News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 15°C 31°C
KPT 16°C 21°C
JHB 12°C 26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
26/05/2007 14:40  - (SA)  
Die hele hemel in 'n boek
JOHANNES DE VILLIERS    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

As die Afrikaanse mark vir teologiese boeke ’n politieke stelsel was, dan was dit ’n de facto-eenpartystaat. Niemand verwag régtig dat hulle meer boeke as Solly Ozrovech gaan verkoop nie.

In ’n mark waar uitgewers van ’n besónder goeie boek kan hoop om 15 000 eksemplare te verkoop (in baie gevalle word ’n syfer tussen 4 000 en 8 000 maar as ’n sukses beskou) is Ozrovech ’n fenomeen in eie reg – tussen 30 000 en 35 000 eksemplare van sy dagboeke word per jaar verkoop.

Me. Debbie Scholtz van Glory to God Publishers, ’n piepklein uitgewery in Waterval-Boven, het ook nie verwag om ds. Solly verby te steek met die een boek wat hulle al in hul bestaan uitgegee het nie.

“Ons het gehoop ons gaan so 5 000 verkoop, net genoeg sodat ons seker kan wees al ons vriende en familie het die boek,” het sy onlangs vertel oor die enigste boek in hul katalogus. Die hemel is ’n werklikheid! is ’n Afrikaanse vertaling van ’n ongewone godsdiensboek wat dié uitgewery verlede jaar meer uit ’n sin van geroepenheid as uit kommersiële ambisie uitgegee het.

In Die hemel is ’n werklikheid! beskryf Choo Thomas, ’n Ko-reaans-Amerikaanse vrou, hoe sy tydens nagtelike visioene deur Jesus na die hemel geneem en daar rondgewys is.

Meer as 80 000 eksemplare van die boek is reeds in Suid-Afrika versprei, iets wat mens sekerlik ’n literêre fenomeen sou kon noem. (Dié syfer sluit die Afrikaanse én Engelse weergawe se verkope in, maar die oorgrote meerderheid daarvan is Afrikaanse boeke).

Die boek het lank boaan CUM-boeke se Afrikaanse lys van topverkopers geboer. Ook in verskeie takke van Gospel Direct, Christelike kettingboekwinkels, is die boek die topverkoper. Die skrywer self het glo al opgemerk dat haar boek in geen ander land soveel reaksie ontlok soos in Suid-Afrika nie. Op die rak van ’n Christelike boekwinkel in Kaapstad was daar verlede week meer as 70 eksemplare van die Afrikaanse vertaling.

“Dan word nie eens in ag geneem hoeveel eksemplare van die boek gesaai word nie,” het Scholtz verlede week vertel (menende hoeveel eksemplare van die boek deur mense gekoop en dan met hul familie en vriende gedeel word).

Dit alles is bloot uit ’n sakeoogpunt interessant, maar wat godsdienssosioloë veral behoort te interesseer, is die ongewone inhoud van die boek. Sy sukses is sekerlik nié daaraan toe te skryf dat hy op Sondagskool voorgeskryf word nie.

Thomas, so vertel sy in haar boek, is sedert 27 Mei 1996 gereeld in die vroeë oggendure in haar slaapkamer deur Jesus besoek.

Sy sou ’n geruime tyd voor die besoek al onbeheers aan die bewe gaan, so erg dat haar man, Roger, in die gastekamer begin slaap het namate haar visioene al hoe meer gereeld geword het.

Wanneer Jesus aan haar verskyn het, het Hy haar saam met hom op ’n reis deur die hemel geneem – iets wat sterk herinner aan antieke Joodse apokaliptiese literatuur, waarin allerlei wondere aan figure soos Henog en Moses tydens visioenêre hemelreise onthul is.

Die hemel, soos die titel sê, is ’n werklikheid in die mees konkrete sin denkbaar eerder as in ’n bloot vae, spirituele sin. In die hemel woon mense byvoorbeeld in paleise met marmervloere, oral is riviere vol vis wat jy met jou hande kan vang en op die oewers staan oonde en silwereet-gerei gereed.

Thomas vertel sy is ook die huis gewys waarin sy in die hiernamaals gaan woon – ’n wit paleis, met spierwit matte, edelgesteentes aan die muur, ’n silwerbedstyl wat met blou juwele afgewerk is en ’n wenteltrap wat (so skryf sy) aan een uit Gone with the Wind herinner.

“Ons nuwe hemelse liggame sal nie oud word nie. Hulle sal nie pyn kan voel nie. Daar sal geen plooie op ons gesigte wees nie. Ons tande sal wit en eweredig wees. Ons sal nie grys word nie. Jeugdige passie sal in ons oë skyn. Ons sal fier en regop staan. Enige gebreke wat ons op aarde gehad het, sal verdwyn.”

Thomas word deur Jesus as sy “spesiale dogter” beskryf en dit lyk asof die boek op sigself as ’n unieke aankondiging aan gelowiges oor die wêreld heen beskou word.

Konvensionele vrome literatuur is dit gewis nie, vind mens uit wanneer Thomas ’n visioen van die hel beskryf (sy sien haar eie ongelowige ma daar brand). Later kom sy af op ’n vertrek vol kaal babas – hulle is fetusse wat geaborteer is en in die hemel wag om met hul ma’s herenig te word.

Laasgenoemde klink inderdaad vreemd, gee Scholtz toe, maar as jy mooi dink, is daar baie troos in dié gedagte dat vroue wat hul swangerskappe beëindig het en later berou daaroor het, hul kinders tog in die hemel sal sien.

Scholtz, wat geroepe gevoel het om die boek te laat vertaal en plaaslik uit te gee nadat ’n vriendin in Suid-Korea dit vir haar aanbeveel het, meen die inhoud moet letterlik verstaan word.

Volgens Scholtz hoor hulle selfs van mense wat sê die boek moet nie gekritiseer word nie, want dit kom reguit van God af, en om dit te beledig, sal ’n vorm van laster teen die Heilige Gees wees.

Verdere terugvoer oor die boek sluit volgens haar tronkbewoners in wat hulle bekeer het nadat hulle dit gelees het, ’n tuinier wat dit gelees en toe evangelis geword het, ook predikante en pastore wat die inhoud onderskryf.

“Nie ’n dag gaan verby dat ek nie van ’n leser hoor nie,” sê sy.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo