News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 19°C 31°C
KPT 19°C 24°C
JHB 11°C 25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
20/08/2005 22:28  - (SA)  
Koos Kombuis: Huishoudelike rusie soms erger as oorlog
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

'n Paar weke gelede het ek die ideale geleentheid gehad om iets oor feminisme te skryf. Dit sou die volgende dag Vrouedag wees.

Die geleentheid het gekom en gegaan.

Want wat weet ek, as man, werklik van feminisme? Dis soos om te vra: wat weet ek, as Westerling, werklik van die Islam?

Soos die geestelike landskap van die Islam vir my 'n ongekarteerde gebied is, is die prinsipe van feminisme vir my as man 'n onbegryplike misterie.

Die twee vergelykings het wel iets met mekaar te doen, al klink dit vergesog. Want die verskil tussen Westerse denke en die Islam rus in groot mate op hoe hierdie verskillende groepe mans vroueregte beskou.

Hoewel nóg Christene nóg Moslems aan die streng standaarde van feminisme voldoen, is vroueregte die basiese steen des aanstoots, die grondslag waarop die verskille tussen die twee denkrigtings aan gemeet kan word.

Moslems beskou Westerlinge as mense wat vroueliggame goedkoop maak en uitbuit in hul massamedia. Hulle besef nie dat vroue wat naak of halfnaak poseer vir advertensies of pornografie dit meesal vrywillig doen en teen heel goeie betaling nie.

Westerlinge beskou Moslems as mense wat vroueregte minag en vroue dwing om hul gesigte te bedek agter belaglike en onvleiende swart kleedjies. Dis vir ons ondenkbaar en onverstaanbaar dat feitlik alle Moslem-vroue hierdie beperkings gelate aanvaar.

Die prentjie van 'n Moslem-vrou met haar gesig bedek agter swart doeke is net so onrealisties soos die Westerse persepsie van vroue-seksualiteit as persoonlikheidslose wesens met groot borste en hoëhakskoene wat hul oliebesmeerde lywe drapeer om blink pale in strip clubs.

Om die banale implikasies van hierdie twee onversoenbare dog vreemd soortgelyke standpunte nog verder te voer, kan 'n mens die stelling maak dat, indien daar tans 'n Derde Wêreldoorlog dreig tussen Oos en Wes, die ware grondoorsaak van die konflik berus op twee onversoenbare sienings van vroue.

Met ander woorde: die globale katastrofe wat ons in die gesig staar, is nie soseer as gevolg van manne wat nie met mekaar oor die weg kan kom nie, maar as gevolg van manne wat nie met vroue oor die weg kan kom nie!

Waarom het moondhede in die ou tyd tot oorlog oorgegaan? Om die vroue en kinders van ander stamme te buit. Dit was die oogmerk van die Romeine, die Christelike ridders, die Nazi's, en die Hutu's en die Tutsi's. Wanneer die oorwinnaars 'n vreemde land plunder en die hoofstad van daardie land binnery op hul perde en in koetse en in tenks, is dit tradisioneel die vroue, die dogters en die weduwees wat eerste oorgee, wat die imperialiste toejuig en verwelkom.

Dalk gebeur dit nie werklik so in die praktyk nie, maar dit is hoe dit lyk in die movies wat mans ná die tyd maak. Dit is hoe ons ouens die proses van oorlog sien. Dit is die heersende persepsie. Oorlog gaan nie net om grond en ideologie nie, maar om erotiek. 'n Oorlog gee aan die aanvallende soldate die kans om weg te kom van hul eie vervelige huislike verpligtinge. Oorlog maak deure oop om die vyand se liefdesobjekte te roof.

You show me yours, I show you mine.

Natuurlik is, in die geval van Christene én Moslems, albei perspektiewe foutief. En dalk is dit die ware rede waarom aartsfeministe so aggressief en humorloos voorkom. Hulle is dalk net moeg daarvoor om verkeerd verstaan te word.

Hulle is dalk net sat daarvoor om behandel te word asof hulle seksobjekte of besittings is.

Vroue is, per slot van rekening, mense. Hulle maak sowat 50% van die menslike bevolking op aarde uit - te veel om te ignoreer.

Dalk word die Derde Wêreldoorlog eers beëindig die dag wanneer sowel Christen- as Moslem-vroue saam opstaan teen al hierdie wanpersepsies van seksualiteit, en saamstaan om aan die wêreld te sê: "Ons is mense; hou op om ons te banaliseer en te verafgod.

"Hou op om te baklei oor ons; hou op om julle en mekaar op te blaas ter wille van ons. Want ons is mense van vlees en bloed, nie net maagde wat wag om aan julle moeë soldate plesier te verskaf in die hiernamaals of in die naaste bordeel nie."



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo