News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 18°C 31°C
KPT 16°C 23°C
JHB 16°C 20°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
10/03/2007 15:31  - (SA)  
Net drie gevestigde SA groepe deel van Eassy-konsortium
JANA MARAIS    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Net drie Suid-Afrikaanse groepe is deel van die Eassy-konsortium wat ’n ondersese telekommunikasiekabel aan die ooskus van Afrika gaan lê.

Net maatskappye wat ’n internasionale konnektiwiteitslisensie het, sal ’n belang hê in die kabel wat bykomende interna­sionale breëbandwydte aan Suid-Afrika beskikbaar sal stel.

Ondanks beloftes van die departement van kommunikasie en Nepad dat alle belangstellende partye teen dieselfde prys toegang tot Eassy sal kry, is dié voorreg net ’n handjievol gevestigde telekommunikasiereuse beskore.

In Suid-Afrika is net Telkom/ Vodacom, MTN en Neotel tans deel van die Eassy-konsortium, wat uit 23 lede bestaan.

Sentech sal na verwagting later vandeesmaand die nodige finansiering bekom vir sy belang.

Mnr. John Sihra, koördineerder van Eassy, sê die feit dat die breëbandwydte wat die kabel beskikbaar stel, in Suid-Afrika van verskeie spelers gekoop sal kan word, behoort pryse af te dwing.

“Die reguleerder moet net sorg dat die sakeomgewing mededingend is, dan kan pryse vir die eindgebruiker laag wees.”

Telkom het tans die monopolie oor die SAT3-kabel aan die weskus van Afrika. Internasionale bandwydte is in Suid-Afrika tot 1 000% duurder as die wêreldgemiddeld, en dit verteenwoordig sowat 60% van die totale koste van ’n verbruiker se internetverbinding.

Dr. Kai Wulff, hoof van Kenya Data Networks (KDN), is skepties oor die uitwerking wat Eassy op koste gaan hê. KDN is nie ’n lid van die konsortium nie.

“Ek dink om ’n kabel aan te lê om kapasiteit vir die streek te verskaf, is ’n baie goeie idee. Om dit onder die beheer van monopolieë te hê, is egter ’n baie slegte idee. Hulle is nie bekend daarvoor dat hulle hul vangs deel nie,” sê Wulff.

“Dit is nodig dat die spelers wat die kapasiteit verskaf, nie ook die internetdiensverskaffer is nie. Daar moet ’n duidelike onderskeid wees.”

Die konsortium, wat reeds in Januarie 2003 oor Eassy begin vergader het, het Vrydag uiteindelik die verskafferskontrak met die Franse maatskappy Alcatel-Lucent onderteken.

Konstruksiewerk sal binnekort begin en behoort teen die vierde kwartaal van aanstaande jaar afgehandel te wees.

Eassy, wat van Mtunzini in KwaZulu-Natal tot by Port Sudan sal strek, sal by verskeie ander ondersese kabels inskakel vir konnektiwiteit na Europa, Amerika en Asië. Dit sal aan operateurs meer buigsaamheid bied om mee te ding om beter tariewe, sê Sihra.

Meer as $200 miljoen van die $240 miljoen wat vir die kabel benodig word, is reeds bewillig deur operateurs en ontwikkelingsbanke.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo