| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
23/08/2008 15:49 - (SA)
Paton se ‘politiek van goeie voornemens’ Rustum Kozain
The Hero of Currie Road – Complete Short Pieces deur Alan Paton. Uitgewer: Umuzi. R140. ’n Interessante boek vir gewone lesers sowel as literêre en historiese navorsers, maar dit belig ook die problematiek rondom Alan Paton se sogenaamde toekomsvisie. Hierin word verskeie kort skryfstukke van Paton byeengebring – kortverhale, biografiese sketse en enkele variante stukke uit Debbie Go Home (1961) en Knocking on the Door (1975). Beknopte eindnotas gee publikasiedatums, ’n bonus dus vir verdere navorsing. Die versameling begin met “Interview with Himself”. Hierin dring Paton aan op die outonomie van die literêre kuns, asook die vereiste dat verhaalkuns tog die werklikheid rondom die skrywer moet weer-spieël. In die Suid-Afrika van Paton se tyd – maar ook, natuurlik, ná sy tyd en selfs vandag – beteken dit daardie vloekwoord: politiek. Paton se verhaalkuns strewe dus daarna om ten volle bewus te wees van die groter werklikheid waarin die verhaal/verhale afspeel. Die beste voorbeeld hiervan is “The Magistrate’s Daughter”. Dit speel af in ’n plattelandse dorp en die hoofkarakter, Archie Garland, is die seun van ’n hoefsmid. Hy raak hopeloos verlief op Hermione, die landdros se dogter. As Archie uiteindelik ’n uitnodiging vir tennis van Hermione se broer ontvang, raak hy bewus van allerlei verskille tussen die landelike aristokrasie (die landdros en die ryk boere) en mense soos hyself en sy pa, ’n vakman. Dit is hierdie ekonomiese en sosiale verskille wat uiteindelik sy hart sal breek. Maar die kritiek op hierdie stelsel kom nie met hamerslae nie. Dit vorm ’n geloofbare, verweefde deel van die storie: Archie verwonder hom eers aan hoe anders alles by die landdros se huis is, en sy suster terg hom in Hermione se aksent. Die verhaal is aangrypend, ook omdat dit ’n amper vreemde wêreld skets, ’n ouwêreldse landelike lewe wat duidelik nog op die riglyne van ’n koloniale Engelse leefwyse geskoei is. En selfs al is die verhaal ’n bietjie ouderwets, weet die leser dat Archie nog lank aan sy hartseer gaan dra. Want alles – die karakters, die knoop, die hartseer – word met geloofwaardigheid lewend gemaak. Maar dieselfde oudmodiese onskuld skend ongelukkig die meeste van die ander stukke, veral die reeks outobiografiese dele oor Paton se ervarings as hoof van die Diepkloof-verbeteringskool. Terwyl hy struktureel in ’n paternalistiese verhouding staan tot die seuns onder sy sorg en toesig, het Paton net goeie voornemens teenoor hulle. Maar hy benader probleme met sulke onskuld en naïwiteit dat hy blind is vir sy eie paternalisme. In “Death of a Tsotsi” sê Spike vir die skoolhoof dat sommige van sy vriende hom dreig indien sy gedrag en gewoontes sou “verbeter’’. Spesifiek sien hulle die proses van ver-betering as “[going] back to being a child”. Paton se reaksie: “You are going forward to being a man” sonder om Spike en sy vriende se insiggewende kritiek rêrig te hanteer. Paton kan nie sien hoe die kulturele instelling van ver-beteringskole en die strafstelsel inderdaad van paternalisme afhang nie. Paton kan nie verder as sy goeie voornemens sien nie, en dat mooi voornemens tot niks kan lei nie mits kwelpunte gepak word. Seer sekerlik ook een van die kernkwelpunte van die Suid-Afrikaanse liberalisme. Paton is inderdaad soos ’n ouer wat ’n probleemkind wil help, maar geen idee het wat die probleem werklik is nie. Sy menings oor die uitwerking van dagga (’n probleem by die skool) is, byvoorbeeld, lagwekkend: “the humble come out with sudden insolence, and the obedient with sudden disobedience, the open-hearted become secretive, the gay sullen” (uit: “The Divided House”). Die leser moet natuurlik sensitief wees vir die historiese raamwerk van ’n skrywer, maar ’n mens lees ook om te sien hoe ’n skrywer sy eie tyd vooruit is (of was), veral in die geval van Paton, wat gewoonlik as ’n siener aangeslaan word. Helaas was Paton, myns insiens, miskien te vasgevang in sy politiek van goeie voornemens sonder dat hy die wêreld om hom werklik geken en verstaan het. * Rustum Kozain is ’n skrywer van Kaapstad.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|