News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 15°C 30°C
KPT 16°C 22°C
JHB 12°C 27°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
24/04/2005 04:51  - (SA)  
Afrikaners moet spyt op alle vlakke wys
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend





Fanie Cloete


Die idee van 'n besondere verantwoordelikheid op Duitsers om konkreet hul spyt oor die oorlogsmisdade te wys, het onlangs in Duitsland begin uitkristalliseer. Parallelle met die Suid-Afrikaanse ervaring skep 'n nuttige vergelykende denkraamwerk om meer sistematies te kyk na hoe Afrikaners op verskeie vlakke kan probeer vergoed vir die ongeregtighede van die apartheidstelsel.

Die Duitse voorbeeld dui op die belangrikheid van 'n eksplisiete aanvaarding van verantwoordelikheid deur die aandadiges en selfs hul nageslagte om op verskillende vlakke te probeer vergoed daarvoor.

Die kern van die morele en religieuse transformasie in Suid-Arika behoort reg stellende aksie te wees in die vorm van onder meer konkrete reparasies op godsdiens-, morele, politieke, kultuur-, maat skaplike, finansiële en ekonomiese terrein. Hiersonder sal Afrikaners ander nooit kan oortuig van hul bona fide-spyt oor wat gebeur het nie, en sal werklike versoening vertraag of verhinder word.

Calvinistiese dogma is dekades lank in Suid-Afrika misbruik om apartheid te help verfyn, te vestig en uit te bou. Dieselfde dogma leer egter ook dat 'n mens jou alledaagse denke en optrede voortdurend moet toets aan aanvaarde Christelike beginsels, en moet aanpas as dit blyk dat daarvan afgewyk word, en dat 'n mens aan ander moet doen wat jy aan jouself gedoen wil hê. Daar is tans min tekens van sulke regstellende aksie in die praktyk.

Leiersfigure wat na bewering namens Afrikaners praat, het in die onlangse verlede ook taamlik konsekwent in die media 'n negatiewe beeld van Afrikaners begin skep. Dit behels die persepsie van 'n groep mense wat, soos in die verlede, net bekommerd is oor die behoud van hul eie taal, kultuur en geleenthede deur slegs hul eie minderheidsregte en -belange op elke terrein op te eis sonder grootskaalse , groothartige uitreiking na die mense wat hulle in die verlede onderdruk het.

As hierdie negatiewe persepsies van Afrikaners wat na buite geprojekteer word korrek is, het Afrikaners 'n opdraande stryd vorentoe om hul toekoms te probeer verseker. Pleks van selfsugtige pogings tot hernieude kunsmatige beskerming van hul taal- en kultuurregte sal konkrete seine uit Afrikaner-geledere dat verantwoordelikheid aanvaar word vir apartheidsonregte in die verlede meer bydra om Afrikaner-belange te bevorder en Afrikaners se legitimiteit by sowel hul eie swart landgenote as oorsee te herstel.

Pres. Thabo Mbeki het die noodsaaklikheid hiervan bevestig in sy onlangse openingstoespraak in die parlement toe hy gevra het om volle, sigbare samewerking van almal om die ongeregtighede van die verlede op sigbare wyse uit te wis.

Politiekgewys het Afrikaners reeds afstand gedoen van hul outoritêre minderheidsmonopolie. Konkrete maatskaplike, kultuur-, taal-, rasse- en ekonomiese regstellende aksie om slagoffers van apartheid te bemagtig, is egter ook deel van hierdie verantwoordelikheid.

Afrikaners behoort die uitdaging eksplisiet te aanvaar en hul bona fide- spyt deur konkrete hulp met opheffings pogings in die praktyk te demonstreer.

Een voorbeeld van sulke regstellings is die openlike aanvaarding van voorkeuraanstellings van lede van histories benadeelde groepe in instellings waar daar regstreekse of onregstreekse kollektiewe rasse- en ander diskriminasie voorgekom het. 'n Ander is sigbare aftakeling van uitgediende diskriminerende waardestelsels en praktyke op alle vlakke, soos werklike kerkeenheid en werklik veelrassige Afrikaanse kultuurorganisasies.

Nog een is grootskaalse finansiële en ander steun aan ontwikkelings- en bemagtigingsprojekte op nasionale vlak in arm swart en bruin gemeenskappe deur Afrikaanse kerk-, kultuur- en ekonomiese organisasies.

 Fanie Cloete is verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo