| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
15/11/2008 22:06 - (SA)
Skotland-afrigter platgeslaan ná nederlaag J.J. Harmse
Edinburgh Die Skotse afrigter, Frank Hadden, het erken hy en sy span is platgeslaan nadat hulle net-net nie daarin kon slaag om die Springbokke hier op Murrayfield af te stof nie. Die Bokke het die Skotte met 14-10 geklop, maar die tuisspan was meters weg van die moontlike wendrie. Swak afronding het hul drome van ’n verrassende sege verydel. “Ons is verslae en verpletter. Die hoeveelheid werk wat ons ingesit het om hier uit te kom, was ongekend. Dat ons so naby kon kom ná soveel moeite en met so min geriewe, is uitstekend, maar hartverskeurend. Ons het gedink ons het genoeg gedoen, maar kon nie afrond nie.” Volgens Hadden het hy geweet die Skotte sou beter doen as verlede week teen die All Blacks. “Ons het ’n bietjie meer tyd gehad om voor te berei en geweet ons sou beter wees as verlede naweek. Die een ding waaroor ek nie bang was nie, is die fisieke aspekte. Ons was sterk genoeg vir die Springbokke gewees. Dit het vandag gewys.” Hadden meen sy span het die momentum prysgegee toe hulle net ná die rustyd vyf agtereenvolgende vryskoppe en strafskoppe afgestaan het. “Ons het boonop ’n reuse-beseringslys opgedoen en dit het beslis ons opsies beperk,” het Hadden gesê. Skotland se kaptein, Mike Blair, was nie agterna seker hoekom hulle soveel onder die skeidsregter se fluitjie deurgeloop het nie. “Dit het beslis ons momentum weggeneem en ons kon dit net nie weer herwin nie. Ek het met die skeidsregter (Dave Pearson) probeer praat, want die losgemale was nie een dieselfde nie en ek het gevoel ons word te veel gestraf. Die beserings het ons in die laaste minute gekos. Ons was ses duim weg van die doellyn vir die wendrie, maar kon nie gaan druk nie.” Blair voel hulle het die wedstryd weggegee. “Daar was beslis geleenthede en as ons meer klinies was, kon ons ’n oorwinning bewerkstellig het. Die beserings het die plaasvervangerbank uitgedun en dit het ons in die laaste tien minute gekos, want ons afrigters se opsies was toe op.” Hy meen die besering aan hul gereelde skopper, Chris Paterson, het sy span die wedstryd gekos. Hy is ná sowat 20 minute met ’n gekraakte wangbeen van die veld af. “Ons stelskopwerk het ons gekos, maar dit was nie maklik in die wind nie. Chris is egter ’n skerpskutter en hy sou ’n verskil gemaak het.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|