| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||
|
15/03/2008 12:26 - (SA)
Eerste biodiesel-aanleg kom gou in Coega Hennie Duvenhage
Suid-Afrika se biobrandstofbedryf gaan uiteindelik op dreef kom met die oprigting van ’n biodiesel-aanleg teen ’n koste van R1,5 miljard in die Coega-ontwikkelingsgebied. Die aanleg, wat op die been gebring word deur Rainbow Nation Renewable Fuels (RNRF), sal na verwagting 288 miljoen liter biodiesel per jaar lewer en 350 nuwe werkgeleenthede skep. Die jaarlikse omset van die onderneming word op R4,5 miljard geraam. Die nuwe maatskappy word beheer deur ’n Australiese groep, National Biofuels Group Pty Ltd, terwyl bemagtigingsgroepe ’n belang van 26% in die onderneming sal hê. Die aanleg sal sojabone as bron gebruik en oliekoek en kookolie daaruit vervaardig. Die kookolie sal verder verwerk word in biodiesel en farmaseutiese gliserien terwyl die oliekoek as voer vir diere gebruik word. Suid-Afrika het verlede jaar reeds 812 000 ton oliekoek ingevoer om in die behoefte van die plaaslike mark te voorsien en die vraag na dié voedingsbron vir diere styg teen ongeveer 20% per jaar. Die aanleg by Coega sal na verwagting 800 000 ton oliekoek per jaar aan die plaaslike mark kan lewer “Suid-Afrika se sojaboonprodusente en veeboere soos hoender-, vark, bees- en suiwelprodusente gaan uitermate bevoordeel word deur die projek,” sê mnr. Geoff Mordt, besturende direkteur van RNRF. RNRF se aansoek om ’n lisensie vir die vervaardiging van biodiesel is reeds in ’n gevorderde stadium en die aanleg sal die eerste geïntegreerde sojaverwerkingsaanleg wees nadat die regering in Desember verlede jaar sy biobrandstof-beleid aangekondig het. In die beleid word gesê dat sojabone die verkose bron vir die vervaardiging van biodiesel is. Daar is vroeër reeds ’n toegewing gemaak om invoerheffings op te hef op sojabone wat vir die maak van biodiesel gebruik word. Die beplande aanleg in Coega sal na raming een miljoen ton sojabone per jaar kan verwerk terwyl Suid-Afrika se jaarlikse gemiddelde sojaboon-oes deur die nasionale oesskattingskomitee op nagenoeg 254 324 ton geraam word. Die nuwe aanleg skep dus ’n nuwe mark vir die land se produsente en kan dit daartoe bydra dat die druk op boere om mielies te plant, verlig kan word. Dr. Kobus Laubscher, hoofbestuurder van Graan SA, sê hy verwelkom die inisiatief aangesien dit moontlik daartoe kan bydra dat daar ’n groter balans in die graanmandjie kom en daar nie noodwendig meer ’n groot oorskot aan mielies sal wees nie. Mnr. Patrys Lubbe, uitvoerende hoof van Agriocare, ’n soja-produsentemaatskappy, sê nuwe verwerkers in die soja-bedryf sal produksie stimuleer. Naas groter soja-aanplantings in tradisionele gebiede in die ooste van die land kan nuwe aanplantings ook in ander somerproduserende gebiede gedoen word. Mordt sê hulle werk tans saam met produsente, landbou-koöperasies en opkomende boere om produksie van soja te verhoog en sal graag hul verskaffingsbronne wil vergroot. “Ons bedrywighede sal die beskikbaarheid van voedsel verhoog en ons ondersteun die regering se beleid oor voedselsekerheid ten volle.” Dr. John Purchase, hoofbestuurder van die Landboubesigheidskamer, sê hy steun die projek én die model waarop die projek aangepak word. Mnr. Andrew Makanete, president van die Suider-Afrikaanse Biobrandstofvereniging (SABA), sê hy beskou dit as ’n positiewe ontwikkeling.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|