n boodskap “oor die beginsel van wat jy saai, sal jy maai” gelewer.

    “Amerikaners praat altyd in dollars. As van die kerkgangers nie geglo het dat hulle wél geseën gaan word nie, moes hulle nie hul geld gegee het nie.

    “Die kerkgangers hoef nie $1 000 gegee het nie.

    “As hulle dit nie kon bekostig nie, kon hulle minder gee. En van hulle het.

    “Past. Todd het gepraat van goeie saad. As jy dit nie prakties saai nie, sal jy nie ’n goeie oes hê nie.”

    Die persoon het Rapport daarop gewys dat Hinn se gemeente binnekort ’n weeshuis in Suid-Afrika gaan bou.

    Hinn se Suid-Afrikaanse kantoor voed ook daagliks sowat 1 000 kinders in Durban.

    Rapport het ’n opname van Koontz se boodskap gevra, maar volgens Hinn se kantoor sal hulle dit eers oor vier tot ses weke kan verskaf.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Waarheen gaan die geld dan?, 22/07/2008, CJD
    Dit is vir my skokkend dat mense so na?is! As Benny Hinn nie self aangekondig het dat hierdie nuutste "scam" van hom vir hom ook gaan nie, sal hy dan die geld teruggee? (Of gaan die geld net aan die een wat die 2 minute van se?afgekondig het?) Hierdie is 'n ou truuk - laat iemand anders so 'n afkondiging maak, dan het ek mos niks daarmee te make nie, maar ons sal daarna die geld baie gulsig neem! Benny Hinn is 'n totale klug, hy teer op mense wat alles vir hom sal gee sodat hulle ook uit hul omstandighede kan kom. Ek het by verskeie lande besoek afgel?aar hy alreeds sy kloue ingeslaan het. Aan die wat dink hy is so eerbaar - gaan s?it vir die wat alles verloor het! Ek was ook al by dienste waar predikers vir mense se kredietkaarte wil bid sodat hulle uit die skuld kan kom. Leer eerder die persoon wat die kredietkaart besit om dit reg te gebruik! Benny Hinn is deur en deur bewys as 'n valse prediker. Sy gebruik van allerhande metodes om geld te maak en om mense onder hipnose te plaas is alombekend, so ook die vloek wat hy op Christene en hul kinders(!) wat teen hom waarsku uitgespreek het! Wat het van "God is Liefde" geword? Sy optrede skree ten hemele. Hy het ook al aangekondig dat Jesus saam met hom op 'n verhoog gaan verskyn. Toe dit nie gebeur nie het hy dit net eenvoudig afgemaak. Laat die wat hom so verafgod net die waarheid sien, en dit sal hulle vrymaak. Aan die wat hulle geld so vinnig uitgee om MEER te wil h?. God stel net in jou siel belang, as Hy jou se?is dit omdat Hy wil, nie omdat Hy omgekoop kan word nie!!!
    Benny Hinn, 22/07/2008, jacques zietsman
    Dit is vir my hart verskeurend om te hoor dat 'n man van God die algemene naam van die kerk so baie skade aandoen in die naam van God.Dit is verstaanbaar dat Geld wel gevra word omdat niks in hierdei land mos verniet gebuer nie en almal wil hulle "slice of the pie" h?maar om outrageous beloftes te maak om arm mense en desperate mense te kry om hulleself in die skuld te dompel net omdat hulle dalk in die beloofde tyd "gesaai" het.Dit klink baie soos die nasionale lootery se beginsels "raai net die nommers reg en jy word 'n kits miljoen? Ek verstaan dat die ekonomie druk en mense is desperaat om uit die finansi? moeilikheid te kom, maar om nog meer geld uit te gee in die hoop dat jy die "gelukkige wenner" is, is ook nie baie skerp nie. uit my hart voel ek regtig jammer vir die arme mense wat wel dit gedoen het en nou met nog meer skuld sit en ek bid dat God vir julle 'n deur sal oopmaak wat julle sal help om uit die moeilikheid te kom en dat God ons land en sy ekonomie sal ophef tot 'n punt waar daar geen meer swaarkry sal wees vir enige een nie. Dit lyk vir my of die enigste een wat wel binne twee minute 'n miljoen?geword het mr Hinn is.Daar is soveel wonderlike dinge wat deesdae in ons kerke gebeur en in ons land en die laaste ding wat ons nou kan bekostig is dat die mense hul vertroue in die kerk verloor.Dit is so onnodig dat sulke dinge in die pad moet staan van al die opwindende goed wat reg oor die wereld en hier in ons land gebeur. Ek wil ook s?at ek skaam kry vir die mense wat wel geval het vir sulke praatjies en hulle ore en kredietkaarte uitgeleen het vir sulke nonsens Sies waar is julle gedagtes en geloof? Het julle regtig gedink julle kan God omkoop om julle te se?deur net gou 'n duisend dollar in te betaal? God kanie omgekoop word nie.En die bybel s?od se?die wat Hom lief het.Aan Mr Hinn wil ek vra,het God nie aan jou die gawe om te genees verniet gegee nie?? So hoekom moet ander mense betaal om genees te word of voor gebid te word??? Die bybel s?Freely you have received,Freely give" Dit is ok om donasies te vra om te help kostes, dek maar dit is verkeerd om mense niks anders as 'n konsultasie fooi te vra om vir hulle te bid en hopelik te genees nie.Ek hoop jy het eendag 'n verduidliking reg waneer die dag van rekening hier is.Daar is baie eerlike goeie bedieninge in hierdie land wat nie weer finansi?vertou gaan word nie agv gevoel lose mense soos jy. Aan die organiseerders wil ek vra oorweeg liewer volgende keer iemand anders soos rooikappie of iemand en s?ir die siekes dat hulle liewer die dokter moet gaan sien en betaal vir pille. Die ding dat hulle ook selektief vir mense bid is vir my net so verkeerd want almal wat soontoe gaan is desperaat vir 'n wonderwerk en die aanraking van God. Vir al die ander mense wil ek vra moenie ophou kerk toe gaan nie en moenie ophou om die werking van die Here te soek nie daar is Genuine wonderwerke wat nou nog daagliks gebeur en nou meer as ooit.Hou net aan soek na 'n plaaslike kerk wat vloei in die krag van God en die Heilige gees en bly glo en vertrou op Hom en jy sal jou genesing ervaar en kry uit die hand van God en daarna kan die gemeente se?met 'n skenking ten opsigte van die goeie werk wat hulle doen. Shalom
    Imaginary friend, 22/07/2008, Martin
    Ek voel nie eers jammer vir die suckers wat hulle geld daar uitgehaal het nie. As jy in die eerste plek aan n imaginary friend glo, glo dan maar ook dat Benny jou gaan ryk maak.
    Benny Hinn, 21/07/2008, Gerda
    Ek is binne gemeenskap getroud met 'n man wat elke woord glo wat BH vertel ten spyte van die feit dat hy 'n M-graad in Sielkunde het. Vir sy getroue finansi? ondersteuning het hy ook al 'n miniatuurvliegtuig van BH ontvang. Op die stert vd vliegtuig pryk die letters BHM 777. Ook het hy brosjures deur die pos ontvang om saam met BH op 'n Israeltoer te gaan wat die beste deel van R50000 kos. Met geen logiese argumente kan ek enige hond haaraf maak nie. Boonop is my man noual 5 maande werkloos, maar BH s?et die Here sal voorsien. Ek wens so hulle wil sulke mense die land verbied.
    Vertrou geen predikers nie, 21/07/2008, frans
    Ag jong. Dat mense so skaapagtig vir hierdie massahisterie kan val. Hulle skuif hul oe weg van die ware skepper en plaas al hul vertroue in mense... Ek wonder wanneer oom Angus gaan begin om sulke truuks te volg? Dan gaan almal weer aan die huil gaan en rou. Ek kan nie glo dat mense so om die bos gelei word en glo dat God (of Jesus) 'n man aan gestel het om namens hulle te praat nie.
    Benny Hinn, 21/07/2008, Lydia
    Almal se kommentaar oor hierdie geldmakery is vir my 'n "eye opener". Prys God vir 'n opregte man soos Angus Buchan!!
    1000$, 21/07/2008, wat?
    'n Mens sou graag die ander kant van die saak wou hoor, maar as dit waar is, dan maak Benny Hinn van die Christendom 'n klug. Dit sal hy moet verduidelik, aan 'n lewende, liefdevolle God.
    Liefhebbers van geld, 21/07/2008, Tinus van der Merwe
    My liewe boeties en sussies in die Here. Lees julle nie julle bybels nie. Die Woord van God s?In die laaste dae sal mense meer lief word vir geld as God. Julle moet julle o?p God hou, die anti-chris gaan julle vang. Daar is 'n verskil tussen saai-en-maai en geldgierigheid. Julle het nou Bennie Hinn 'n miljoener gemaak.
    LEES MOOI EN VERSTAAN , 21/07/2008, C van der Merwe
    Is dit Hinn of Koontz wat die beloftes gemaak het? Was die wat kommentaar lewer fissies daar om die hele prentjie te sien? Wat gaan ons doen as ons in die hemel kom en ons sou uitvind dat ons nog meer vir die uitbreiding van God se koninkryk kon doen? Hinn weet hy neem niks saam nie, hy is nie onnosel nie.As daar nog meer geld kon loskom vir die uitbreiding van God se koninkryk hier op aarde , des te beter. Hy het 'n skoon rekord by die Amerikaanse staat t.o.v. die hantering van sy(God se) finansies. Ek LEES dat dit Koontz is wat die beloftes gemaak het , volgens die berig, hoekkom kry Hinn die skuld? As dit so is dat Koontz sulke beloftes gemaak het stem ek saam dat dit verkeerd is, maar nou lees ek ook volgens die kommentaar van sy kantoormense dat hy net gepraat het van saai en maai en die wat wil dit kan doen. Niemand is geforseer nie. Ai mense. Hinn is 'n instrument in die hand van die Lewende God en hy het aardse geld nodig om die boodskap van redding uit te dra. Los hom dan uit sodat die werk van God kan aangaan. Die vraag is ....WAT DOEN JY VIR GOD EN DIE UITBREIDING VAN SY KONINKRYK ?
    Benny Hinn the Fraudster, 21/07/2008, Dan Bosman
    Anybody that would like to hear about more of Benny Hinn's previous Fraudulent escapades can contact Dan Bosman on 082-506-5001. He was exposed in USA by NBC Television of making an appeal for prayer requests and money. The prayer requests were trashed and the money went into his own pocket. He then put a curse on people that criticised him. Dan has a DVD proving all of this.
    Security Guard told me to leave, 21/07/2008, EP
    On Friday 11the July I attended a Miracle Crusade for the first time. It was spectacular enough: The thousand piece choir and band complete with an organ introduced the tone of the evening. The worship leader set the stage by announcing that a healer is in Town ? Jesus. When Mr. Hinn arrived more than an half late, the crusade could begin. The message was simple ?God is going to heal ALL present tonight? and ?the wealth from the wicked is going to be given to the righteous (you)? ? that is after you have sown in faith by giving to the Benny Hinn Ministry. After some time we got to the healing part. Mr. Hinn prayed in general for all kinds of ailments, but you had to come up to the stage to claim this healing. Meanwhile in the isles I was witnessing the most heart-braking anguish of a man and his extremely sick wife. This woman was so weak she could hardly stand up, what an act of faith to sit for hours in the Coco-Cola Dome waiting to be ministered to. When they went to the front I noticed they were asked to step back and make way for other people time and again. When I then approached one of the members of the Benny Hinn Team and asked when this couple would be helped I was told that Benny Hinn does not pray for the sick individuals. When I wanted to know why this is the case, I was approached by a Security Guard and asked to leave.
    Skrik wakker!, 21/07/2008, Charl
    Mense, as julle dit nog nie teen hierdie tyd weet nie, laat hierdie jou die lig laat sien: Benny Hinn is 'n totale godsdienstige bedrieer - 'n "charlatan" soos die Engelsman se! Sy hele "bediening" is gegrond op die uitbuiting van naiewe, goedgelowige mense se diepste behoeftes en wense! En hy het 'n absolute wensresep beet!!! Hy is 'n meester in die manipulering van die menslike psige en emosies, deur gebruik te maak van tegnieke soos massasuggestie, emosionele opsweping, en sommer "plain en simple", onbeskaamde manupilering, soos wanneer hy mense letterlik omstoot met sy hand - en beweer dis die krag van die Heilige Gees! En wie kan nou die oproep om 'n "geldjie" te gee, weerstaan, as die "Man van God" jou belowe dat dit kan lei tot miljoenerskap, of die genesing van jou terminale siekte! (Weet julle dat daar nog geen gedokumenteerde bewys is vir die genesing van ENIGE van die duisende mense wat al tydens Hinn se Crusades "genees" is nie! En dis 'n feit! En Hinn stel ook nie veel belang in enige bewyse nie, want hy "glo" mos net!!!) Enige iemand wat ietsie weet van menslike Sielkunde, groepsgedrag ens, behoort in staat te wees om Benny Hinn uit te wys vir die blatante, geldgierige kroek wat hy is! En ek se dit sonder 'n sweempie twyfel of vrees dat een of ander God my gaan straf omdat ek sy "dienskneg" so vuilsmeer nie. Dis tyd dat ons begin opstaan teen mense wat ander mense so vieslik uitbuit - en dit in die naam van God! Komaan mense, gebruik jou kop! Ons leef in die 21ste eeu! (Die wat dink ek praat tjol, kyk gerus na die volgende vid greep op Youtube http://tw.youtube.com/watch?v=FUyPjeIFKug Dit wys byvoorbeeld uit dat Hinn nie verantwoording doen vir al die miljoene der miljoene dollersUS wat elke jaar deur sy hande gaan nie! Asook sy uitermatige spandabelrige lewensstyl wat hy handhaaf! Terwyl sy klakkelose navolgers steeds wag op hul seen! En om alles te kroon - hy betaal ook nie 'n sent belasting nie - "ons is mos 'n kerk!". Kyk ook na die ander vid grepe oor Benny Hinn op Youtube...dis skokkend!?
    God se woord se, 21/07/2008, swan
    Dat in die laaste dae sal daar vals profete wees, kyk dan op want MY tyd is dan naby. Ai ons leef in n tyd wat enige persoon as hy kan n vinnige geldjie sal maak. Maar die vader se in sy woord dat die soort ouens harder sal brand in die hel, Maar ek wil hom nie veroordeel nie ek gee maar my opine van wat ek lees.
    Nog 'n leuen deur die media?, 20/07/2008, Joel Hitchcock
    Die media het al soveel leuens oor Benny Hinn gepubliseer dat ek nie maklik BBC se validiteit t.o.v. hierdie storie kan glo nie... Sedert my eerste besoek na 'n Benny Hinn crusade in 1984 was ek al in verskeie dienste waar Benny Hinn bedien het, en ek het nog nooit hom sien mistrap in die offergawes nie. Selfs al sou dit waar wees, dan sou dit nog steeds nie Benny Hinn gewees het wat hierdie welfaarts-belofte gemaak het nie, maar hierdie Mnr. "Koontz"--wieookal hy is. Dan moet Benny vir Mnr. Koontz vasvat en nie toelaat om weer Benny se bediening te vermodder nie. DON'T BE GULLABLE AND BELIEVE EVERYTHING THE MEDIA COMES UP WITH. There has always been a predominant slant in the media against Christianity that has a high impact. Ja, hy het seker stupid goed kwyt geraak volgens die soundbytes, maar hy is 'n suiwer man van God. Benny Hinn is getroud met een vrou, was nog nooit 'n seksuele skandaal betrokke nie, bedien in 'n ongelooflike krag t.o.v. genesing, en bo alles plaas hy 'n primere fokus op evangelisasie, en redding deur die kruis van Christus. Mede Christene, laat ons nie saam in die koor sing wat ons broeder vertrap nie. Dankie Rapport vir die goeie rapportering t.o.v. Angus, hou tog so vol. BBC, you are not the first to crucify good people.
    Benny Hinn - "n Ware Godvresende man!, 20/07/2008, Ian Forrest
    Dis jammer as mense nie weet hoe God se koningkyk werk nie. Om 'n geestelike leier so te kritiseer, vra eerder vir die Here of dit wat hy se die waarheid is. Dan sal jy die waarheid hoor.
    Bennie Hinn die man van die Here!, 20/07/2008, Andrew Kennedy
    Ai ai! Wil julle nou vir my se, dat al die kommentaar is regverdigend? Wat is die kanse dat die storie heel uit verband uit geruk word? Niemand gee Pastor Benni Hinn se span n kans om komentaar te lewer nie. En vir al die Christene daar in Cyberland. Van wanneer af kom julle so teen n man van God? En wat as die Here nou iemand seen, dan sal almal antwoorde he wat niks te doen het met die saad wat hulle geplant het nie. Ek se sies! Darem interresant dat so n prediker altyd deur koerante en televisie stasies uitmekaar geruk word. Smaak my die man doen iets reg dat die media altyd so teen hom kom... Nee wat. Pastor Benni preek voort! Vir al die goed wat jy in die wereld gedoen het verdien jou bediening n 2de Miljoen!!! Andrew Kennedy
    Plaaslike herders moet leiding gee, 20/07/2008, Estelle
    Ons plaaslike herders is verantwoordelik voor God om aan ons (die kudde) leiding te gee. Leraars soos Ray McCauley (Rhema), Nevil Norden (Lewende Woord), Fred Roberts (Durban Christian Centre) het almal bande met Benny Hinn en dit is hulle plig om Benny Hinn te onderskryf of Goddelik te korrigeer
    Diepte ondersoek asb, 20/07/2008, Was-Daar
    Ek was by die Crusade as 'n vrywillige werker. Ek was bitter geskok in die hele affere: In die blok sitplekke wat ek moes bedien was daar 'n baie siek vrou en haar man. Sy was so swak sy kon skaars regop sit. Haar man het ide hele "show" opgehuil. Hulle gebrokenheid voor God het my bitterlik diep getref. Toe dit kon vir die tyd wat die mense moes voorentoe gaan vir gebed het hierdie egpaar ook voorentoe gegaan. Ek was geskok om te sien dat Benny Hinn se werkers hulle tekemale terughou om voorentoe te gaan. Ek het toe voorentoe gegaan en vir een van die Benny Hinn werkers gevra hoekom word die egpaar tekemale oorgesien. DIE ANTWOORD WE DO NOT PRAY FOR INDIVIDUALS. Toe ek bly vra hoekom nie staan 'n Benny Hinn sekuriteitswag skielik voor my, wat my toe beveel om te gaan TO LEAVE THE MEETING. Terloops Benny Hinn vlieg in met sy vliegtuig maar die vrywillgers (Sommige so ver as Kaapstad) is nie eers 'n koppie tee aangebied nie.
    Dom dom dom, 20/07/2008, Johan
    Wel, diegene wat DOM genoeg is om sulke strond te glo, moet maar die prys betaal, dis al. En moenie worry oor die vals profeet nie; kak sal hy kak in die hel.
    $1 000, die se?en siedaar, jy?s ?n miljoen?/span>, 20/07/2008, K.Cloete
    "Aan die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien" - nie "die se?en siedaar, jy?s ?n miljoen? nie. Hierdie man gebruik God's naam om geld te se? dis duidelik hy is n mammon evangelis. Ek dink die persoon/organisasie moet ondersoek word, in SA sowel as VSA - Wie kan help hiermee?
    Hinn, 20/07/2008, Alida
    SO 'N B L I K S E M!!! Wag maar Lucifer staan gereed.
    Goed, 20/07/2008, Rudolph
    Mat 19:17 En Hy s?ir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie. Mar 10:18 En Jesus s?ir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God. Luk 18:19 En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God. 3 keer kom die woorde voor, 3 keer waarsku Jesus ons, steeds luister ons nie, dobbel ons, begeer ons, neem aan kompetisies deel en gee ons aan charity, waar dit by jou huis hoort. Ek weet elkeen het hul siening oor Jesus, maar sonde bly 'n gruwel in Jesus se o?n Jesus het nie verander nie, die wet is steeds geldig, Mat 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Maar nou ja, soos die 1 man die week aan my ges?et, jou Bybel (33 vert) is verkeerd, so ons moet maar self met Jesus die pad loop, want julle hang mense aan, die mense wat agter al die elende van baie sit, die Woord waarsku teen valse leraars, waar in die Bybel staan dat jy moet gaan leer om 'n leraar te word, ja daar stem ek met Angus wat nie geleer het nie, maar ek het steeds 'n krapperigheid wat ek nie verstaan nie. Die evangelus is so goed soos die waarmee hul saam beweeg, Angus se groep maak my lag, dit kan sy val wees. Mense, Jesus is ons enigste hoop. Die kerke lees nie die ou testament nie, tog samel hulle geld en 10des in, lees jou Bybel, die verse wat hul gebruik spreek niks van geld gee nie, jou liggaam is nou die tempel, 3 keer per jaar moet alle mans voor God verskyn, dan sal God die plek bepaal en dan sal jy jou 10de gebruik. Toemaar, spoedig sal alles reg wees, glo my. Mans sal weer mans wees en vrouens weer vrouens soos Jesus ons sien, ons sal nooit op aarde gelyk wees nie.
    'n Se?vir 'n Donasie, 20/07/2008, Mary Scots
    Jare gelede het ek al hierdie "se? vir 'n donasie boodskap gehoor - en dit was nie by buitelanders nie ... dit was tydens Radio Kingfisher (Port Elizabeth) se "phone-a-thons". Volgens die omroeper het 'hulle' 'n boodskap van God ontvang dat Hy (bv.) 10,000 mense in Port Elizabeth wou se? en dat dit op x-datum tussen x-tye sal gebeur. God het dan ges?at R1000 x-aantal se?nge sou h?R2000 xx-aantal se?nge, R500 x-aantal se?nge, ens. Dis niks nuuts nie. Nou spuit ons driftig 'doom' op die arme Benny Hinn ...! Nee kyk, daar is geen beter 'scammer' as 'n Suid-Afrikaanse 'prediker' nie - hy sal geld uit 'n klip ook 'scam'.
    Ware of vals profeet?, 20/07/2008, H Pienaar
    Die byblel se dat ons moet passop, want daar gaan mene vals profeete oor ons weg kom. Die ware profeet glo ek sal nie geld gebruik om mense nader na God te bring nie maar geloof en lof. Tog is geloof ook brood vir elke dag en nie koek vir spesiaale geleenthede nie.. Laat hy sy aardse besittings bymekaar maak, in die hemel beteken dit niks.
    HAHAHA - Suckers!, 20/07/2008, Rhenier Labuschagne
    http://uk.youtube.com/watch?v=FUyPjeIFKug Kyk die youtube video om te sien waarheen julle geld is. God seen nie gierigaards se kredietkaarte nie...
    Bennie Hinn, 20/07/2008, Attie Barnard
    Ek het nog altyd gewonder hoe die duiwel sou lyk as jy 'n foto van hom neem. Dankie Rapport
    $1 000, die se?en siedaar, jy?s ?n miljoen?/span>, 20/07/2008, Anton van Schalkwyk
    Dit is hierdie tipe slenter wat van Benny Hinn seker die rykste swendelaar in die kerk se geskiedenis maak. Dit is wel bekend dat hy op hierdie wyses teer op die armes se nood in derde w?ldlande, en so verkry hy 'n persoonlike inkomste gelykstaande aan 'n suksesvolle Amerikaanse Rocksanger - op 'n stadium was dit gelyk aan Michael Jackson en Madonna gesamentlik. Die ergste is dat hy die Naam van die Heilige God misbruik om dit te bereik. Ek is 'n kind van die Here, maar ek verwerp hierdie vals profeet met alles wat in my is. My raad: Bring jou tiende na die gemeente, waar dit met nugter oordeel aangewend kan word in diens van die Here.
    Die kerk en sy bedekte mantel, 20/07/2008, Ina Vosloo
    Die Universe is korrek geskape van hoek tot kant deur God wat altyd in geheer is. Alles is tot elkeen van ons se beskikking. Word wakker en glo in jouself, hou op om vir ander mense te luister, nog minder om vir hulle geld te gee.Jy het net jouself en jou geloof nodig.Al hierdie mense kan net met mense werk in massa, hulle het nie die vermoee om enigeiemand se persoonlike probleme op te los nie. Hulle speel met jou emosies, word wakker en besel fdat almal van die predikers goed opgelei is om jou charmaties in vervoering te bring, en jou dan te beroof in die naam van God
    So sal hulle gestraf word., 20/07/2008, fanie
    "dit sal vir hulle beter wees om met 'n maalsteen om die nek in die see gegooi te word as om een van die kinders van God kwaadwillig te laat struikel." vrye vertaling, na Jesus oor die kinders gepraat het met sy dissipels. God lewe, en is niemand se speelmaat nie."Baie sal se Here, Here, wonderwerke doen , geeste uitdryf in my(Jesus) naam, maar selgs die wat die wil van die Here doen sal die koningkryk van God berewe.
    Benny Hinn, 20/07/2008, R.Nieuwoudt
    Ek dink die mense wat so bedrieg is deur Benny Hinn,moet sorg dat hy vervolg word en hulle geld terug eis.Hy behoort voor die hof gedaag te word en gestraf te word.Tronkstraf sou ek voorstel.Andere wat geld van mense neem met vals boodskap word voor die hof gedaag en word gestraf.Waarom kan hy vry uitstap met gesteelde geld wat hy verkry het deur n vals boodskap?Hierdie soort ding het nerens in die bybel gebeur nie.As dit nie in die bybel beskryf word nie,is dit bedrog.
    Benny Hinn, 20/07/2008, R.Nieuwoudt
    Ek dink die mense wat so bedrieg is deur Benny Hinn,moet sorg dat hy vervolg word en hulle geld terug eis.Hy behoort voor die hof gedaag te word en gestraf te word.Tronkstraf sou ek voorstel.Andere wat geld van mense neem met valse voorwentsels word voor die hof gedaag en word gestraf.Waarom kan hy vry uitstap met gesteelde geld wat hy verkry het deur n vals boodskap?Hierdie soort ding het nerens in die bybel gebeur nie.As dit nie in die bybel beskryf word nie,is dit bedrog.
    $1 000, die se?en siedaar, jy?s ?n miljoen?/span>, 20/07/2008, frikkie botes
    as benny hinn die geld vir homself aanwend,en nie vir die armes ,en n weeshuis bou soos hy gese het nie,sal hy deur sy eie dade ge "ridicule" word,en dan moet hy ook weet dat sy straf groot gaan wees,veel groter as enige verlore siel.geen mens mag ook oordeel nie,maar as bevind word dat hinn n slenterstreek gebruik het om geld te ontvang,moet hy krimineel aangekla word,soos dit hoort,en vir ons kerkleiers om hom te oordeel,is seker maar net suur druiwe,omrede daardie geld nie in hulle koffers beland nie.
    Benny Hinn, 20/07/2008, Dawie
    Ek deel meeste van die sentimente wat hier uitgespreek word. Kan nie glo dat sulke dinge onder die dekmantel van Christenskap gebeur nie, maar dis natuurlik al 'n ou truuk van baie van hierdie tipe. Inderdaad, Christene, word wakker!! Ek praat van ware, opregte kinders van God wat soek om soos Jesus te wees. Daar is soveel wat net altyd die blessings jaag, en natuurlik moet die blessings in die vorm van geld of goed wees. Lees op die internet 'n boek soos The Harlot Church System deur Charles Elliott Newbold. Dit kos niks, hy het selfs vir my drie boeke gestuur, maar vra geen geld nie, hy deel net uit soos die Here voorsien. Ek bid dat die lig vir mense sal opgaan oor waaroor dit regtig gaan.
    Valse profeet, 20/07/2008, dup
    Matt 24:24: "Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei"
    1000$?? seeninge, 20/07/2008, willem de klerk
    Ek hoor ook graag van enige iemand wat bewys kan lewer dat hy n kits miljoener geword het as gevolg van n seen van die HERE!--EN EK SLUIT HIER UIT n toevallige donasie wat van die predikers self af kom , net om hulle kant skoon te hou-Die mense behoort in n tronk, en dis hoekom die kerke leeg loop, en die wat nie gekry het nie, wel, wat kan ek se, die bybel praat van gierigheid ook, nie so nie!! Hierdie predikers is van die rykste mense in die bediening met die grootste salarisse denkbaar want hulle vang die wat "SEENINGE" verwag
    Dom soos grond, 20/07/2008, tokoloshe
    Soos hulle s?. as jy dom is moet jy maar suffer.... Dis reg mense... god bestaan en wil jou n miljoener maak....
    Xtene die koddige kudde..., 20/07/2008, francois williams
    Ek wed jy moet blank en xten wees om vir sulke ooglopende slenters te val...hierdie Hinn knaap hoort DIEP in die tronk...kan iemand nie 'n plan maak nie ?
    Geld en seen, 20/07/2008, Leon Roux
    Ek het al te veel stories gehoor van Benny Hinn. Ek gaan geen uitlatings maak hieroor nie behalwe om mense te vra om hom te vergelyk met Angus Buchan. Angus 'n arm boer en Hinn 'n evangelis met 'n "Armani Suit". Dank die Here hy waai weer volgende week terug en Angus is SA s'n.
    offergawes, 20/07/2008, Ben Du Plessis
    Dis n skande dat gemeentes so besteel word deur vals beloftes te maak.So sal julle mense vervreem van God.Dit gebeur elke dag dat predikers skat ryk word uit vals beloftes
    Gierigheid en Bedrieers, 20/07/2008, Johann
    Ek stem saam dat God in ons behoeftes voorsien, maar glo ook dat jy moet werk vir dit wat jy vra en nie net verwag nie. Ongelukkig is dit mense soos hierdie Evangeliste wat maak dat Christenskap alweer gesien word as 'n geldmaak geloof...
    Ai tog, 20/07/2008, O. Smit
    Skrik wakker SA !!!!!!!
    Oh my God, have mercy, 20/07/2008, J H Roetz
    I cringe at the thought of gullible folk that would allow a chrleton like Mr. Hinn to steal their money. Mr. Hinn can only show his oppulent lifestyle he has carved for himself at the expense of gullible people. What is wrong with folk, can they not read for themselves in Gods word that this is a form of idolatry and only serves the best interest of Mr. Hinn. I will make it my task for the next months to make sure the IRS is aware of Mr. Hinns practises. I pray to God that he and his so called ministry be closed down. He insults the work that many have done before him, with no or very little income to live a lavish lifestyle. SHAME ON YOU MR. HINN, YOU DO NOT DESERVE THE TITLE PASTOR, YOU ARE A FAKE AND HAVE STRAYED FROM THE TRUTH, ONLY TO SELL YOUR OWN TRUTH.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Reis en Verblyf
    Motor- & huisversekering
    Kry R100 gratis by Piggs Peak
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Rapport-foto's
        Stem
    Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo