News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
KPT 16°C 24°C
JHB 16°C 28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
06/08/2005 13:47  - (SA)  
Hier kom die Afrikaanse podgooiers
DIRK LOTRIET    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


Ek het onlangs in hierdie rubriek geskryf oor podcasts, die nuwe fenomeen waar iedereen wat voel hy het iets om te sê sy mening as klankprogram op die internet laai sonder die juk van sensuur of politieke korrektheid.

Afrikaans het nou ook die terrein van podcast betree en gebruikers het sommer hul eie term vir dié nuutjie bedink: podgooi, wat nogal lekker op die oor val.

Op die oomblik is daar net vier podgooiers in Afrikaans bedrywig, maar hul opnames kom van dwarsoor die wêreld en 'n mens kan met taamlike sekerheid voorspel dat die nuwigheid binnekort gaan vertiendubbel.

As jy belang stel, kan jy op die internet na hierdie mense gaan luister, of hul podgooie op 'n draagbare MP3-speler aflaai en daarna luister terwyl jy stryk, met die hond gaan stap of in die gimnasium sweet.

Die meeste van hierdie programme handel maar oor koeitjies en kalfies, maar die gogga byt jou sonder dat jy dit verwag en binne 'n oogwink voel dit of hierdie mense eie familie is.

Die podgooiers is nie professionele omroepers nie, wat beteken dat die programme veel minder afgerond is as byvoorbeeld RSG se uitsendings, maar die podgooie word gekenmerk deur 'n pretensieloosheid en eerlikheid wat jy nie oor die openbare radio kry nie.

Die pioniers van Afrikaanse podgooie is Attie en Lene Heunis, 'n Afrikaanssprekende egpaar in Londen. Hulle het hul eerste Afrikaanse podgooi reeds in April vanjaar beskikbaar gestel. 'n Mens kan hul hele reeks podgooie kry by www.gesels.net/podcast.

My vrou se groot gunsteling is Boerseun en sy vrou, Boergirl, se podgooie. Die egpaar maak hul podgooie in Florida, Amerika. Net soos met die Heunisse se programme, glip daar soms 'n vloekwoordjie in, maar nie naastenby so erg soos in die gemiddelde alledaagse gesprek nie.

"Ek praat nie meer elke dag Afrikaans nie, maar ek vloek omtrent elke dag in Afrikaans," verduidelik Boerseun op sy webwerf by www.boerseun.com.

Daar word ook 'n podgooi van Die Kraaines in die Vrystaat uitgesaai. Gaan luister by www.kraaipromosies.co.za.

Cybersakkie is Etienne de Heus se podgooi uit Johannesburg.

Gaan laai dit af by www.cybersakkie.co.za/cybersakkie/htm.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo