News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
    Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 17°C 31°C
KPT 17°C 23°C
JHB 14°C 26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
13/08/2005 21:42  - (SA)  
Dunedin, hier kom Jake se Bokke!
Rudolph Lake     

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


Perth
Nieu-Seeland se klinkende oorwinning gisteraand in Sydney oor Australië plaas die Springbokke se sege verlede naweek in Kaapstad oor die All Blacks in perspektief. Die Bokke is op pad boontoe en straks 'n veel beter span as wat baie kenners glo.

Só meen die Bok-afrigter Jake White nadat hy en die hele Springbok-span gisteraand se kragmeting tussen die Wallabies en die Kiwi's hier in die Wes-Australiese hoofstad op televisie gevolg het.

"Nieu-Seeland is no. 1 op die wêreldranglys en het teen Australië gewys hoekom. Hulle het vroeër die week van Suid-Afrika na Australië gereis en ondanks 'n paar beserings maklik met Australië afgereken.

"Dit is weer 'n bewys waarom die Drienasies-reeks so 'n strawwe kompetisie is. Daar is geen maklike wedstryde nie en geen voorspellings kan sonder meer gemaak word nie. Almal het gedink die All Blacks sal flou wees en die Aussies gaan maklik wen. En toe gebeur presies die teenoorgestelde," het White gister aan Rapport gesê.

Volgens die Bok-breier het hy vinnig somme gemaak en is hy van mening dat indien die Bokke die All Blacks oor twee naweke in Dunedin klop, Suid-Afrika sy Drienasies-kroon sal behou ongeag of hulle eerskomende naweek suksesvol is teen die Wallabies.

"Maar dit beteken nie ons gaan die naweek se wedstryd teen die Aussies nie ernstig benader nie. Inteendeel, ons wil wen om ons momentum te behou en ons vrot oorsese vertoningslys te verbeter.

"Die Aussies het 'n paar beserings opgedoen, maar dit gaan nie van hulle 'n swakker span maak nie. Hulle het genoeg spelers om die beseerdes te vervang en sal ewe gedug wees wanneer hulle teen ons op die veld draf.

"Australië kan dalk net Saterdag op sy gevaarlikste wees omdat die kaptein George Gregan en die afrigter Eddie Jones onder reuse-druk is om 'n oorwinning te behaal ná drie agtereenvolgende nederlae. Hul koppe is op die blok," het White gesê.

Suid-Afrika het laas in 1998 oorsee teen Australië en Nieu-Seeland gewen toe hulle die Wallabies hier in Perth verslaan en daarna die All Blacks in Wellington getroef het.

Dit gee die Bokke moed vir Saterdag se stryd teen die Aussies. Maar oor aanstaande naweek se staan-of-val-toets teen Nieu-Seeland heers daar steeds onrustigheid in die Springbok-kamp.

Die Bokke kon nog nooit in Dunedin teen die Kiwi's wen nie.

Sedert 1921 het die Bokke en All Blacks ses keer in Dunedin kragte gemeet en Nieu-Seeland was nog elke keer aan die wenkant. Die naaste wat die Bokke aan 'n oorwinning kon kom, was toe hulle in 1956 met 6-10 verloor het.

Die laaste Bok-toets in Dunedin was in 2003. Toe is Rudolf Straeuli se Bokke met 19-11 deur die Nieu-Seelanders verslaan.

"Dit gaan baie moeilik in Dunedin wees . . . dis oral moeilik teen die All Blacks. Maar vir eers moet ons aan Australië dink. Saterdag se stryd op Subiaco is 'n belangrike kragmeting vir ons selfvertroue," sê White.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo