News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
    Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 17°C 30°C
KPT 16°C 23°C
JHB 16°C 20°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
21/11/2008 07:57  - (SA)  
Smith, Du Plessis terug huistoe

J.J. Harmse, Londen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Springbok-haker, Bismarck du Plessis, kom vandag onder die mes vir ‘n kniebesering, terwyl Juan Smith en Fourie du Preez Saterdag se toets teen Engeland uit Suid-Afrika sal dophou.

Albei het Vrydag huistoe gevlieg nadat hulle nie oorweeg is vir die toets op Twickenham nie. Smith het harsingskudding opgedoen teen Skotland, terwyl Du Preez net voor daardie toets sy bobeenspier geskeur het.

Du Plessis, wat ‘n dyspier geskeur het teen Skotland, is deur sy broer, Jannie, vervang en dié Natalse stut sal Saterdag, soos verwag, die nommer drie-trui by John Smit oorneem. Smit skuif terug na haker, waar hy die meeste van die wedstryd teen Skotland moes speel.

Danie Rossouw vervang Smith langs die kant van die skrum.

“Ek het my kop teen ‘n Skot se knie gestamp en teen Dinsdag kwaai simptome begin voel,” het Smith verduidelik.

Du Preez was hoopvol dat hy sou herstel, maar kon nie die span se oefensessie vanoggend voltooi nie.

Du Plessis, Gurthrö Steenkamp, Du Preez en Smith se beserings beteken dat afrigter Peter de Villiers nie net vir Rossouw in die beginspan kon opneem nie, maar ook speelkans aan Chiliboy Ralepelle en Heinrich Brüssow kon gee. Beide is as plaasvervangers gekies.

Brüssow was kinderlik opgewonde oor die kans.

“Dit is amper te goed om waar te wees. Ek gee nie om hoe lank ek speelkans kry nie, net solank dit gebeur. Ek kan nie wag vir Saterdag nie,” het die baljagter aan Rapport gesê.

Dieselfde agterlyn wat teen die Skotte begin het, sal dus teen Engeland uitdraf, terwyl Du Plessis en Rossouw voorlangs bykom.

Slegs nege spelers het in verlede jaar se Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland gespeel.

Die span is: Conrad Jantjes (23), JP Pietersen (23), Adi Jacobs (20), Jean de Villiers (45), Bryan Habana (45), Ruan Pienaar (26), Ricky Januarie (33), Pierre Spies (18), Danie Rossouw (35), Schalk Burger (48), Victor Matfield (79), Bakkies Botha (54), Jannie du Plessis (6), John Smit (80), Beast Mtawarira (9). Plaasvervangers: Chiliboy Ralepelle (2), Brian Mujati (11), Andries Bekker (12), Ryan Kankowski (6), Heinrich Brussow (-), Frans Steyn (26), Jaque Fourie (35).



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo