| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||
| Meer Nuus | |||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||
| Sport | |||||||||
| Wêreld | |||||||||
| Sake24 | |||||||||
| Weekliks | |||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||
| Hoofartikels | |||||||||
| Rubrieke | |||||||||
| Briewe | |||||||||
| Invoegsels | |||||||||
| Tydskrif | |||||||||
| Rapport Boeke | |||||||||
| Motors | |||||||||
| Reis | |||||||||
| Streeknuus | |||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||
| KaapRapport | |||||||||
| Multimedia | |||||||||
| Fotogalerye | |||||||||
| Blogs | |||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||
| Leserblogs | |||||||||
| Allerlei | |||||||||
| Lotto | |||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||
| Promosies | |||||||||
| Loopbane24 | |||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||
| EPWP | |||||||||
| Stalmaats | |||||||||
| City Press | |||||||||
| Sondag | |||||||||
| Weer | |||||||||
|
|||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||
| Wie is ons | |||||||||
| Argiewe | |||||||||
| Bestel foto's | |||||||||
| Kontak | |||||||||
| Redakteur | |||||||||
| Web-redakteur | |||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||
| Ombudsman | |||||||||
| Stuur jou video | |||||||||
| Adverteer | |||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||
| Aflewerings | |||||||||
| Teken in | |||||||||
| Klagtes | |||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||
|
03/01/2009 18:55 - (SA)
SA het Aussies in wurggreep ná eerste dag van toets waarin geskiedenis wink Eduan Roos
Sydney Die Suid-Afrikaanse boulers het hul wurggreep teen die Aussies die afgelope weke, gister verder verstewig. Die tuisspan het op 267/6 gaan slaap, na nóg ’n dag wat deurgaans wipplank gery het. Tóg sou die besoekers vanoggend vroeg (SA tyd) meer wip in hul stap gehad het, nadat die tweede nuwe bal vir die soveelste keer ’n dreigende Aussie-kolfvennootskap beëindig het. “Ek was beïndruk met die manier waarop ons in die aandskof teruggeveg het,” het die Aussie-aanvangskolwer Simon Katich gister gesê. “Suid-Afrika het beslis hul neuse voor gehad, maar die vennootskap tussen Michael (Clarke) en Brad (Haddin) het dinge weer gelyk gemaak.” Clarke (73*) en Haddin (38) se 75 lopies om die sesde paaltjie was die tuisspan se meeste van die dag, maar is in die tweede boulbeurt met die tweede nuwe bal deur ’n prag-aflewering van Dale Steyn (2/71) verbreek. Voor dié vennootskap was die tuisspan met hul rug teen die muur, toe hulle op 162/5 gewankel het. Katich en Matthew Hayden het vroeër, ná ’n waaksame begin, nét goed begin lyk voordat Katich (47) deur AB de Villiers van die boulwerk van Jacques Kallis (1/43) uitgevang is. “Die toestande het dinge aanvanklik moeilik gemaak vir my en Matthew, aangesien die bal heelwat rondbeweeg het. Ek is baie teleurgesteld dat ek my paaltjie verloor het nadat ek en hy reeds deur daardie tydperk gekom het,” het Katich gesê. Kaptein Ricky Ponting is in die volgende boulbeurt uitgehaal deur die beste aflewering wat Morné Morkel (1/49) op die hele toer geboul het. Hayden en die ewe-sukkelende Mike Hussey het 43 lopies om die volgende paaltjie opgestapel, voordat Hayden (31) net ná middagete ’n los hou gespeel en sy wegpen verloor het. Toe Hussey (30) boonop minute later, ná volgehoue druk deur Paul Harris, deur dié draaier uitgehaal is, was die tuisspan op 130/4 in die knyp. “Hul boulers verdien lof vir die manier waarop hulle die toestande uitgebuit het,” het Katich gesê. “Selfs toe dinge nie heeltemal reg verloop het vir hulle nie, het hulle hul taktiek verander en die wedstryd stadiger gemaak. Dis iets wat hulle regdeur die reeks baie beter as ons gedoen het.” Volgens dié hotklou was die Protea-boulers gister meer ongenaakbaar as ooit. “Hulle het geweier om enige lopies op ’n skinkbord weg te gee en het hul planne uitstekend uitgevoer. “Om daardie planne te hê is een ding, om dit uit te voer soos die Suid-Afrikaners vandag (gister) gedoen het, is iets heeltemal anders.” Hussey se vertrek het nuweling Andrew McDonald na die paaltjies gebring – en hy is dadelik met ’n Morkel-opslagbal teen die elmboog getref. Dié 27-jarige veelsydige speler staan, vanweë sy wilde bos rooi hare, as “Ronald McDonald” bekend – en hy sou sweerlik gister eerder wou hamburgers verkoop as om deur ’n omgesukkelde Morkel verniel te word. Dié boontjierank het hom oomblikke later wéér raakgeboul – dié keer teen die kopskerm, voordat Ntini (1/53) vir McDonald (15) in die 57ste boulbeurt uit sy lyding verlos het. Dít het die Clarke en Haddin-vennootskap laat afskop, wat bykans 30 boulbeurte later eers sou eindig – waarna Mitchell Johnson boonop ’n vinnige 17* lopies in sy vennootskap van 30 saam met die onderkaptein bygedra het. “Michael lyk asof hy ’n groot beurt gaan speel en hopelik kan ons nóg ’n stewige vennootskap kry en in die omgewing van 350 lopies aanteken, wat die druk op die Suid-Afrikaners sal plaas,” sê Katich. “Lopies op die telbord op die SCG is, meer as op die meeste ander plekke, ’n groot pluspunt. Die kolfblad sal beslis vinniger verweer en dit is nooit maklik om laaste op die blad te kolf nie.” Boonop behoort Nathan Hauritz danksy die insluiting van twee linkerhandse snelboulers nou dubbeld so doeltreffend as op die MCG te wees, meen hy. “Die feit dat ons vir Mitchell én Dougie (Bollinger) het, sal baie meer voetmerke veroorsaak, wat Nathan kan gebruik om meer draai te kry. “Hoewel dit vandag nie eers warm was nie, het die krake op die kolfblad reeds heelwat wyer geword. Dit behoort in die volgende paar dae selfs groter te word en sal boonop ál stadiger begin word.”
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|