News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Hotagter
Jaag jou bloeddruk op met die pragfoto's van dié week se agterbladmodelle.
Kurt breek weg vir groot vraag
Kurt Darren se loslappiedae is amptelik verby...
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 3°C 18°C
KPT 13°C 16°C
JHB 1°C 16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

29/11/2008 14:38  - (SA)  
Anne-Marie Mischke: Wat die massas van Cope gaan sê, dis die vraag
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Nie elke nuwe party in Suid-Afrika is groot nuus nie – daarvoor is daar te veel eendagvliegies onder die 139 partye wat tans by die Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer is. Die 139 sluit ook gestorwenes soos die NP en die DP in.

Maar van tyd tot tyd hou die koms van ’n nuwe party soveel belofte in (of bedreiging, afhangende van waar jy staan) dat die hele kiesersgemeenskap regop sit.

Net meer as 25 jaar gelede was dit so toe die Konserwatiewe Party uit die Nasionale Party weggeskeur en die tuiste van regse Afrikaanses geword het.

Dit het ’n nuwe spanning in die politiek gebring wat feitlik ’n dekade lank sou voortduur tot die NP hom vry genoeg gevoel het van die regses om te doen wat hy moes doen.

Nou kyk ons met blink oë na die nuwe wegskeurparty uit die ANC wat op 16 Desember (Versoeningsdag, nogal!) gestig gaan word. Cope, as die ANC nie die naam by die hof gekeer kry nie.

Die redes vir die verwagtinge is bekend: Vir die eerste keer sedert 1994 is daar die moontlikheid van stewige opposisie vir die ANC deur ’n party wat waarskynlik ’n swart meerderheid sal hê. Dit dien die demokrasie, want dit lyk skielik moontlik dat die ANC nie tot die Wederkoms gaan regeer nie, om Jacob Zuma se woorde om te keer.

Wat ons van Cope weet is inderdaad belowend: mnre. Mosiuoa Lekota en Mbhazima Shilowa is gesoute leiers met onderskeidelik ’n struggle- en Cosatu-verlede. Hulle het beduidende steun as ’n mens moet oordeel aan die opkoms by die voorstigtingskonferensie in Sandton.

Dit sorg vir ’n soort wittebroodtyd waarin daar nie alte hard na die nuwe party gekyk word nie. Mettertyd sal hy wel geweeg word met die mate waarmee alle partye geweeg word.

Hy sal moet bewys dat hy nie net ’n party vir ontevredenes is nie. Lekota is kwaad sedert die ANC se Polokwane-konferensie; Shilowa was ’n Mbeki-man; Willie Madisha, wat voortdurend verhoë met hulle deel, is oneervol uit sy pos as Cosatu-president. En heelwat meer.

Dis duidelik dat hul breë ondersteuners oor die algemeen sielsongelukkig is met die ANC-bewind van die laaste jare.

Ons weet dus waartéén Cope is, maar waarvóór gaan hy staan? Afgesien nou van ’n ander kiesstelsel as dié een wat die herroeping van Thabo Mbeki maklik gemaak het.

En afgesien van algemeenhede soos die handhawing van die gesag van die howe en die uitwissing van misdaad. Daarvoor staan elke ander party.

Uit die stigtingskonferensie en in die aanloop tot die verkiesing kom daar hopelik fyner beleidsbesonderhede.

Die party sal byvoorbeeld pertinent moet sê waar hy hom posisioneer tussen die ekonomiese beleid van Cosatu en die SAKP aan die een kant en die huidige ANC-beleid.

Dis een van die bepalende ideologiese kwessies in die land.

Hy sal moet sê hoe hy onderwys en gesondheid uit die moeras wil sleep waarin dit beland het. Hoe hy die probleme met grondhervorming wil oplos.

Kortom: hoe hy wil regeer.

Maar Suid-Afrika synde Suid-Afrika gaan die groot toets uiteindelik vir hom wees nie wat in manifeste en beleidspamflette staan en in toesprake gesê word nie.

Dit gaan wees hoe hy die ANC by die massas gaan troef sonder om tot die vlak van Julius Malema se populisme te daal.

Sonder die steun van die massas kom geen party aan die bewind nie.

Die konferensie in die rykmansbuurt Sandton se weelderige konvensiesentrum, met duur Duitse motors in rye geparkeer, sou nie gehelp het nie.

Op 16 Desember in Bloemfontein en in die verkiesingsveldtog gaan dit ’n vernuftige balanseertoertjie van mense soos Lekota en Shilowa verg.

Hulle behoort dit te kan doen, in ag genome hul ervaring met die massas.

As hulle dit nie regkry nie, sal Cope uiteindelik maar net nog ’n opposisieparty wees.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Cope, 30/11/2008, Matt HEYNS
Die patroon van steun aan die onderskeie partye in die 1994 verkiesing sou onteenseglik toon dat ras en nie ideologie of waardes nie,die deurslaggewende faktor was.Daarmee is die grondslag van die aard en omvang van die politiek in die jare wat sou volg gele.Suid Afrika volg dus gewoon die voorbeeld van politieke gebeure elders; veral die in multi kulturele state.Ek is bevrees die ANC van Tambo,Mandela en Mbeki is net eenvoudig te sterk vir die ander MM partytjies! Hierdie ongesonde toedrag van sake ontse ongelukkig vir Helen die voorreg om presidente te word.Wat n hartseer sage!
COPE, 30/11/2008, Heidi Lundie
Soos Gert se is enige party wat stemme weg kan neem van die ANC goed, ek sal selfs vir hulle stem. Soms moet mens met jou kop stem en nie met jou hart nie.
Cope en Gert van der Linde , 30/11/2008, Steve
Gert, Ek hoop van harte dis nie net jou opinie nie, maar ook jou oortuiging. Help COPE om die nodige balans te handhaaf, by die algement verkiesing deur 1) te verseker dat jy (en ander wat soos jy voel) op die kiesersrol is; 2) dat jy die tyd (maak nie saak hoelank) neem om te stem; 3) tot en met verkiesingsdag, debateer met ander om hulle ook te oortuig dat COPE (of enige ander party, hehalwe die ANC) net goed kan wees vir Suid Afrika
Politieke partye, 30/11/2008, Johan
Suid Afrika met 139 politieke partye wat by die Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer is. Dis nou wat ek K*K noem Daar moet n wet wees vat net 5 toelaat die dat elke jaraap en sy maat een het is bul jaag die wat nie 1,000,000 stemme kry nie weg sodat n nuwe party kan probeer
Politieke partye, 30/11/2008, Johan
Suid Afrika met 139 politieke partye wat by die Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer is. Dis nou wat ek K*K noem Daar moet n wet wees vat net 5 toelaat die dat elke jaraap en sy maat een het is bul jaag die wat nie 1,000,000 stemme kry nie weg sodat n nuwe party kan probeer
Massas, 30/11/2008, Lourens Oosthuizen
Dit is duidelik 'n goeie insig dat die massas bepaal wie regeer. Juis waarom die Afrikaanssprekende massas van hul apatiese agterente moet opstaan en die nuwe geleentheid moet aangryp om relevant te word in ons NUWE DEMOKRATIESE ORDE. Mens kan net inspraak lewer in the ontwikkelende COPE ethos as jy deel is daarvan.
cope, 30/11/2008, Desmond van wyk
soek graaag kontak nommers van cope in weskaap
Cope, 30/11/2008, Gert Van der Linde- Pinetown
Enige wegneem van die oorgrote meerderheid van die ANC, kan net goed wees vir Suid-Afrika.Hoop die liggie van Cope groei en bevoordeel S.A.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
DirectAxis-Lenings
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Steun jy die staatsdiensdokters se protesoptrede?
Ja, hulle word te min betaal.
Ek steun die dokters, maar nie die staking nie.
Nee. Hulle verdien genoeg.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo