| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||
|
15/11/2008 22:05 - (SA)
Luke steeds in die sop oor omstrede Bok-uitsprake De Jongh Borchardt
Johannesburg Dit lyk of SA Rugby kan besluit om sy saak teen Luke Watson te laat vaar...maar dié Springbok-losvoorspeler kan homself regmaak om voor die Gelykheidshof te verskyn nadat die burgerregte-inisiatief AfriForum ’n amptelike klag oor sy uitlatings ingedien het. Watson het ’n groot bohaai veroorsaak toe sy woorde op ’n rugbyfees in Kaapstad, dat hy “homself moes keer om op die Springbok-trui te braak”, verlede maand bekend geword het. Dié omstrede Bok het na bewering ook gesê SA Rugby se groot probleem is dat dit beheer word deur ’n groep “Dutchmen”. SA Rugby se tugsaak teen Watson, omdat hy glo hul gedragskode met dié en ander uitlatings oortree het, is Dinsdag op ’n tegniese punt uitgegooi. Dit wil voorkom of daar ’n paar skuiwergate in SA Rugby se regulasies is, wat eers ondersoek sal moet word voordat hulle met die saak teen Watson kan voortgaan. Hoewel Watson die uitgooi van sy tugsaak vol bravade as ’n oorwinning voorgehou het, is hy steeds in die sop, met AfriForum wat reeds begin werk het aan ’n saak teen hom. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Watson talle geleenthede gehad om sy uitlatings te ontken, maar hy het dit nie gedoen nie – en eerder die verweer gebruik dat dit ’n sogenaamde “private gesprek” was. “In die lig hiervan bestaan daar by ons geen twyfel nie dat Watson wél die kwetsende taal gebruik het,” het Kriel gesê. “Ons het verlede maand ’n prokureursbrief aan Luke gestuur waarin ons vra dat hy sy uitlatings terugtrek en om verskoning daarvoor moet vra, maar hy het dit geïgnoreer.” Kriel wys daarop dat Watson waarskynlik voor die Gelykheidshof gedaag kan word op grond van die bepalings van Artikel 10 van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (Wet 4 van 2000). Een van die probleme waarmee SA Rugby gesukkel het in hul saak teen Watson, was om getuies te kry om Watson se beweerde uitsprake te bevestig. Kriel voorsien nie dieselfde probleem nie: “As ons hof toe gaan, kan ons getuies dagvaar om onder eed te kom getuig. Dan hoef niemand bang te wees om die waarheid te praat nie.” • Hoewel Watson steun van sommige politici gekry het, het hy hom uiters ongewild gemaak in rugbykringe met sy beweerde uitlatings. Wat amper meer vreemd is, is dat hy sedertdien weier om van die “Springbokke” te praat. Hy verwys na die Bokspan as die “nasionale span” en hy het gesê hy sal net weer vir Suid-Afrika speel indien die Bok-embleem verwyder word. Dis amper presies die teenoorgestelde as wat hy twee jaar gelede in ’n tydskrif-onderhoud gesê het. Hy het toe gesê: “Dit sal ’n eer wees om vir die Bokke te speel. (Die Bok) kan een van die kragtigste embleme word wat die wêreld nog gesien het. Dit staan vir gelykheid. Dit staan vir eenheid. Dit staan vir ’n nasie wat eens verdeeld was, maar nou saamstaan. “Dit staan vir alles wat dié wêreld nie het nie, maar wil hê. Dit staan vir mense van verskillende kulture en rasse, voorheen vyande, wat bymekaarkom en ’n alliansie vorm.”
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|