News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 16°C 32°C
KPT 15°C 23°C
JHB 13°C 28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
20/09/2008 21:11  - (SA)  
Rooftog, nie buffel, eis man
Willem Pelser    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Só het Rapport einde Julie vanjaar berig oor die dood van mnr. Roy Munks toe daar nog geglo is dat 'n buffel op sy plaas hom noodlottig beseer het.


Hoedspruit

Die ondersoek na die dood van ’n sakeman van die Oos-Rand wat einde Julie vanjaar dood is nadat hy glo deur ’n buffel op sy spog-wildplaas buite Hoedspruit aangeval is, het ’n dramatiese wending geneem.

Twee mans van die Hoedspruit-omgewing is in hegtenis geneem weens sy dood.

Die polisie glo nou mnr. Roy Munks (65) is in ’n rooftog vermoor.

Die aanvallers het hom vermoedelik met messe gesteek. Hulle wou hom waarskynlik vermoor en daarna die plaashuis plunder, maar hulle het op die vlug geslaan toe hy hard begin skree het.

Net ná Munks se dood het die polisie bevind hy het doodgebloei nadat hy deur ’n buffel aangeval is. Tydens ’n lykskouing is bevind die wonde aan sy bolyf het ooreengestem met beserings wat deur ’n buffel se horings veroorsaak kan word.

Daarbenewens het spoorsnyers – wat deur die polisie ingeroep is – net ná Munks se dood bevind daar was buffelspore naby die lyk.

Maar nou het twee verdagtes wat aangekeer is weens huisbraak in Hoedspruit tydens ondervraging hul monde verbygepraat. Hulle het erken hulle was betrokke by Munks se dood.

Die mans is van moord aangekla en word aangehou. Supt. Daniël Ramakgoakgoa, die bevelvoerder van die polisie in Hoedspruit, wou nie Vrydag die verdagtes se name bekend maak nie omdat die saak in ’n sensitiewe stadium is.

Munks se seun, Clive, het Vrydag gesê al het die polisie destyds vir hom gesê ’n buffel het sy pa se dood veroorsaak, het hy van die begin af vermoed daar steek dalk meer in sy dood.

’n Plaaswerker het hom glo vertel hy het die aand van sy pa se dood gehoor hoe Munks uitroep: “Help, hulle het my geskiet!”

Hy is oomblikke later dood. Dié inligting is die aand van Munks se dood aan die polisie verskaf.

“Hoekom sou my pa so iets uitgeroep het as hy deur ’n buffel aangeval is,” vra Munks se seun. “Dis moeilik om te sê of ek nou kwater is omdat mense, en nie ’n dier nie, my pa se dood veroorsaak het.

“Maar ek is minstens verheug dat die aanvallers vasgetrek is. Ek hoop net hulle kom nie maklik los nie, ” sê Munks jr.

Hy sê dis tragies dat sy pa vermoor is, want hy het vas geglo aan Suid-Afrika se toekoms.

Toe ’n familielid in ’n stadium Nieu-Seeland toe is met die oog op moontlike emigrasie, het Munks sy optrede gekritiseer.

Hy het gesê hy gaan nêrens heen nie, hy bly in Suid-Afrika, sê Munks jr.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo