News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 17°C 29°C
KPT 19°C 23°C
JHB 13°C 29°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
05/11/2005 13:46  - (SA)  
Mathatha Tsedu: Die k-woord blý beledigend en diskriminerend
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


Ek is besig om my 400 aandele in Ou Mutual te verkoop. Dis aandele wat ek 'n paar jaar gelede met die demutualisering van die maatskappy gekry het.

Ek verkoop omdat ek nie dink ek kan in alle eerlikheid met vrede in my gemoed 'n verbintenis handhaaf nie met 'n maatskappy wie se verdediging in 'n ope hof lui dat dit nóg 'n belediging nóg diskriminerend is om 'n swart mens 'n kaffer te noem.

Ek het ook my makelaar opdrag gegee om óf my polis by Ou Mutual af te koop óf na 'n ander maatskappy oor te dra, indien moontlik.

En ek spoeg vuur.

Ter agtergrond: Xolile Finca is 'n werknemer van Ou Mutual in Kaapstad. In 2003 lei die herrangskikking van lessenaars in die oopplankantoor daartoe dat wit mense langs swart mense sit en ene Jenny Burger kla by haar toesighouer omdat sy langs swartes moet sit.

Haar presiese woorde aan die toesighouer was volgens Finca: "Waarom sit jy my langs kaffers?"

Burger betwis dit en sê sy het gesê: "Waarom moet die hele Khayelitsha rondom my sit?"

Wys my die verskil!

Ou Mutual het van die begin af die hele ding deur die betrokke toesighouer probeer toesmeer, maar Finca wou niks daarvan weet nie. Hy het klagte van diskriminasie en beledigende gedrag ingedien, maar Burger het net 'n mondelinge waarskuwing gekry. Finca - goed so vir dié broer - het nie tou opgegooi nie. Burger is ná 'n klomp watertrappery afgedank. Sy het geappelleer en is heraangestel.

Nou het Finca dié heraanstelling hof toe gevat. Hy argumenteer dat die arbeidshof die besluit moet herroep omdat Ou Mutual, deur die heraanstelling van Burger, skuldig is aan onwettige rassediskriminasie. Hy wil hê die hof moet Ou Mutual se besluit onwettig verklaar en hom beveel om hom R100 000 te betaal vir die pyn wat hy gely het.

Die saak is die afgelope Donderdag in die arbeidshof aangehoor en die maatskappy, wie se vernaamste bemagtigingsvennoot Bulelani Ngcuka van Skerpioene-faam en die man van die adjunkpresident is, het sy ster-advokaat, Mike Wagener, gestuur.

Wagener het aan regter Elna Revelas gesê die woord kaffer kan aanstootlik wees, maar dis nie ingevolge die Wet op Diensbillikheid diskriminerend nie. Met ander woorde, gelykheid volgens die wet, soos Wagener dit sien, het net met getalle te doen en nie met die omgewing waarin 'n mens werk nie.

Volgens dié logika is alles in die haak as daar genoeg swart mense in die kantoor is, maar as hulle kaffers genoem word, is dit nie 'n belediging of 'n wetsoortreding nie. Enigiemand wat anders dink, oorreageer en Wagener meen dit moet vermy word.

Hy sê Ou Mutual is ernstig oor diensbillikheid en rassisme en probeer om sy werknemers op te voed en uit hul vaste houdings te pamperlang. Finca se advokaat, Colin Kahanowitz, sê Wagener en Ou Mutual se argument is bisar en hy het daarop gewys dat selfs die arbeidsappèlhof in ander sake beslis het die woord kaffer kom neer op diskriminasie en diegene wat dit by die werkplek gebruik, moet verwag dat hulle ontslaan sal word.

Kahanowitz sê die konstitusionele hof het ook diskriminasie veroordeel "wat verskillende behandeling meebring en die potensiaal het om die fundamentele menswaardigheid van mense aan te tas of hulle nadelig te raak".

En 'n mens sou nogal dink dat dit inderdaad duidelik is in 'n land waar wit mense swart mense wil dwing om op te hou om liedjies oor Boere te sing dat die k-woord onaanvaarbaar is.

Pleks daarvan stuur 'n maatskappy soos Ou Mutual sy advokaat om te argumenteer dat dit tog op die een of ander manier aanvaarbaar is. Dis regtig verskriklik. Dis ook nodig om te vra of Ngcuka ook saamstem dat om mense kaffers te noem, of om selfs te kla omdat "die hele Khayelitsha" om jou sit, aanvaarbare gedrag by Ou Mutual is.

Die digter Don Matera het ná die ondertekening van die Nkomati-verdrag tussen apartheid-Suid-Afrika en Mosambiek geskryf: "Was hunger so bad that you had to eat crumbs from the tables of these brutes?"

Inderdaad, is geld so aanloklik vir die ekonomiesebemagtigingsvennote van Ou Mutual dat hulle met die hande gevou sal staan terwyl hul mense beledig word, solank die aandeleprys net styg?

Wat my betref, is daar nie sprake van nie.

    Mathatha Tsedu is redakteur van City Press.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo