News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 18°C 29°C
KPT 19°C 24°C
JHB 11°C 25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
27/09/2008 19:40  - (SA)  
Fronse oor Fish-rooftog
Gavin Prins    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Loui Fish vertel van die rooftog twee dae ná die voorval. (Foto: Kopano Tlape)


Pretoria

Die rooftog waarin die 2010-sokkerambassadeur Mark Fish se gesin tuis oorval en van R1,5 miljoen se juweliersware en hul motor beroof is, het nou in beskuldigings oor en weer ontaard.

Die veiligheidsmense van die luukse Mooikloof-landgoed waar die Fishe beroof is, sê reguit hulle bevraagteken die omstandighede van die rooftog. Hul ondersoekers kon geen teken van gedwonge toegang tot die Fish-perseel kry nie.

Mark en Loui Fish is woedend. “Dis ’n grap. Ons was die slagoffers en nou word ons as misdadigers bestempel. Hoekom kry ek dan nou nog nagmerries oor ’n AK 47 teen my kop,” wou Loui weet.

Mnr. Christo Scholtz, hoof van veiligheid, sê hul veiligheidstelsel by dié rykmanslandgoed is só goed dat dit feitlik ondeurdringbaar is.

In ’n verslag wat deur ’n private ondersoekspan opgestel is en op ’n ope gemeenskapsvergadering van Mooikloof aan die inwoners bekend gemaak is, word beweer:

• Geen teken van skade kon by die hoë mure en hekke van die Fish-huis gevind word nie.

Loui sê dit kon ’n “inside job” gewees het. “Hoekom is Chubb-sekuriteit, wat die aand aan diens was, kort ná die rooftog afgedank,” vra sy.

• Loui het die aand van die rooftog gesê die rowers het by die studeerkamer ingekom, maar die Mooikloof-ondersoekers sê hulle het dié aand geen skade aan die deur gemerk nie. Toe mnr. Philip Hattingh, bestuurder van Mooikloof, die volgende dag by die huis opdaag, was die deur wel beskadig.

Loui sê die rowers het die deur gebreek en Hattingh was nie die volgende dag by haar huis nie.

• Loui se Range Rover is gesteel. Die kringtelevisiekameras wys haar kar is om 11:00 die oggend van die rooftog (wat omstreeks 21:30 plaasgevind het) al uit Mooikloof weg. Loui sê dis bog. Sy ry nooit soggens nie omdat sy dan werk. “My kar is in Mamelodi gevind en is beskadig. Dis by die paneelklopper.”

• Toe die polisie die aand van die rooftog daar opdaag, het Loui se seun Luke en sy maatjie cowboys & crooks gespeel.

Loui sê egter Mark het die kinders ná die rooftog dadelik na ’n kamer geneem en hulle suikerwater ingegee. Sy ontken dat hulle die speletjie gespeel het.

• Loui het nie die paniekknoppie gedruk nie. As sy hét, sou veiligheidswagte binne ’n minuut by haar huis kon wees. Chubb patrolleer die landgoed van 200 ha dag en nag.

Loui sê sy was te getraumatiseerd en Mark het na die veiligheidswagte toe gery. Mark voeg by toe hy die rooftog gaan aanmeld het, het die veiligheidswagte hom uitgelag.

• Loui wil nie nog verklarings aan die polisie of Mooikloof aflê nie, word in die Mooikloof-verslag beweer. Elke keer as sy daarom gevra is, was sy óf te besig óf te moeg om te praat.

Loui sê egter hulle het haar nie gevra om nog verklarings af te lê nie. Sy wag om te hoor wat die uitslag van hul ondersoek is.

Loui het ná die rooftog op 21 Augustus vertel sy was in haar slaapkamer toe ’n rower met ’n rewolwer teen haar seun Luke se kop daar ingestap het. Hulle het haar en haar assistent, Dean Matheson, vasgebind en met haar juwele en klere in hul Range Rover gevlug.

Mark en hul ander seun, Zeke, was in die kothuis waar hy gewoon het terwyl die paartjie besig is om te skei.

Ander inwoners het ná die rooftog gedreig om uit te trek.

Scholtz het teenoor Rapport erken dat Chubb vervang is, maar sê: “Ons sou dit in elk geval doen, want ons is besig met ’n opgradering van R7 miljoen aan ons veiligheidstelsel.”

Loui sê die koppe gaan rol as sy klaar is met Mooikloof. “Die waarheid sal uitkom. Dis my droomhuis en Mooikloof se veiligheidsmense het dit vir my bederf. ’n Lyfwag bly nou by ons.

“Dit was ook nie die eerste rooftog in Mooikloof nie. En Mooikloof probeer dit altyd toesmeer.”

Scholtz sê: “Ons wil net hul samewerking hê. Hulle is die enigste mense wat ons kan help om die ding afgehandel te kry.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo