| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||
|
17/02/2007 14:34 - (SA)
Staat gee R3 miljard vir breëband JANA MARAIS
Die regering gaan oor die volgende drie jaar R3 miljard aan infrastruktuur bestee in ’n poging om Suid-Afrikaners toegang tot “universeel beskikbare, betroubare en bekostigbare breëband” te gee. Infraco, die nuwe maatskappy wat deur die departement van openbare werke gestig is, en wat Transnet en Eskom se langafstand- veseloptiese netwerke besit, gaan nog R1,4 miljard belê om die netwerke uit te brei. Beleggings van R627 miljoen is reeds aangekondig. Sentech sal “binnekort” sekerheid hê oor die R1 miljard wat die staat in die instelling wil belê. Rolspelers in die bedryf het egter gemengde gevoelens oor die departement van openbare werke se planne. Sentech sal die staat se R1 miljard gebruik om draadlose breëbandkonnektiwiteit te verskaf. Die konnektiwiteit sal veral daarop gemik wees om die regering se dienslewering, veral ten opsigte van onderwys en gesondheid te verbeter. Infraco sal op sy beurt toegang tot telekommunikasie-infrastruktuur verskaf aan Neotel, die nuwe tweede vastelyn-telefoonoperateur, en later ook ander operateurs. Dit is onbekend hoe lank die eksklusiewe ooreenkoms tussen Infraco en Neotel sal geld. Neotel sal wel dié telekommunikasievermoë wat hy van Infraco kry, aan ander operateurs en internetdiensverskaffers kan verkoop. Die winsmarges wat operateurs met Infraco se infrastruktuur verdien, sal deur die regering gereguleer word in ’n poging om breëbandpryse te verlaag. Hoewel Infraco, wat in Maart bekend gestel sal word, nie wins as ’n doelwit het nie, sal hy wel genoeg geld moet genereer om sonder verdere regeringskapitaal volhoubaar te wees. “Enige ekstra geld wat in telekommunikasie-infrastruktuur belê word, is ’n goeie ding. Maar of Infraco breëbandpenetrasie sal verhoog en koste sal afbring, sal afhang van hoe dit bestuur word, wie almal toegang daartoe kry en teen watter prys,” sê mnr. Steve Esselaar, navorser by Wits se Link Centre. Esselaar sê die regering se bedoelings met Infraco is goed, maar sy geskiedenis tel teen hom. “Infraco het nou dieselfde doelwit as wat die regering al voorheen met Telkom en Sentech probeer regkry het, sonder sukses. “Die ware probleem – die struktuur van die mark – word egter nie getakel nie. Hoekom word die mark nie net oopgestel vir mededinging uit die private sektor nie?” Mnr. Willem van Rensburg, strategiehoof van Business Connexion, sê Infraco “kan ’n goeie poging wees as dit reg bestuur word en spelers nie uitgesluit word nie. “Natuurlik is ons skepties, maar ons hoop regtig dit werk. Vir ons sal dit suksesvol wees die dag wanneer ons 50 plekke in Limpopo met mekaar moet verbind en die infrastruktuur is reeds daar.” Hoewel Infraco heelwat kan doen om infrastruktuur in veral landelike gebiede uit te brei, waarsku rolspelers dat internasionale konnektiwiteit steeds die groot breëband-knelpunt is. Infraco is besig met studies om te bepaal of hy ’n ondersese kabel, wat deur die DA as “uiters ambisieus” beskryf word, vir internasionale bandwydte gaan oprig. Esselaar is skepties oor sy begroting. “Is R2 miljard dan genoeg? En as hy wel ’n kabel bou, is dit ’n projek wat jare gaan duur. “Die breëband-bottelnek lê steeds by SAT3 (die ondersese kabel wat Suid-Afrika van internasionale konnektiwiteit voorsien en waaroor Telkom ’n monopolie het). “Die regering moet dit eerder tot ’n noodsaaklike fasiliteit verklaar en ander spelers toegang hiertoe gee.”
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|