| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
|
03/01/2009 18:55 - (SA)
Proteas ruik dáái 3-0 Eduan Roos
Sydney Die eerste uur se spel vandag kan die gang van die derde en laaste toets tussen Suid-Afrika en Australië bepaal. Só glo Vinnie Barnes, Protea-hulpafrigter, nadat die besoekers die Aussies gister tot 267/6 beperk het. Slaag die Proteas daarin om die tuisspan se laaste paaltjie vinnig te laat kantel en hul kolfbeurt stewig te begin, kan dit die tafel dek om nóg geskiedenis te maak. Die Proteas, wat vroeër vandeesweek hul eerste toetsreeks nog in Australië gewen het, is nou ook ’n tree nader daaraan om die eerste span in 122 jaar te word om skoonskip teen die Aussies in hul agterplaas te maak. Die besoekers is met 2-0 voor in die reeks, ná hul seges in Perth en Melbourne. Hulle sal die wêreldkampioen onttroon op die Internasionale Krieketraad (IKR) se toetsranglys, sou hulle ook hier op die SCG seëvier. “Ek dink ons is aanvanklik ietwat oorweldig deur die bewolkte toestande,” het Barnes gesê. “Die ouens het duidelik opgekyk en gevoel hulle moet vreemde lyne boul omdat die bal gaan swaai.” Die Aussies was kort voor middagete uitstekend geplaas op 62/0, voordat die Protea-boulers uiteindelik hul sokkies opgetrek het. “Graeme (Smith, Protea-kaptein) het tydens die eerste koeldrank-breek met die ouens gepraat en ek voel ons het daarna baie beter geboul.” Volgens Barnes het die twee verbroude vangkanse die besoekers se dag ietwat bederf. Michael Clarke (73*) is met sy telling op 12 deur Makhaya Ntini, en later op 69 deur Hashim Amla, ’n lewe gegun. “Dié vangkanse kon dit ’n fantastiese, eerder as net ’n goeie dag vir ons gemaak het. “Maar ons is steeds vol vertroue dat ons dinge van hier af kan beheer,” het Barnes gesê. “Ons het beslis die beter dag van die twee spanne gehad. “Ons moet nou net eenvoudig sorg dat ons hulle so goedkoop as moontlik uitboul – en dan die lopies behoorlik laat rol wanneer ons gaan kolf.” Volgens hom sal die Protea-boulers tevrede wees met enigiets minder as 350 lopies. “Natuurlik sal ons hulle bitter graag vir onder 300 wil uithaal, maar ’n meer realistiese teiken is 350,” het hy gesê. Volgens Barnes sou hulle gisteraand ’n paar planne beraam om toe te sien dat Mitchell Johnson die Proteas nie, soos op die Waca én die MCG, weer frustreer nie. Dié stertkolwer sou die beurt vroeg vanoggend (SA tyd) saam met Clarke voortsit. “Ons het in die laaste halfuur te veel lopies afgestaan en ons sal daarna moet oplet. “Die eerste uur se spel môre (vandag) gaan bepalend wees. “Dit is uiters belangrik dat ons ver voorkom in ons eerste beurt, want die krake wat reeds op die kolfblad te sien is, is nogal kommerwekkend.” Die tuisspan se draaier, Nathan Hauritz, lek reeds sy lippe af – veral met die Aussies se twee hotklou-snelboulers Johnson en Doug Bollinger wat heelwat voetmerke sal laat waarna hy kan korrel. “Die kolfblad hier raak gewoonlik ál stadiger en laer, wat dit moeilik maak om vryelik lopies te slaan,” het Barnes gesê. “Daarom wil ’n mens beslis nie te veel jaag in die laaste beurt nie.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|