News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 10°C 26°C
KPT 16°C 23°C
JHB 10°C 24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
01/11/2008 21:54  - (SA)  
Kameeldrift, plek van ‘volksmoord’
Marthinus van Vuuren    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mev. Leonie Steenberg vertel hoe haar man, Adriaan, in Mei in hul huis in Kameeldrift tydens 'n rooftog doodgeskiet is. (Foto: Brendan Croft)

Verwante Berigte
  • Verkragte kind (16), gesin vertel van aanval in huis
  • Asseblief, president Motlanthe, help ons tog!

  • Kameeldrift

    Byna 500 hande was Donderdagaand in ’n stampvol NG kerk Kameeldrift-Oos in die lug.

    Dit was nie vir lofprysing nie, maar om aan te dui dat die mense al slagoffers van misdaad was en om hul misnoeë met die “oorlog” of “volksmoord” in die gebied te kenne te gee.

    ’n Ruk later was al die hande weer in die lug.

    Dié keer ter ondersteuning van ’n mosie van wantroue in die polisie, bepaald supt. Edwin Lelaka, bevelvoerder van die Kameeldrift-polisiekantoor, wat duidelik besig is om die stryd teen misdaad in die gebied te verloor.

    Verskeie inwoners van dié hoewegebied in die noordooste van Pretoria het voor die vergadering vertel hulle is moeg daarvoor om elke oggend wakker te word en dankbaar te wees dat hulle in die nag niks oorgekom het nie.

    Een van die rolspelers in die gemeenskap is me. Liesel Krause-Wiid, bekende sakevrou, motiveringspreker en voormalige Mev. Verenigde Nasies Internasionaal, wat as hulpleraar in dié gemeente dien.

    Nadat sy en haar man, Siebert, in 2006 ’n jaar in Perth, Australië, gewoon het, kon hulle nie wag om terug te trek Suid-Afrika toe nie. Dit is onder meer die mense, taal, kultuur en leefstyl wat hulle teruggelok het. Maar misdaad is besig om hul tuiskoms te oorskadu.

    “Ons slaap nie snags nie. Elke geluidjie maak ons wakker. Ons én ons kinders leef in vrees.”

    Kameeldrift is die afgelope maand weer deur ’n vlaag gewelddadige huisrooftogte getref.

    Die afgelope week het twee voorvalle ’n opskudding veroorsaak. Een was ’n gewapende huisrooftog waarin ’n 16-jarige meisie verkrag is.

    En in die nuutste misdaadvlaag is dit die gemeenskap wat die polisiëring doen terwyl die polisie meestal hul skouers optrek, sê mev. Marietjie Peense, bevelvoerder van Kameeldrift se buurtwag.

    “Ons wil met die polisie saamwerk, maar ons is vuisvoos. Nadat ons bedags gewerk het om kos op die tafel te sit, moet ons saans patrollie ry. Ons kry geen hulp nie. Boonop ken die polisie die gebied nie.”

    Sy vertel ’n uur en 45 minute het verloop voordat die polisie by die toneel van die huisrooftog aangekom het.

    Me. Leonie Steenberg, wie se man, Adriaan, in Mei tydens ’n gewapende rooftog in hul huis in die gesig doodgeskiet is, glo daar is ’n verskuilde agenda agter die misdaadvlaag.

    “Wie gee die opdragte? Hoekom is dit net jong mans wat doodgeskiet word? Dit is volksmoord. Hulle het net ingekom en geskiet nadat daar vantevore meer as 35 keer by ons ingebreek is.

    “Nadat hulle Adriaan geskiet het, het ek nooit die idee gekry hulle gaan my skiet nie.

    “Adriaan was ’n rustige mens. Ek het gereeld gekla en gesê hulle gaan ons nog in hierdie huis kom doodmaak, maar Adriaan het gesê ek moenie toelaat dat ander mense my bangpraat nie.

    “Ons gesin is ontneem van ’n man wat vir ons gesorg het. Ons was verseker van ’n toekoms. Nou weet ons nie meer waarheen nie. Ons kan ons huis nie verkoop nie, want niemand sal ’n huis koop waarin iemand vermoor is nie.”



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Reis en Verblyf
    Motor- & huisversekering
    Kry R100 gratis by Piggs Peak
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Rapport-foto's
        Stem
    Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo