News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
01/11/2008 21:54  - (SA)  
Asseblief, president Motlanthe, help ons tog!
Liesel Krause-Wiid    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Bekende sakevrou, hulpleraar en oud-Mev. Verenigde Nasies Internasionaal, Liesel Krause-Wiid. (Foto: Brendan Croft)


Kameeldrift

In ’n artikel wat hierdie maand in ’n vrouetydskrif verskyn, vertel ek waarom ek en my geliefdes Suid-Afrika bo Australië verkies.

Ek en my gesin het ons ondernemings in 2006 daar gevestig, ons seun is daar gebore en ons het permanente verblyfreg, maar ná ’n jaar in die pragtige Perth het ons geweet ons verkies ons hartland, Suid-Afrika, bo alles.

In die tyd dat ons terug is – 2007 en 2008 – is soveel mense na aan my dramaties geraak deur moord.

Net gister weer (Dinsdag 28 Oktober) is ’n 16-jarige meisie in ons gemeenskap wreed verkrag. Sy is die mooiste mens en verdien nie die hartseer wat sy nou beleef nie.

Ek is ’n hulpleraar by die NG Familiekerk Kameeldrift en verlede week is nog een van ons gemeentelede, Rudi Roach, wreed vermoor.

Ons omgewing is deesdae ’n slagveld en wat aan die gebeur is, is onaanvaarbaar. Ons betaal almal belasting en verdien die basiese reg om deur ons regering beskerm te word.

Op 25 Mei, kort nadat Adriaan Steenberg van ons gemeente voor sy kinders vermoor is, het van ons gemeentelede hul hare afgeskeer om ons afhanklikheid van God te beklemtoon en ons medelye te toon met almal in ons gemeenskap wat al so wreed deur geweld en misdaad geraak is.

Nadat my pa, Ludwig Krause, in 2005 op ons kleinhoewe aangeval is, het ek ’n protesbrief aan oudpres. Thabo Mbeki geskryf, maar geen reaksie van die regering gekry nie.

Soveel sakeondernemings in ons omgewing loop erg deur. Hierdie sakemense skep werk en bevorder die ekonomie, maar word nie beskerm nie!

Ons wil ons nuwe president, mnr. Kgalema Motlanthe, uitdaag om daadwerklik vir ons te wys hy is ernstig om geweld en misdaad te bekamp om sakelui en die publiek sodoende moed te gee vir die toekoms.

Hy moet besef misdaad en geweld is besig om ons volk te verniel, te verdeel en te vernietig.

Die tasbare gevolge van misdaad is skokkend, maar goed wat gesteel word, kan vervang word.

Wat ons dieper raak, is die onsigbare gevolge van misdaad. Vrees en onsekerheid lê vlak in ons gedagtes en raak ons optrede. Mense vertrou mekaar nie meer nie en naasteliefde verdamp.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo