| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||
|
11/08/2001 18:32 - (SA)
SAKP verwoord soeke na solidariteit Jakes Gerwel
In die veranderde wêreld waarin ons leef - waar ieder en elk blykbaar altyd geweet het hoe goed die vrye mark is - is dit seker 'n groot versoeking om die onlangse viering van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party liewer ongemerk te laat verbygaan. Die SAKP - "the Party", soos ons dit in die ou dae met 'n mengsel van vertedering en ontsag genoem het - het in die afgelope maand sy tagtigste bestaansjaar gevier. Dit is een van die oudste Kommunistiese Partye ter wêreld en sekerlik die een met die langste lewe. Dis miskien nou 'n versoeking om soos Petrus rondom die vuur die oë te laat sak en vloekend te mompel dat jy die man glad nie ken of ooit geken het nie. Tog was 'n aanraking met die Party grondig vormend vir die sosiale denke van generasies anti-apartheidmense. "Die Party" was 'n teoretiese verwysingspunt, 'n gefundeerde standpunt waarteen ander gemeet en getoets kon word. Die leierskap van die SAKP het weliswaar 'n sterk neiging tot ideologiese ortodoksheid gehad, maar juis dit het aanleiding gegee tot intense debatte, veral onder binnelandse linkse aktiviste en intellektuele. Die Party was enersyds die vaandel van die ruim internasionalistiese gees van die bevrydingstryd en andersyds 'n baie spesifiek Suid-Afrikaanse verskynsel binne die wêreldkommunisme. Ek en my gesin het in die laat tagtigerjare as gas van die Kubaanse regering en Party in Kuba vakansie gehou. Ek onthou nog hoe beleefd skepties ons gashere was oor ons Suid-Afrikaanse Party se ideologiese nuut-skepping van "colonialism of a special type". Wat ook al op teoretiese gronde teen "CST" - soos daarna in die linkse handel en wandel verwys is - ingebring kon word, dit was 'n Suid-Afrikaanse poging om binne die verband van 'n diep verdelende stryd tog ons eenheid te beklemtoon. Kolonis en gekoloniseerde deel onlosmaakbaar die een land; daar is nie 'n metropolitaanse tuiste elders vir ons kolonis "of a special type" nie. Die tradisie van nie-rassigheid ("non-racialism") is een van die blywende stukkies erfenis wat ons het van die SAKP. Wit kommuniste was die eerstes wat bereid was om saam met swart mense die stryd aan te sê. Kleurling- en Indiër-kommuniste was aan die voorpunt van dié in hul onderskeie gemeenskappe wat gemene saak gemaak het met die bevrydingstryd van Africans. Niemand (hopelik!) dink meer dat 'n Sowjet-styl beheer-ekonomie enige antwoord bied op die probleme van armoede en ongelykheid nie. Wat die verval van die sosialisme en die agteruitgang van die ou Party ter lande egter wel tot gevolg het, is dat mens nou hard moet soek vir die stem wat praat van menslike solidaritiet in ons wêreld. Want dit is wat die sosialisme in sy kern en op sy mees generiese bestaan het: 'n geformuleerde soeke na menslike solidariteit. En die Party was 'n hoofverwoorder daarvan in Suid-Afrikaanse verband. Ek het 'n sosioloog-vriend nou die dag hoor praat van die dringende behoefte aan die "her-normering" van 'n samelewing soos ons s'n wat sy morele kern verloor het. Hy het verwys na die rol van geloofsgemeenskappe, organisasies van sport en ontspanning, en die media as vertolkers en draers van norme. Die ineenstorting van die sosialistiese alternatiewe in Oos-Europa het op 'n wyse wat nog nie bereken is nie, bygedra tot die norm-verwarring wat ons beleef. Vir miljoene Suid-Afrikaners wat miskien glad nie ekonomies-ideologies sosialiste was nie, het die bestaan van daardie samelewings gedien as 'n morele verwysingspunt. Dit is gesien as 'n baken van maniere van saamleef wat nie op hebsug en selfsugtigheid gebou is nie. Ons weet nou van al die vergrype van daardie samelewings, maar hulle het gedien as besieling dat menslike solidariteit wel in groter samelewingsverband verwerklik kan word. Mens hoop dat daardie instellings van die burgerlike samelewing met toenemende toewyding en oortuiging die waardes van solidaritiet en medemenslikheid vir ons sal verwoord. Intussen bly ek dankbaar dat ek op 'n vormbare stadium van my lewe paaie gekruis het met die SAKP. Mag daar, in watter ideologiese gedaante ook, altyd onder ons dié wees wat revolusionêr skaam is oor armoede en ongelykheid in ons midde.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|