News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
    Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 17°C 31°C
KPT 19°C 22°C
JHB 15°C 27°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
29/11/2008 22:05  - (SA)  
Spanwerk gee deurslag, sê SA sewes-held
J.J. Harmse    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Die sewes-Bok Ryno Benjamin vier gister sy wendrie in die eindstryd van die IRR-sewestoernooi in Doebai. (Foto: AP)


Doebai

Spanwerk was die deurslaggewende faktor in die Springbok-sewesspan se verowering van die Emirates-trofee.

Só glo Mzwandile Stick, die span se kaptein.

“Dié sege was een vir spanwerk en geloof in wat die afrigter doen,” het Stick gesê nadat die Blits-Bokke Engeland met 19-12 in die eindstryd van die openingstoernooi van die Internasionale Rugbyraad se sewesreeks geklop het.

Dit was ’n tweede toernooi-oorwinning hier vir die afrigter Paul Treu en die derde keer dat die span hier wen. Hulle het ook in 2003 gewen toe Chester Williams hulle afgerig het en in 2006 onder Treu se vaandel.

Stick het vir die goue oomblik gesorg toe hy komkommerkoel ’n moeilike doelskop moes oorskop om te keer dat hulle teen Fidji in die halfeindstryd verloor.

Hy het nie net dié skop oorgeskop wat die wedstryd verleng het nie, maar ook in ekstra tyd met ’n reuse-skepdoel geslaag wat sy span na die eindstryd laat vorder het.

“Ek het gehoor die skare skree en jou my uit. Ek moes dus in myself glo. Gelukkig was die ritme en balans daar en ek kon die bal deur die pale jaag,” het Stick agterna gesê.

Oor die skepdoel was hy ewe beskeie.

“Wel, ek moes my kant ook bring, want Frankie (Horne) en Paul Delport het Fidji se besit omgekeer en my die kans gegee om los te trek. Dit wys jou wat spanwerk doen. Ons het individuele sterre soos Fabian Juries en Danwell Demas verloor, so moet nou meer op mekaar aangewese wees.”

Treu was ook agterna tevrede. “Ons moet met elke toernooi aan ander spanne wys waarom ons respek verdien. Vandag (gister) het skitterende verdediging en koelkop bly onder druk die knoop deurgehak.”

Op ’n vraag oor die Springbok-embleem het Treu gesê: “Ons wil die Springbok dra, want die waardes daaraan inspireer ons.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo