News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
    Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 18°C 31°C
KPT 19°C 24°C
JHB 13°C 27°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
03/01/2009 18:55  - (SA)  
Vaughn lek al lippe af vir eendag-reeks
Eduan Roos    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Vaughn van Jaarsveld. (Foto: Lisa Hnatowicz)


Sydney

Suid-Afrikaanse ondersteuners moenie dieselfde wonderwerke as in die toetsreeks verwag, wanneer die Proteas en Australië eersdaags hul wit klere vir pajamas verruil nie.

Só het die besoekers vandeesweek gesoebat, op die vooraand van die kitsreeks tussen dié twee lande wat oor ’n week begin.

“Ons eendagspan is een waaraan daar steeds gebou word en die meeste van die ouens is nog baie jonk en onervare,” het Mickey Arthur, Suid-Afrikaanse afrigter, gesê.

“Dit is ’n opwindende tyd wat voorlê en alles wat nou gedoen word, is met die oog op die Wêreldbekertoernooi 2011 in Indië.”

Die besoekers het die afgelope week geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaanse toerspan te word wat ’n toetsreeks Doer Onder kon beklink, toe hulle die Aussies met nege paaltjies op die MCG in Melbourne verslaan het.

Die Proteas sal die Aussies boonop as die voorste toetsspan onttroon, sou hulle ook in die derde en laaste toets op die SCG koning kraai.

“Die kitsreeks is ’n heel nuwe uitdaging,” sê Arthur. “Dit sal onregverdig wees om te verwag dat die ouens moet oorheers, soos wat hulle in die toetsreeks het, want ons kitsspan is nie naastenby so gevestig nie.”

Die Proteas is vroeër vanjaar met 4-0 in die eendagreeks teen Engeland verslaan, nadat hulle die toetsreeks op ’n drafstap gewen het.

Volgens Graeme Smith wil hulle ’n herhaling van dié vertoning teen Kevin Pietersen-hulle ten alle koste vermy.

“Ons het waardevolle lesse uit daardie reeks geleer en ons gaan ons bes probeer om die wen-momentum te behou, aangesien ons binnekort weer in ’n belangrike reeks teen Australië (in Suid-Afrika) te staan kom,” het hy gesê.

Smith sal nie aan dié reeks, wat Sondag met die eerste van twee Twintig20-kragmetings in Melbourne begin, deelneem nie, nadat daar besluit is om hom huis toe te stuur vir behandeling aan sy knaende elmboogbesering.

• Intussen sal ál 15 spelers in die Protea-groep in die Twintig20-reeks speelkans kry, om aan Arthur-hulle ’n idee van hul beste moontlike kitskombinasie te gee. Dít beteken dat Vaughn van Jaarsveld, asook die Warriors se linkssnelboulers, Lonwabo Tsotsobe en Wayne Parnell, hul buiging vir hul land sal maak.

Makhaya Ntini, Herschelle Gibbs en Neil McKenzie behoort ook ’n terugkeer te maak, met McKenzie wat langer by die groep sal aanbly vir bykomende kolfdiepte weens Smith se afwesigheid.

Van Jaarsveld blyk in die binnebaan te wees om die plek van Justin Ontong as nommer 6-kolwer in te neem, nadat dié 24-jarige Johannesburger die plaaslike MTN-eendagreeks op sy kop gekeer het. Hy het 487 lopies in net 8 wedstryde gemoker, waaronder die vinnigste honderdtal in die geskiedenis van SA kitskrieket. Hy het hom by die toetsgroep in Melbourne aangesluit en het vandeesweek aan Rapport gesê hy “bars omtrent” van opwinding.

“Die vlugflouheid is nie ’n probleem nie en ek was nie eers bekommerd toe my bagasie op die verkeerde plek beland het nie,” het hy gesê. “Ek sukkel om te slaap, omdat elke dag saam met die span vir my so opwindend is.”

Kry Van Jaarsveld die ja-woord, sal Jacques Kallis en JP Duminy straks as die Proteas se vyfde bouler ingespan word. Kallis is, met 244 paaltjies in 283 wedstryde, ’n gesoute kitsvertoner, terwyl Duminy teen Kenia en Bangladesj met sy wegbrekers beïndruk het.

• Waarskynlike SA span: Johan Botha (kaptein), Hashim Amla, Herschelle Gibbs, Jacques Kallis, AB de Villiers, JP Duminy, Vaughn van Jaarsveld, Mark Boucher, Albie Morkel, Morné Morkel en Dale Steyn.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo