News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 10°C 22°C
KPT 16°C 23°C
JHB 10°C 17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
15/11/2008 22:14  - (SA)  
Breyten kasty SA as land van wanhoop in ope brief aan Mandela
Charles Smith    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Breyten Breytenbach.


Washington

Die Afrikaanse digter en skrywer Breyten Breytenbach val oudpres. Nelson Mandela kwaai aan in ’n Amerikaanse tydskrif oor die geweld, magsvergrype en korrupsie wat Suid-Afrika verwoes.

In ’n ope brief in die Amerikaanse tydskrif Harper’s Magazine skryf hy aan Mandela dat hy hom “die aaklige ding moet meedeel: As ’n jong Suid-Afrikaner by my wil weet of hy of sy die land moet verlaat of nie, sal my bitter raad wees dat hulle moet weggaan.”

In die artikel onder die opskrif “Mandela’s smile: Notes on South Africa’s failed revolution” noem Breytenbach ontstellende voorvalle van geweld wat daagliks plaasvind en hom ook al geraak het.

Sy oudste broer se seun is buite ’n restaurant gesteek en die meslem het sy long deurboor. Die polisie het nooit opgedaag nie. Hy is gered omdat sy metgesel haar vriend in Australië met haar selfoon gebel het en hy ’n verpleegster wat hy in Johannesburg ken, kon bel.

Die vrou was op haar eerste besoek aan Suid-Afrika, maar het die volgende dag vertrek en “gesweer om nooit weer terug te keer nie”.

’n Ouma van ’n nabye vriend – so oud soos Mandela – het haar aanvallers gesmeek om nie verkrag te word nie en die nefie van ’n mede-skrywer is in sy eie huis vermoor.

Hy verwys na speletjies soos “hit me, hit me” en “rape me, rape me” wat in Suid-Afrikaanse skole gespeel word wat volgens die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie wys op “die omvang en vlak waartoe die verdierliking van die jeug strek en hoe endemies seksuele geweld in Suid-Afrika geword het”.

Jong mans se ergste vrees in Suid-Afrika is om vir ’n verkeersoortreding opgesluit te word in ’n polisiesel en in die nag verkrag te word deur MIV-positiewe aangehoudenes; oë word uit lyke gepluk vir moetie en dooies word opgegrawe vir hul kiste.

Die hartseerste geval is ses jong, bruin plaaskinders van tussen 9 en 15 jaar wat kaalvoet en “maer soos bidsprinkane” aan mekaar vasklou waar hulle in die hof verskyn omdat hulle ’n 11-jarige meisie oor ’n bottel goedkoop wyn met klippe doodgegooi het.

Of, in ’n ander berig, omdat sy dalk vigs het.

Breytenbach wil van Mandela, wat hy soos sy eie pa beskou, weet: “Het u, het ons, ernstig gepoog om ’n demokratiese bestel in Suid-Afrika teweeg te bring met sy wigte en teenwigte en rekenpligtigheid? Of was dit om iemand terug te kry vir die koloniale sondes?

“Hoe lank kan ons voortgaan op die skisofreniese mespunt tussen die diskoers van gelykheid en geregtigheid en die praktyk van plundering en arbitrêre mag? Hoe lank nog kan die dubbelpratery volgehou word vir die volk en vir die buitewêreld? Hoekom het die menselewe geen waarde nie? Is dit tradisioneel?”

Breytenbach vra Mandela of hy weet dat “nasionale bevryding” deur vernedering en misbruik (soos in Algerië, Angola, Guinee-Bissau) die droom verwoes van ’n moderne Afrika wat stam uit die Afrika-wortels en -realiteite.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
sondige wêreld en kapitalisme, 20/11/2008, liza
sekte los hierdie probleem ook nie op nie inteendeel dra daartoe by dat hier die sondige wêreld nog sondiger word!
breyten, 19/11/2008, boereklong
Breyten is reg, hy was ook verban deur die wit apartheids regering omdat hy vir geregtigheid gestaan het. Nou gee hy weer komentaar oor wat verkeerd is aan die vader van Suid afrika. Julle wat hom kritiseer, wat het jy die week gedoen om die misdaad hok te slaan en suid afrika te red, die feit dat jy in Sa agterbly maak nie noodwendig dinge beter nie, elkeen werk net harder en probeer meer geld maak om Bo uit te kom en hoer ge elektifiseerde heinings aan te bring. 400 jaar terug het wit mense in afrika aangekom, nou wil hulle ons nie meer daar he nie, ons het hul verkeerdelik onderdruk, nou sal hulle ons die land uit dryf of uit moor. Kies wat gaan van jou kinders se kinders word. Arabiese wette, enigste uitweg.
negatiewe postings blaas net haat aan, 19/11/2008, liza
en los nie n enkele probleem op nie! suid afrikaners gee vir almal en alles die skuld sonder om die fout by hulle self te soek en as die skoen te erg knyp skuif hulle na n ander land met die groot trek! onder die ou bedeling was die einste ouens diegene wat ander as souties en kaaskoppe uitgeskel het!
alles net afbrekende kommentaar, 18/11/2008, liza
en dit dra NIKS by tot n beter Suid Afrika nie!
Sondige wereld, 18/11/2008, Matt Heyns
As ons almal weet dat die sosiale orde op hierdie planeet vernietig sal word, ter voorbereiding van die vestiging op aarde van die Koninkryk van ons Skepper, waarom stry/stoei ons so knaend teen die oorhoofse waarskuwing? Ons moet ons geestelike opdragte uitvoer anders gaan ons, soos die kaf, verbrand word. Arme Mandela en de Klerk het maar net opdragte van die wereld se kapitaliste (base) uitgevoer om kapitalisme se vootbestaan te verseker en is, soos alle mense, magteloos teen hierdie historiese kragte wat die verwoesting van die wereld vooraf sal gaan. Verseker!
Liberale se groot dwaling., 18/11/2008, Brentie
Liberale en humaniste waaronder Breytenbach,De Klerk ens tel se groot dwaling was dat hul geglo het daar daar in elke mens iets inherent goed is en dat die mense met wie hul onderhandel het en wie se loslating hul so met welsprekende woorde bepleit het tuis en op internasionale forums die deursnee mense verteenwoordig van die mense van hul onderskeie bevolkingsgroepe. Dat hul die pot ver mis gesit het en nie reken gehou het dat daar 'n groot geweldadige element onder die groepe was waaruit die onderhandelaars gekom het is duidelik. Die moorde op polisiemanne en die gruwelike halssnoermoorde was duidelike tekens dat daar elemente was wat tot die uiterste sal gaan om hul sin te kry en geen flenter om gee vir menselewens ongeag hul kleur. Niemand het ook op plaaslike regerings- vlak ag geslaan dat onderhandellaars wat die 'verdruktes' verteenwoordig het meer belanggestel het aan hoeveel geld daar in die koffers was as om uit te vind hoe dinge werk. Hul is dan ook goed bygestaan deur 'wit ondersteuningsgroepe'. Dit was nogal 'n openbaring om te sien dat die 'comrades' in se maar 'lokasies' maklik 'n veiligheidswag as 'Stadsklerk' aangestel het en hoe verontwaardig die was toe die na amalgamasie maar weer net 'n skuriteitswag was. Minder snaaks was die feit dat Stadsklerke met talle grade ,waaronder sover ek kan onthou 'n siviele ingenieur met ook ander grade,spoedig eenkant toe geskuif is en deur die nuwe 'base' aangestel is na wat ek verneem het om opnames te maak oor beskikbare kantoorruimte. Om te sien hoe van die mense soos wolwe op eetgoed toegesak op die kostafels en met borde vol kos weggestap het na samesprekings was 'n verdere openbaring. Dit moes werklik vir hul die vleispotte van Egypte gewees het.Daar was dus oral tekens dat alles nie pluis is nie maar in die gees van onderhandelinge en die euforie wat daarmee gepaard gegaan het is selfs die feit dat onderhandellaars hulself papnat gelag het en hulself verskoon het en gaan 'toesluit het' vir 15 minute en langer nadat Roelfie 'onvoorwaardelik oorgegee het tot 'n meerderheisregering van 'een man een stem' is in die gees van die tyd van 'n beter more oorgesien. Die wigte en teenwigte van Mnr De Klerk en plakate van eie skole ens was toe al die tyd bokkerol werd en het 'n tydperk van ekonomiese groei gepaard met uiterste geweld teenoor veral die wit bevolking en inbesonder die boere en later mense van ander kleur aangebreek. Die feit dat die vorige regering meer as 130 000 huise in tuislande gebou en hospitalisasie daar 7 keer toegeneem het en miljoene rande ingepomp is,het niks getel nie. Ander alternatiewe veral van regse kant af is eenvoudig afgelag en van die tafel gevee en het onderhandellinge soos 'n trein sonder brieke voortgesnel na dit na wat Suid Afika vandag is. En dit is die realiteit waarin ons moet bly lewe en werk en niks wat ek of ander skryf of se gaan dit verander nie. So ons 'Adapt or die' of vat ons goed en trek.Elkeen maak die keuse wat hom die beste pas,ook Breytenbach. Ek het groot respek vir mense wat se dat as alle mense tot bekering kom daar 'n beter Suid Afrika sal wees. Die feit is egter dat die mens verantwoordelik is vir sy eie keuses en dat God nie sy engele gaan steur om jou te beskerm teen misdadigers nie. Selfs God se uitverkore volk het met die terugkeer uit balingskap Jerusalem herbou met die bybel van die tyd in die een hand en die swaard in die ander. Dus is dit elkeen se plig om met 'n gebrekkige en onbekwame polisiemag die nodige voorsorg maatreels te neem om lewe en goed te beskerm en dan gelowig te bid dat God sy handewerk sal seen en as dit nie gebeur nie soos Job opstandig te raak nie want in lewe en sterwe weet elke gelowige dat Christus lewe en die wat hom aanvaar het vir 'ewig' hierna sal lewe en dat geen Owerheid,boef,skurk of watter mag ook al dit van jou kan wegneem nie.
Morele bankrotskap, 18/11/2008, Anne-Marie Potgieter
Die siniese bitter kommentaar op Breyten se brief is bewys van hoe gestroop baie Suid-Afrikaners is van diepgewortelde morele waardes en burgerlike openbare verantwoordelikheid. Dink mense regtig dat as ons die ou SA behou het waarin die grootste deel van die bevolking uitgesluit was van vryheid, gelykheid en menswaardigheid dit vandag met ons beter sou gaan? Kolonialisme en Apartheid het wit en swart in 'n staat van morele bankrotskap gelos. As ons nie mekaar kan respekteer as mense nie is daar nie hoop nie. Die vraag is wie gaan ons uit hierdie moeras uit lei in vandag se SA?
Brytie, 18/11/2008, Jacques Viljoen
Jy het die hele sub-Sahara Afrika as 'n voorbeeld gehad om te bestudeer, maar soos meeste soekers na wind, verkies om DAARDIE realiteite te vermy? En NOU wil kom PRAAT in plaas van doen? Niks het verander nie. Miskien moet jy vir jou 'n pakkie "quick slim" koop daar in die paradys waar jy vinger wys. Kan nie aan enige-iets anders dink wat van meer hulp sal wees nie. Stommerik is nie die woord nie. Eenvoud te ingewikkeld. Gaan speel op die treinspoor asb.
Ag pleeze!, 17/11/2008, Cathy
"Die meeste rassiste het al geimmigreer. As die laaste ou spulletjie nou ook net wil gaan.... Eers dan kan SA op bloei en gesond word" Waar val hierdie kommentator uit die boom uit? Die meeste realiste het alreeds Suid-Afrika verlaat. Hulle weet daar is geen salf meer aan te smeer nie. Die res van Afrika se donker skaduwee het ook oor Suid-Afrika geval. Die pad vanaf Darfur en Zimbabwe is reeds tot in Kaapstad geteer. Die onheil van die Kongo se moord, verkragtings en folterings speel hom elke dag in ons mense se huise en op ons plase af. Vlug, as julle kan! Die uiteinde gaan net so 'n groot verskrikking wees soos in die res van Afrika. Mandela kan nie help nie, maar Malema sal. Hy's reg om dood te maak en een of ander tyd gaan Zuma wel sy masjiengeweer weer opgrawe. Die beskawing is gedoem in Afrika. Diegene wat weg uit die land is, verteenwoordig al die rasse (koebaai aan die "rassiste" idee). Hulle het egter almal sorgvuldig hulle Bybels gepak en bid steeds tot onse Heiland. Hy rig en lei hulle selfs in die vreemde. Ons het probeer om Sy lig in Afrika te laat skyn, maar die bose, muti-dokters en Afrika religie wou nie wyk nie. Ons lig kan net so helder elders in die w?ld skyn. Die afstammelinge van ons voorvaders kan en sal weer elders 'n verskil maak, net soos hulle dit aanvanklik in Afrika gedoen het.
Breyten, 17/11/2008, SuidAfrikaner
Ek glo dat hierdie land 'n blink toekoms het en dat ons op die drumpel van 'n groot vooruitgang, polities, ekonomies en sosiaal, staan. Daar is 'n vloedgolf van bekering en vernuwing in ons land. Die toename in misdaad oor die afgelope jare is ook nie uniek aan SA nie, kyk maar in die internasionale pers, so moenie alles aan die voete van die hudige regering le nie. Elkeen van ons is ook verplig om 'n bydrae te lewer om die mense in jou eie omgewing op te hef, op te voed en te beveilig. As elkeen net besef dat ons as individue, gesamentlik op die einde van die dag dit vorm wat bekend staan as 'die volk', en ons pligte nakom, sal alles verbeter. Ons is nie wity, swart, bruin, geel of enigiets anders nie, ons is vaders, moeders, kinders, wat wil werk, skoolgaan, leef en geniet, en ons God dien in veiligheid en vrede. Die geharde en onmenslike kriminele is regtig 'n verskriklike klein minderheid. Kom ons verplaas ons energie na opbouende aksie en debat, eerder as om hierdie minderheid soveel aandag te gee dat ons daarvan agteruitgaan. Ek is hier om te bly. SA, ons is lief vir jou.
Geskiedenis, 17/11/2008, C V
Los die mense uit wat hul kinders na groen weivelde lei! Al wat ons nou kan doen en nodig het is 'n tweede MOSES om ons hier uit te lei! SA is nou deel van Afrika!
SELFS OU MENSE WAAI, 17/11/2008, Marisa Vosloo
Breyten is heeltemal reg. Ek sukkel nog om my jongste te oortuig om SA te verlaat. Ek en die oudste is reeds na verskillende uithoeke van die wereld.
Hoop, 17/11/2008, CJ
Ek hat SA in 1997 verlaat. My kinders het hul skool in NZ en Aus voltooi en my dogter kom terug huistoe om in Pretoria te studeer. Ek het al die jare hulle terug na SA gebring om te sien waar hulle ware huis is. Probleme , ja , dit het SA om eerlik te wees hier is ook probleme in NZ en Aus. Have faith in your country. Ek beplan om ook binne kort terug te keer na SA. Dit is n keuse en geweld moet beveg word maar ons sal almal moet saamwerk.
Die Staatspresident , 17/11/2008, Luka Nel
Graag wil ek net vir Herman Le Roux reg help ? Ons staatspresident het sy eggenoot gelos en was op soek na n griekse jag maar het teruggekeer met n griek.
So waar, 17/11/2008, Mooi so
Breyten is dood reg, slaan die spyker op die kop. Skree maar net wat julle wil vir hom, as jy nie die waarheid in sy woorde sien nie dan is jy blind. Verlaat die land en maak gou voordat dit te laat is.
Breyten en Die Brief, 17/11/2008, Amorita van den Heever
Ek vind die hele polemiek oor Breyten se briefie nogal heel vermaaklik. Mense soos ons liewe Breyten is een van daai soort wat altyd met alles ontevrede is. Hulle laat dink my so aan die storie van die hond wat die karre jaag. En as hy nou die kar gevang het, weet hy nie juis wat om daarmee te maak nie en wil hy dit ook nie meer he nie. Want van naderby lyk die kar, wat van ver af so mooi geblink het, nou glad nie meer so pragtig nie. Die ding is vol duike en roeskolle, sy verf is gekrap en sy ruite is vuil. Sorry pel, is nou jou kar, jy't mos gehardloop om hom te vang.
Almal het 'n stukkie waarheid, 17/11/2008, Gert
Ja, dis nogal 'n galgebraak oor Breyton se storie - voel jy regtig beter na jou kommentaar? Ek glo elke nasie/ras/stam het spesifieke 'trademarks'. Op die plaas grootgeword, verstaan ek wat gebeur. Ons bediende het daardie tyd gese hulle is bang vir hul kinders wanneer hulle groot word. Daardie kinders is nou in beheer en ook hulle is bang vir hul kinders. Die mens se handleiding(en nie die voorvader-geeste nie) se hoe moet jy jou kinders grootmaak, dat hulle na jou kan kyk as jy oud word. Wat ons vandag in S.A. sien, is die duiwel in praktyk, "die duiwel is los". Mense, dis wat gebeur as 'n mens die Here verlaat/sonder hom leef - die bose het vrye teuels en hy (laat) moor, roof, steel, ens. Daar is net een weg wat beter is en die bose siklus kan breek - opregte soeke, bekering, wedergeboorte = nuwe, hoopvolle, beloftevervulde lewe. Daar is een krag wat sterker is, die Heilige Gees - luister maar na die getuienisse van mense wat een-tot-een met die booshede te doen gekry het. Daar is net een mag wat groter is - God ("unlimited"), deur sy Heilige Gees. So, wat moet ons doen? Bekeer jou en laat jou doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en jy sal die Heilige Gees ontvang. "There's only one way - God's way"
Breyten, 17/11/2008, L Kriel
Die meeste rassiste het al geimmigreer. As die laaste ou spulletjie nou ook net wil gaan.... Eers dan kan SA op bloei en gesond word
Breyten se brief aan Mandela., 17/11/2008, Betsie Vrey
Ek lees met wrewel hoe bekommerd is Breyten kamtig skielik oor SA. Hierdie verfoeilike, Afrikaanse, wit Jingo moet nou gedwing word om te gaan woon in Pretoria of Johannesburg se middestede. Saam met sy Asiese vrou. En saam met al die oud-PFP's, NP's en JA-stemmers van 17 Maart 1992. Betsie Vrey.
Klagtes oor toestand in Suid-Afrika, 17/11/2008, Tomas Floyd
Almal wat Breytenbach verwyt oor wat hy in die verlede gedoen en gese het skynbaar vergeet wat ons as Afrikaners aan ander gedoen het. Daarom het ons die stert geword al was ons vroeer die kop. Lees maar die vloeke in Deuterneumium 28. Ons het gesaai en nou maai ons die gevolge. Word wakker en bekeer julle!!
Breyten Breytenbach- Jesus die antwoord, 17/11/2008, Mark Watson
Groot dank aan Beeld wat ons nog ingelig hou en 'n mate van 'n mondstuk is.Australia
breyten se brousel, 17/11/2008, Boeremeisie in die buiteland
Ek lewe self sedert 1989 in Europa weens my beroep, en bly hier ook weens my familie se veiligheid. My ouers is in Oktober in SA deur gewapende rowers oorval en het met geluk, moed en vasberadenheid fisies ongedeerd oorleef. Nogtans wil hulle in die land bly terwyl hulle nie wil he dat ek moet terugkom nie. Ek stem saam met "stem saam" dat n land dissipline en verantwoordelikheid vir dade moet verstaan, en in Europa is daar nie eers genoeg daarvan nie. Toe Breyten sy talent gebruik het om die land in n moordende kleptokrasie te verander, moes hy ten minste so naief soos nou gewees het. Dink hy regtig dat enige buitelandse staat of bevolking n duit omgee as hulle nie n eie voordeel daaruit trek nie? Hulle trek hulle skouers op en konsentreer op hulle eie voor / ageruitgang. Vermoorde Suid-Afrikaners, veral boere, haal nie die nuus of die medelye lysies nie. Die Mandela helde-saga is die suksesvolste advertensie veldtog in die Afrika geskiedenis. Onthou watter held mal Bob in 1978 was? Wat sou gebeur het as dierbare Madiba so lank in bewind was, of sou die wereld sy aandag op n ander gemaakte held gevestig het? Soos die eerbare, goedhartige en vir Afrika hoogsgekwalifiseerde Zuma? Terloops, Afrikaners wat elke dag in Afrikaans kommunikeer skryf skokkend slegte Afrikaans!
Breyten, 17/11/2008, John
I doubt that Breyten fought for the current situation in SA - What he fought was the apartheid system which created the monster we now have in SA. In my opinion, he has more right than most to be critical of the current situation in SA. Maybe if he, and others like him were listened to 50 years ago we would not have allowed the hate to be built up. As Alan Paton said all those years ago through a character in his book "Cry the Beloved Country" "I have one great fear in my heart, that one day when they are turned to loving, they will find that we are turned to hating."
Nou's ons trots op ons suffering!, 17/11/2008, BRB
Ek moet se dis baie hartseer om te sien hoe passievol die skrywers hierbo hulle en die res van SA se haglike situasie verdedig. Noem 'n graaf 'n graaf. Dis verbysterend hoe Breyten nou die skurk is omdat hy verkragting, moord en geweld aanspreek. Moenie mense wat nie bereid is om hierdie skande te aanvaar nie, kritiseer nie. Julle klink soos 'n klomp ou tannies in 'n huis vir bejaardes wat trots op julle kwale. As julle nie ons verlore, gebroke land kan verlaat nie, stem ten minste saam HOE haglik dit is. Moenie jul blind staar nie. Selfs die res van Afrika het minder geweld as Suid Afrika.
Hartseer, 17/11/2008, Helien Snyman
Ons bly in Australia.Ons verlang om terug te gaan na S.A. Ek lees die Beeld elke oggend. En al die harteer wat in die koerant is, is vir my n bitter pil om te sluk, rn soms trane inn my oe is. Maar die geweld laat dit nie toe nie. Hoekom bring die regering nie die doodstraf terug nie?. Hoekom stem ons nie vir die doodstraf nie?. Ek is seker almal sal doodstraf wil terug he, hoekom moet ons so in vrees bly, Ons jong mense, en geleerdes stroom die land uit. Hoekom word die boere so vermoor? hulle is die mense wat kos op ons tafel sit. S.A. is n pragtige land en daar is geen land wat so mooi is nie, en ons het alles in S.A. Hoekom moet alles so vernietig word. Die doodstraf sal die land regruk. Hoekom probeer die regering nie, as hy dan regtig so sterk begin voel oor die geweld. Ek hoop en bid dat die nuwe regering die regte besluite sal neem oor geweld. Dat ons almal weer vry kan lewe.
Breyten, 17/11/2008, Sue - VSA
Welkom in die VSA. Hier is die First Amendment (Freedom of Speech) koning. En mnr Breytenbach is beslis geregtig op sy opinie. Maar ek hoef nie met hom saam te stem nie en ek hoef nie sy negatiwiteit te deel nie. Ons is nou 8 jaar in die VSA en begin aktief planne maak om huis toe te gaan. Want ons glo met die ondervinding wat ons hier opgedoen het, kan ons 'n positiewe bydrae lewer. So laat die man gerus kommentaar lewer. Dit wakker ten minste debat aan. Intussen wag ons vir 'n verkiesingsdatum sodat ons kan seker maak ons is by die huis om te stem, want dis die eerste stap vorentoe.
breyten die NAR, 17/11/2008, willem
Breyten dink nog steeds Mandela voel iets vir hom (of enige iemand anders). Mandela is maar net 'n besonder bekende KOMMUNIS, soos Lenin ens. - geen verskil. Google Mandela se boek "HOW TO BE A GOOD COMMUNIST".
Staan saam, 16/11/2008, Martinella
Breyten is toevallig een van my ma se klein neefs. Dit beteken niks, maar wat wel iets beteken is dat almal moet saamstaan om weer ons pragtige land te red. Ons het ook gevlug agv my man se werk en glo my dit is nie die beste ding om te doen nie. Ek wens en bid elke dag dat ek kan terug gaan maar dit is ook nie so maklik nie. Ons moet aanhou bid dat hierdie nuwe verkiesing dalk nuwe hoop sal gee. Hulle moet eerste van al die onwettige immigrante ontslae raak want hulle is 'n groot probleem. Ons is 'n pragtige volk en ons moet sterk bly
afrikaners is plesierig?, 16/11/2008, liza
en dan maak hulle so? ek woon in die buiteland sedert die 80's. kom gereeld 3 keer per jaar kuier in die kaap. opvallend hoe haat soos kanker deur die mensdom vreet en die afrikaners is hier geen uitsondering nie. jy moet jou naaste liefhe soos jouself? dan moet ek aflei dat baie ouens met hulself nie klaarkom nie...
Wat help dit om vir Mandela te skryf?, 16/11/2008, Diebliksemin
Terwyl jy vir Mandela skryf, skryf sommer vir Vader Krismis ook. Stuur 'n e-pos aan die tandemuis, SMS die paashaas en faks die tokkelosie. Jy sal eerder van hulle hoor voordat Mandela sy spyt sal uitspreek oor die anargie warvoor hy en sy meelopers verantwoordelik is.
breytenbach, 16/11/2008, wipgat
Dit lyk my boetjies sal NOOIT leer om n ander se opienie te respect nie! Dan kla hulle dat ding so is, soos wat dit is? Vee eers voor julle eie deur. By the way, waarnatoe wil julle weghol?
breyten se brief, 16/11/2008, Paul Kruger
Breyten, die Profeet was destyds ook nie in sy eie land geeer nie. Vergewe die sinici - ek bid dat hulle regtig nie weet wat hulle doen nie. Die bitterbekke en -balle oorsee het in elk geval geen se in die saak nie. Waar eien hulle vir hulself die reg toe om in Aus te sit en kef oor wat hier aan die gang is? Kom huis toe as julle wil saam praat; so nie, doen wat jy moet in die land van jou keuse. Jy het jou reg om dit hier te doen vrywilliglik prys gegee.
Breyten kasty SA as land van wanhoop in ope brief aan Mandela 15/11/2008 22:14 - (SA) , 16/11/2008, Danie Gerber
Tipies Suid-Afrikaner!! Altyd gereed om met die stok andere in pyn verder te stenig!! In plaas van aktiewe deelname, wend ons ons tot afbrekende kritiek, dit is hartseer.....dan noem ons onsself Christene......die Liewe Vader Huil in Sy Hande!!!!
AGsiesd Tog... Breytenbach, 16/11/2008, Hennie
JA Breytenbach!!!!!! en waa rbly jy nou??? Seker oorsee en dis jou geboetie,boetie dat ons arme drommels nou met die gebakte pere sit... DANKIE vir NIKS.... en jy MOAN omdat jou familie deurloop onder geweld dis nie n druppel in die emmer nie man, jy het en bly leef in n beskermde wereld dis die plain ou op straat wat nou met die geweld ( uurliks ) moet saamleef. En jy kla...DIS TE LAAT..... Dankie weereens ek hoop jy slaap lekker as ons uitgemoor word... ( wit en swart) Dankie
Breyten kom huistoe, 16/11/2008, Chris Botha
Breytenbach is net soos alle radikales. Neuk alles op en hardloop dan weg.
Breyten se brief, 16/11/2008, Cobus
Ek was nog nooit in my lewe 'n aanhanger van Breyten Breytenbach nie, en die kanse dat dit gaan gebeur in die toekoms is ook nie goed nie. Baie van die kritiek wat nou hier teen Breyten gebesig word mag moontlik die waarheid wees, maar die politieke na?teit van die Afrikaner laat my totaal verstom staan. Ek vra my die vraag af van hoeveel van hierdie kritici sedert 1994 hulle moue opgerol het en aktief gewerk het vir iets beter as wat nou op die tafel is? Ek wil 'n skoot in die donker waag en beweer dat bitter min van bogenoemde bereid was om hul goedgemanikuurde pootjies uit te steek, en met politiek te "bevuil". Maar vinnig is hulle om die pen op te neem en hul misno?et Breytenbach te kenne te gee. Beteken al hierdie kritiek dat elke Suid-Afrikaner nou die reg verbeur het om sy/haar opinie te verander? Speel dit nie so reg in die kraal van di?aaroor die kritiek die felste is, die ANC, nie? Ek dink so. Politiek was nog altyd 'n spel van "hond-eet-hond", ongeag aan watter kant van die draad jy staan. Dit was Plato wat ges?et dar demokrasie nie sal werk nie, want jy sal slegs die bestes van die slegstes kry wat sal belangstel, en sodoende hulself uit die hole op te hef na meer. Ongeag die feit dat Breytenbach die nuwe bedeling bepleit het, moet sy skrywe eerder as positief gelees word, want uit eie geledere begin die verrotting nou stadig maar seker wegvreet aan 'n totale oorheersing. Die glas is nie half leeg nie. Dit is half vol. Daar is momentum is die Suid-Afrikaanse politiek weg van die ANC. Nou is dit meer as ooit tevore nodig om te verenig, en nie die politieke vyand te beveg wat jou saak versterk nie, maar om op te staan en te veg teen die politieke vyand wat jou ondermyn.
Breytenbach is geregtig op sy opinie., 16/11/2008, Brentie
Breytenbach soos elkeen van ons is geregtig op sy opinie.Hy het hom beywer vir 'n bestel wat hy geglo het anders sou verloop as wat hy verwag het. Hy is nie so dom dat as hy geweet het dat moord drievoudig gaan styg,met 'n regering wat sy agterent afvee aan die bestryding van vigs en eerder glo aan knoffel en beet,hy sou betoog het vir die vervanging van apartheid. Apartheid kon nie langer op grond van die bybel en veral die nuwe testament verdedig word nie,maar so ook kan rasse-integrasie nie op grond van die bybel verantwoord word nie. Die mens is tog immers geskape as 'n aktiewe en nie passiewe wese nie. Ongeag hoe die meerderheid by hul besluit uitgekom het dat apartheid afgeskaf moet word en met 'n bestel met ramspoedige gevolge vervang moet word is nie tersake nie.Dit is gedane sake.Niemand is gedwing of om 'ja' of 'nee' te se nie en as jy nou voel dat dit die verkeerde besluit was kan dit nie ongedaan gemaak word nie. Ons moet eerder mense met redelikheid van standpunt probeer oortuig dat daar beter maniere is waarop elke bevolkingsgroep hulself kan uitleef sonder om deur ander onder geploeg te word.Dit beteken nie 'n terugkeer na apartheid nie maar wel so iets dat elkeen verwonderd gestaan het toe die Heilige Gees uitgestort en elkeen in sy eie taal gehoor het oor God se verlossing. Slegs as groepe mekaar se taal,kultuur en geskiedenis begin respekteer as iets unieks en dat elkeen daar binne tot sy volle reg kom sal dinge begin verander.Tot dan sal dit wat die die Blankes vermag het en veral as draers van Apartheid 'n verdelende en nie 'n helende faktor bly. Jammer maar as Apartheid nie gewerk het nie dan werk die huidige bestel nog minder want onder apartheid was een bevolkingsgroep darem nog,miskien ten koste van ander veilig,maar tans is niemand veilig nie en is dit dus in die lig gesien 'n stap agteruit al klink dit ook selfsugtig.
Breyten Kommentare, 16/11/2008, Des
Toe lees ek alles wat gese word. Ek raai aan dat Pieter vir Bee aan die handjie neem en by die brug afspring. Mense soos julle maak my siek. Ons het maats in sakke teruggebring van die grens af om hierdie gemors uit die land te hou - julle was natuurlik nie daar nie. Was een van julle familie of vriende al verkrag, gekaap, geroof of een van die ander 100 dinge wat gebeur?
Breyten, 16/11/2008, David
Breyten, jy het met al jou hope energie en verstand vir die huidige bestel baklei. Jy het, saam met jou mede "vryheidsvegters", vir hierdie gemors geveg. Kom terug SA toe en deel die "vryhede" met jou mede Afrikaner!
Breyten, 16/11/2008, Rene van Wyngaarden
Tog snaaks dat die stomme Breytenbach altyd die sondebok is. Is dit nou dieselfde mense wat hom gekruisig het toe hy wou terugkom Suid-Afrika toe wat nou so gal braak? Tipies, solank jy lieg en bedrieg en met oogklappe loop is dit oky. moet asseblief net nie die waarheid praat nie! En om 'n holrug geryde cliche te gebruik. My volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan onkunde. Maar doe so voort. Dis presies waarvoor die politici hulle beywer!
in 1994 het ons hoop gehad..., 16/11/2008, TC
...dit is vernietig. Waarheen nou?
Breyten Brief, 16/11/2008, Proud South African in the UK
Ek kan nie wag om huistoe te kom nie - kom ons gaan almal huistoe en vat hande en ruk ons land reg - ONS KAN MOS!! - ONS WEET HOE!! - Ons kan nie toelaat dat ons land so vernietig word - en Ja ons sal moet baie opoffer maar ons het ons jongmense, en die breinkrag nodig wat die land alreeds verlaat het. Breyten hou op met kwaadstook - jy is siek - hou op moan en gaan terug na jou geboortedorp -Wellington en help reg ruk waar daar vermoor en verkrag word - YOU COWARD!
Die waarheid maak seer, 16/11/2008, Heinrich
Ek stem volkome saam met alles wat Breyten se.As `n persoon wat greeld reis ,vergelyk ek altyd ander lande met Suid Afrika.Onlangs was ek bv in Chile,daar sien jy nie huise met diefweering aan nie.Motor voertuie staan in die straat oornag en die volgende oggend is die motor nog daar ,net soos dit gelos is die vorige nag.Die mense van Chile mag nou nie baie ryk wees nie,dieselfde geld in Peru,maar ten minste los hulle ander mense se besittings uit.Ons het al so gewoond geraak aan enrnstige misdaad ,dat dit nie meer iets snaaks is nie. Dit is geen wonder data meeste Suid Afrikaners uitwyk na Australie of Nieu Zeeland nie. Die land is i sy m#*r Heinrich
Breyten se skrywe aan Mandela, 16/11/2008, B. Potgieter
Die siniese kommentaar van sommige skrywers op hierdie groot digter en kunstenaar wat 'n groot deel van sy jeug en van sy huwelik met die liefde van sy lewe opgeoffer het is onsensitief. Hy het gepoog om op sy manier 'n onreg reg te stel terwyl sy tydgenote onbewus voortgegaan het met die lewe. Sy skrywe is in desperaatheid gerig aan iemand soos Mandela wat verstaan wat hy toe moes opoffer en nou weer.
Breyten, 16/11/2008, Antwoord Aan'tdoen
Ons aanbidding van chroom en glas, beton en praal het die wat nie het nie na die metropole van ons besit gelok. Hul betragting van die wat het, wie eet en lag en feesvier terwyl die wanhoop vlak in die honger oë van hul bakhand-kinders by ons kruisings om aalmoese roep, verwek die angs wat morfeer tot haat. En ons, ons kyk anderpad. Ons mae is vol en ons beursies bult. Ons gee partymaal 'n rand of twee; uit wanhoop en uit skuld. Ons kinders lag deur die ruit; en anderkant is die wat nie het nie se kinders in die hel. Ons, ons ry aan na ons 'malls', ons braais, stadions en ons kerke. Ons werk mos vir wat ons het? En eenkant lê 'n kind en wonder oor als? En die kind word 'n mens; vlak lê die pyn van afjak, miskenning en honger slaap. Die kindmens voel niks as hy die oumens se hart deurboor. Die kors van haat te dik om die pyn daaronder te ontbloot wanneer hy verkrag vir die soveelste maal. Politici in komitee; teoloë aan't stry; gewone mense swoeg; en nog 'n kind word gebore om te dood of te dood. Kan ons nie maar onsself eerlik dissekteer; 'n stukkie vir stukkie disseksie van wie en wat ons is. Onder die vergrootglas ons lewensbeskouing, ons geloof, ons waardes, ons verbruik, ons ekonomie van als, onsself. En dalk wegdoen met die kwaad wat ons ontdek en die selle kweek van die goed wat daar moet wees om ons en ons kinders en ons land en ons planeet te red. Anders is die toekoms hel; 'n erger vuur as die van misdaad en vrees en haat waardeur ons nou wroeg. 'n Toekoms van aanhoudende alarm en beleg. Die klok-om-aan-te-kondig-dis-te-laat se wieg na die stilkant is verby die draaipunt; alleen ons almal se hande aan die ploeg kan dalk die gebeier van verdoeming, om ons millinium van wanhoop te verwelkom, verdoof?
minister en domenee bid saam , 16/11/2008, hennie meeding
20000 trek saam om hulle ontevredenheid te bewys oor pretoria senaam. hoekom bid julle dan nie eerder vir geestelike herlewing in die land nie. GOD se moet nie op mense en prinse staatmaak nie maar ons moet ons redding in GOD soek. slaan ons oe op na die berge waar sal ons hulp vandaan kom ons hulp is in HERE wat hemel en aarde geskep het.maar julle wil kla en verder niks doen nie. so word vermoor en verkrag en beroof, miskien skrik ons wakker as ons ten bloede moet baklei vir voorbestaan. slaap rustig suid afrika en pretoria se naam wat ons nie gaan red nie.plekname en straat name gaan ons nie in die hemel kry nie. bekering wel.
Breytenbach kasty Mandela, 16/11/2008, Danie Odendaal
Toe jou broer in Angola geveg het, was jy 'n liberaal wat hierdie dinge oor SA laat kom het soos die Max du Preez's, Jacques Pauws, Koos Kombuise. Die hele Afrika was vir julle 'n voorbeeld van moord, korrupsie en hongersnood. Julle kry vandag wat julle wou gehad het, so hou op kla, jy WOU die moord en verkragting gehad het, jy WOU die verval van die Blanke in SA gehad het, so hou jou mond want soos gewoonlik weet jy nie waarvan jy praat nie, maar ons hoop almal dat so tragedie waar ou boermense verkrag en vermoor word, nie jou voorland sal wees nie. Maak oop jou oe, want Mandela kan vir jou niks doen nie, net soos wat hy vir geen ander lewende siel iets beteken het nie. So kan hy vir jou ook niks beteken nie. Bly blind want dis te laat vir jou om te kla, Een mens, ongeag sy kleur , wat dood is agv 'n politieke idiologie, is een mens te veel! Maar iemand sal eendag moet verantwoording doen, vir dit wat julle oor SA gebring het. Wat pla dit jou of die jong mense uit daai verwoeste land wil padgee ? Het dit jou in 1994 gepla ?
Breyten Breytenbach, 16/11/2008, Jacobus
Geagte Breyten, hoekom het jy nie die moed, die iets wat dit verg om in die nuwe Suid-Afrika te bly nie, die een wat jy help skep het met jou pen. Ek kan onthou hoe jy destyds geraas het oor die "apartheidsregering". Nou wonder ek net, hoekom moet die jonges die land verlaat? Ek dink ek kan sien hoekom, omdat mense soos jy en jou liberale soort dit onmoontlik gemaak het vir ons middeljarige geslag om die land te kan verlaat, deur dinge so moeilik te maak vir ons dat baie van ons swaar trek om net te oorleef, maar natuurlik pla dit jou nie, want jy sit veilig in watte toegedraai, seker met mense wat ons nie sien nie wat jou oppas soos hulle vir Nelson en Graca oppas. Die liberale wil nie betaal vir wat hulle gedoen het nie, daarom vlug hulle en los ons wat nie kan nie om die gelag te betaal vir hulle foute (wat hulle natuurlik nooit sal erken nie). Ek hoop dit wat hulle, Breyten en kie aan ons gedoen het kom terug na hulle toe, mag hulle met hartseer en bloed moet betaal soos wat ons wat hier moet bly doen. Sterkte Breyten, mense soos jy sal dit nog nodig kry.
Soylant Green, 16/11/2008, boeretrooskoerant
Ja, voorwaar die voorbereiding vir antagonisme en uiterse radikalisme is voor die deur vir SA. Daar is geen herwaarts of derwaarts meer nie-reguit in die pylvak na uiteindelike katastrofiese totaliteit. Adieu Liefste Suid-Afrika. Lank lewe die Boervolk.!
Breyten, 16/11/2008, Francois
Hoe anders verwag jy van 'n regime wat meer behep is daaroor om 'n sportsimbool(Springbok) te beveg as om misdaad aan te spreek?
Hou op moun en teef, 16/11/2008, Johan Grobler
Almal van julle wat oor n beter land droom...hou op mekaar verwyt. Dit wat gebeur het het gebeur. Dit was n les vir die hele wereld.Die ANC en sy hele gevolg, het nie die mentaliteit om enige iets te regeer nie. Dit sien ons in die hele Afrika kontinent. Kom ons begin hande vat en doen die enigste positiewe ding om ons land te red...BID..BID..EN BID en STAAN HIERDIE KEER SAAM IN DIE VERKIESING. ALMAL VIR EEN EN EEN VIR ALMAL.
Breyten, 16/11/2008, Bee
in plaas van kla - hoekom kom hy nie met 'n bietjie analiese ten vore nie? ander ding - swart mense het al dekades lank onder die stilswye van blankes onder 'n toevloed van geweld, meerendeels van die staat, in 'n moraas beland. en om die brief aan Madiba te rug is maar 'n swak poging vir verdere publisiteit vir 'n ou deun. Ons is almal nog steed beter af as onder PW, FW, Verwoerd ens. ten spyte van die geweld. Ons pluk nog steeds die vrugte van 'n Apartheid-staat en om te verwag dat ons binne 'n skrale 14 jaar meer as 300jaar se geskiedenis en die gevolge daarvan kan regstel is net maligheid.
Die wat klaar geloop het, 16/11/2008, Volschenk
Net snaaks dat die wat al klaar weg geloop het uit Suid Afrika, die hardste skree moet net nie wil trug kom as ons wat agter gebly het wet en orde herstel het nie.Dan het ons julle nie meer nodig nie
Breyten Breytenbach, 16/11/2008, thea
What goes around, comes around!!!Kry vir jou, Breytenbach! Julle het die bed gemaak, slaap op hom.
wat kla julle so???, 16/11/2008, henri
Ek's n jong Afrikaner en die insig van kommentaar hier verstom my. Ja, Breyten het teen die ou regering gepraat en geglo wat hy geglo het. Hy is ontnugter soos baie van ons. NOU praat hy vir ons wat nie kan praat nie. Ten minste luister belangrike mense as die man praat. Wie is julle wat nou die man aanval? Nobody's. Wie gaan na julle luister as julle in die buiteland kla behalwe julle 'nobody' vriende? Hoekom ondersteun julle nie liewers die man nie, of kom daai teensinnige Afrikaner karakter al weer na vore? Kom By Afrikaners. Julle word opgevreet van binne, dan val julle nog die mense aan wat julle wil help.
Breyten se brief aan Mandela, 16/11/2008, Hettie Ganter - Duitsland
Die mense verstaan net nie. Breyten was nooit vir wit of swart nie, hy was en is vir regverdigheid. So hy sal alles kritiseer wat met onreg te doen het.
Afrika is Afrika, 16/11/2008, Annette
Hoe kon Breyten dink dat SA anders as die res van Afrika sou wees? Breyten lees asb die boeke "Hold my hand I'm Dying" van John Godon Davis geskryf in 1967 en "The Poisonwood Bible" van Barbara Kingsolver as jy wil weet hoe Afrika dink.
Breyten met bloed aan sy hande, 16/11/2008, Nefie
Dit help nie dat ons by die verlede bly stilstaan en mekaar aanhou verwyt nie. Ten minste het Breyten en Tim dalk ook? tot die regte insigte gekom. Kom ons hou op om te kritiseer en probeer elkeen op ons eie beskeie manier n positiewe verskil maak.n boom word aan sy vrugte geken.Dis tyd dat alle rasse saamstaan en besef die vyand het nie `n kleur nie maar moet ten alle koste teengestaan word - dan sal die goed die kwaad oorwin. Skep moed daar is reeds baie bemoedigende tekens!
Simpatie met Breyten, 16/11/2008, Chris van die Kaap
Ek dink nie dit help om nou snedig te wees teenoor Breyen nie. Dit is goed dat hy sien waartoe die veranderings gelei het. Dit help egter nie om van ver af te sit en kritiek lewer nie. Ons wat besluit het om aan te bly in Suid-Afrika, omdat ons wortels hier is en omdat ons glo God het ons hier geplaas met 'n doel, sal steeds glo daar is hoop. Ons, wat in rassitiese huise grootgeword het en gestem het vir verandering en 'n groot kopskuif moes maak om te kan aangaan in die nuwe SA, glo steeds daar is hoop. Ek vertrou dat die skokke wat die ANC nou beleef, deel is van 'n groter plan en dat ons hoop nie tevergeefs is nie. Breyten, ek hoop net dat jy dieselfde energie sal insit om hierdie euwel te bestry as met die vorige bedeling. En moenie ons mense aanmoedig om die maklike uitweg te volg nie. Hoe meer mense wegvlug, hoe swakker gaan Suid-Afrika vaar. En hier is nog soveel om voor te leef!
Breyten, 16/11/2008, Paul
Wat stel jy voor moet ons NOU doen Breyten? Ons sit met die gemors en die realiteit van sogenaamde leiers wat namens hulle mense ooreenkomste aangegaan het waarvan die mense nie geweet het wat in die ooreenkomste staan nie!!! Wanneer de paw paw dan die fan slaan dan is hierdie sogenaamde leiers nie naby die fan nie! Hoor graag van jou!
Die lot van Afrika, 16/11/2008, Nico van den Bergh
Soos baie ander verraaiers is Breyten ook nou spyt oor dit wat met ons mooi land gebeur.Wat het jy dan gedink sou word van SA Breyten?Afrika geskiedenis het geleer dat GEEN "vryheidsbeweging",soos die ANC,nog OOIT 'n land suksesvol kon regeer nie.Dit is en bly 'n interne magstryd onder die vaandel van "demokrasie".Verraaiers soos jy besef nou hoekom die ou bedeling daar was,al is dit so laat.Soos die res van afrika het SA ongelukkig nog 'n lelike pad om te loop,maar hopenlik sal ons die skerwe weer eendag bymekaar kan maak,sonder mense soos jy Breyten.
Breyton, 16/11/2008, Johan van Wyk
Breyton...Bruintong klink beter. Jy moet in die son kom...jy's nie bruin genoeg nie.
Dink, 16/11/2008, ELK
'n Mens kan emosioneel raak. Dit sal nie werk nie. Of dalk vasklou aan die verlede... dit sal nog minder werk. As Suid Afrikaners moet ons ophou met 'n Jannie Jammergat houding. Vir Breyten se inligting: Mandela is oud en kan niks vir ons verander nie. Sou hy nog homself sterk uitspreek teenoor die regering van die dag, sal sy eie mense hom tien teen een uit die lewe help. Ek het persoonlik agtergekom dat baie van ons jeug nie stem nie, omdat hulle voel dat dit niks sal help nie. Ons kan nie ons verantwoordelikheid teenoor onsself en ons nageslag laat vaar nie, dus moet ons ons mense 'oplei' om te registreer en te stem. Elkeen van ons mense wat nie stem nie, steun in werklikheid die ANC. Ek is positief dat dinge kan verander - maar ons moet werk met 'n plan... en genoeg geduld aan die dag lê. Rome is nie in een dag gebou nie. Hou moed.
Breyten, 16/11/2008, Werner
Toe was die dom regses al die tyd reg...
My Gedig aan Breyton, 16/11/2008, lew
Geluk,Breyton se jou se. Gelukkig gaan hierdie regering jou nie toesluit oor vryheig van spraak nie. Los oud Pres Mandela uit,hy verdien sy rus. Hier is vir jou n gedig Breyton,siende dit lyk of jy nie meer dig. Van te veel beleide Is daar te min leiding. Van te veel mense lyding Is op soeke na nog n bevryding. Van te min doen Is daar te veel roem Van wie jy noem Is ons nou gedoem Van te min bou Is daar nou breek Van te veel wat weg Is daar nou n geveg
Lekker genoeg?, 16/11/2008, alice pretorius
Ja mnr. Breytenbach, dit was toé nie lekker vir jou nie, en nou ook nie. Wat stel jy voor?
Slegs een oplossing...., 16/11/2008, Gerrit
2 Kron 7:14 :"en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde we?dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe EN HULLE LAND GENEES". Lees bietjie wat in Fiji gebeur het die laaste 7 of 8 jaar. Die kerkleiers het by mekaar gekom en begin bid en namens die bevolking "repent". Die land het ten goede verander en word nou gese? Breyten en ander vryheidstryders : julle kon hierdie verloop van gebeure in SA geweet het. Nou is dit tyd dat kerkleiers hande neem en vir ons Hemelse Vader vra om die land SA te herstel !
Breyten(jannie jammergat), 16/11/2008, Henry
Mense se en noem daar was vele "struggel buddys" van alle kleure jy was een , julle het geglo lulle kan als regkry.Is jy nou teleurgesteld in julle droom.Jy hoort te wees.Die oubedeling se oudstryders sal voort stry omfat ons se ONS VIR JOU SUID AFRIKA" FOR BETTER OR WORSE"ons weet net hoe lyk en praat sellouts nou en dan staan hulle terug om die gemors te ontkom wat hulle veroorsaak het.Nou werp jy jou stuiwer in die arm beurs van ver af alweer.Sit die mense lag vir jou, jy weet nie wat jy wil he nie S.A is nie vir sussies nie.
Breyten kasty SA, 16/11/2008, Gerhardt Maritz I Tralee, Ierland.
Jong ou Breyten, vir ons Suid Afrikaners wat die moeilikheid van ver af sien aankom het en wat deur mense soos jy as rassiste uitgekruit was, kan ek maar net herrinner : jy het gesaai. Lekker maai ou pel, lekker maai!
Breyten, 16/11/2008, Chris
In my tuin is 'n paar verkleurmannetjies en een noem ek Breyten
Breyten / Madiba, 16/11/2008, Alicia
Jy praat van ver af Breyten, seun van Suid Afrika. Madiba het meer vir hierdie land beteken as al die staats leiers voor hom. Jy het hard lawaai, toe jy geweet het dat die normale Afrikaner maar bitter min geweet het van wat in hierdie land aangaan. Hoekom kom jy nie terug en help alle Suid-Afrikaners wat hul land hopeloos bemin om ons land terug te kry nie. 'n Aanval op Madiba is die die gewenste weg nie. Methinks "Too little, too late". Ek is 62 jaar oud, kan nerens heen nie. Dit bly nou meerendeels die ouer mense wat weens geld tekort hier moet bly se taak, om die stryd te stry.
Jy slaan die spyker op die kop, maar, 16/11/2008, JC
Breyten dit kon nie maklik vir jou gewees het om nou eers hieroor te praat nie. Ons het n jong demokrasie. Onthou net een ding, Madiba se visie vir SA en "sy mense" is en sal altyd alle rasse insluit. Hy kan nie aanspreeklik gehou word vir die jonger gaarde wat nou in die tuig is nie. Hy het die grongslag gele wat ons of die leiers van ons land daarmee doen is vir ons eie verantwoordelikheid. Ons moet leer om met mekaar saam te leef, dit sou makliker gewees het as almal dit kon verstaan en daarop kan fokus. Ek hoop die leiers van ons land kan ook Mandela se groter prentjie vir SA sien en dan op n verantwoordelike manier dit implementeer. Miskien moet ons leiers vir Mnr Mandela raad vra instede om hul eie koppe te volg. As al die jong mense aangeraai word om die land te verlaat wat gaan dan van ons pragtige land word?
breyten kasty Madiba, 16/11/2008, Dogma
Ai, breyten (is dit nog met 'n kleinlettertjie "b". Ek weet nie meer nie - alles verander mos... soos mense se standpunte. Wat help dit om nou te kla - dit is presies wat almal voorspel het sou gebeur. Ons wou almal in vrede w?ldrugby speel. Ons wou so graag ons ekonomiese onafhanklikheid prysgee. Ons wou almal vir Madiba uit die tronk kry, sodat die Amerikaners wat steeds met hul wit kussingsloop-kruisbrandende-swartmanagter'nbakkieaansleep mentaliteit net nie moet dink ons is rassisties nie. Wat het gebeur met die afrika droom? Ek sê jou. Julle wat op die kantlyn staan en aanpor het. As gevolg van ons huidige regering is daar 'n mentaliteit van "julle-skuld-my" onder die swart jongmense. Daar is weinig mense wat meer wil werk om bo uit te kom. Hoekom? Want as dit sleg gaan of wenkbroue word gelig, speel ons die rassekaart. Dit sal altyd die Ase in hul moue wees - tensy iemand hulle bluf sien. Daar word nie so seer regeer as ons in lyn te hou met absolute vrees. Daar is 'n engelse gesegde:"Power corrupts - absolute power corrupts absolutely." Ons bly in Afrika en ons het onself seker self gebluf toe ons gedink het dat daar 'n kans is dat ons iets wat soos 'n eerstewêreldland hier kon hê. Ek is 'n gebore Suid-Afrikaner! Dis dalk tyd vir 'n wit struggle... en dis maar al
dowe......., 16/11/2008, chris
die huis van die dowe,..........hoe se
Breyen s ope brief, 16/11/2008, Pieter
Al wat goorder as die geweld in Suid-Afrika is, is die siek reaksies van verbitterde vuilbekke op Breyten se brief en die rassisme waarop sulke reaksies teer. Die gewelddadige rassisme van die destydse wit minderheidsregering het 'n baie siek samelewing gegenereer wat hom nou wreek in omgekeerde geweld en rassisme. 'n Mens moet net die reaksies lees om te besef hoe hatig, venynig en idioot sommige Afrikaanse mense is. Dis geen wonder dat ander groepe wat nou die mag het, net soos hulle dink en leef nie.
Breyten Die verraaier, 16/11/2008, Jan
Breyten jy het vir baie jare in die buiteland soos n lafaart gesit en help om SA te vernietig en jy was die ergste apartheids aktivis.Nou kla jy, hoekom? Jy en jou soort criminele het my land vernietig.Ek hoop van harte dat jy nou meer pakkry dat jy voel hoe al meer as 2000 boere vermoor is en baie op barbaarse metodes. Moet nie nou weghardloop nie, bly daar in die geweld wat jy wou h?n voel. Die wat jou steun en s?elp jou liewer om SA weer oppad te kry, se koppe raas erg. Ons is al 14 jaar in die beste land op aarde. Ek het 5 fabrieke daar gehad waarvan een in Zim. Julle is oppad na Zim toestand en vernietiging. Ek raai die wat kan kom weg daar want daar is geen toekoms vir niemand nie. Jan de Lange. Brisbane
Breyten se sienswyse, 16/11/2008, Jan van der Wal
Breyten se huidige sienswyse teenoor wat dit 'n paar gelede was omtrent Suid-Afrika, bevestig net wat ek na die 1994 verkiesing gese het toe almal so opgewonde was oor die nuwe Suid-Afrika nadat die ANC in bewind gekom het: wat gaan nou anderste wees in die nuwe SA in vergelyking met res van Afrika?.... My eie opinie is ongelukkig bewaarheid?
breyten bretenbach, 16/11/2008, steven steyn
ek dink hy is n groot poepol ,hy moet wakker skrik en in die midde stad van johannesburg gaan bly dan kan hy die realiteit ervaar soos die afrikaner dit daagliks ervaar .dis te laat digter kry iets wat rym
Hoe bedoel oom Breyten nou?, 16/11/2008, Mike
Nou hoe bedoel oom Breytie nou? Ek het gedog Oom Breytie ken Afrika en sy mense. Ek het gedog Oom se "PLAN" vir Afrika is "rock-solid" en fyn uitgewerk. Nou moet ek uitvind oom Breytie ken nie die werklikhede van Afrika nie. Maar net nog 'n Piet Retief. Afrika sal jou kou en uitspu my Oom. Jy moet ophou met hierdie idealistiese stront. Wees pragmaties in Afrika! Viva Apartheid! Onder Apartheid het ek sekuriteit gehad.
BREYTON, 16/11/2008, koos van der walt
Breyton het ons in die tande geskop en eerder verkies om van buite af dinge fyn dop te hou en slegs sy stuiwer in die arm beurs te werp wanneer dinge vir hom affekteer.Breyton ek en my vrou het ook geloop as gevolg van die feit dat twee van ons kinders gehaaijek is deue gemene barbare wat toegelaat word om so op te tree.My wit vel het ook nie veel bygedra tot job security nie en jy weet self hoevele breinkrag die RSA verlaat want ons is gatvol.Jy pluk nou die wrange vrugte van jou dade en moenie vir ons jongmense probeer voorse wat hulle moet doen nie. Glo my die wetsgetroue,hardwerkende,gatvol Suid Afrikaner gaan opruk en ons sal weer buskryt ruik en strond daarby. Ons is nou heel gatvol.
Breyten/Mandella brief, 16/11/2008, Herman Le Roux
Jy is nog net so vals. Ek weet alles van hierdie regering se ondersteuners. Onluste Offisier, 30 jaar Polisieman Breytenbach is vals, tjank jy nou eers ? Mandella lag vir jou. Het jy en jou uhurrumaatjies nie die Videos gesien nie ? ek was ooggetuie toe dit verfilm is Ek het gesien hoe sny hierdie mense hompe vleis uit sterwende mense wat met petrol verbrand word en eet dit dat die bloed oor hulle gesigte loop, toe was hulle "Vryheidsvegters" Nou 14-15 jaar later presies selfde wreedheid, bejaardes word met strykysters , petrol en kookwater verbrand vermoor vir 'n selfoon ! Lees weer Sarah Hawkens van Australia se kommentaar van 16/11/2008. Ons is uitgelewer deur 'n Staatspresident wat sy eggenoot verlaat het vir 'n buitelandse griek aan 'n regering met GEEN integriteit nie, mense wat beeste se sterte byt en offer aan hulle "voorvaders" en geen probleem het met 'n losbandige seks lewe nie(Zuma)Vra eerder vir Mandella die vraag wat het van die museumstukke geword wat uitgestal was by die SAPolisiemag(1990) se Honde-opleiding sentrum waar Mandella se wreedheidsplanne, bewystukke en bomme wat van bedvere en planke ens.gemaak is uitgetsal was, kla jy by Mandella? Jy is heeltemal die kluts kwyt,hulle het hierdie tipe van anargie belowe.
Madiba, 16/11/2008, Catherine
Gedurende die Apartheidsjare, het miljoene in die Weste geskree teen ons geskree. Waar is dit nou? En steeds bly Mandela ook tjoepstil. Google "When the Loerie sings again" en sien wat 'n ex Suid-Afrikaner probeer regkry. Diegene in die buiteland kan ook probeer. Sterkte vir ons almal!
Breyten, 16/11/2008, Hansie du Bruyn
Jy het geen reg om nou die ANC regering te verwyt nie, jy is en was deel van hulle. Jy het jou erfdeel al in die ou SA veruil ten koste van jou volk se bloed.
breyten , 16/11/2008, piet van zyl
Hoe se die spreekwoord, spyt kom altyd te laat. Nou kla Breyten oor n toestand waarvoor hy en sy pelle, Max du Preez, Freek Robinson, Karel Niehaus, Wimpy en FW de Klerk en al diesulkes verantwoordelik is. Was die hele Afrika suid van die Sahara nie vir hulle n voorbeeld nie.
N?, 16/11/2008, meerkat
Nou kom sanik die liberale bevryder oor die tafel wat hyself gedek het. Man, hoeveel keer het almal met twee breinselle gewaarsku oor die ANC se onderduimsheid en steel gierigheid? Maar Breytentjie het mos lank en hard geveg met 'n Karl Marx geskrif in die een hand en 'n glas rooiwyn in die ander om die arme verdruktes te "bevry". Wel ou piesang, nou het jy waarvoor jy geswoeg het en ons sit met die gebakte pere terwyl jy regoor die w?ld kan "gelliwend" en uit jou gemakstoel patetiese ope briefies aan di?diote rig. Julle soort liberale gespuis het nie een die ruggraat gehad om vas te staan deur die die moeilike tye nie en het soos hanskakies van ouds geheul met die vyand vir eie gewin. Bly eerder in Washington of waar jy ookal wegkruip en los die regte Suid Afrikaners om die gemors uit te sorteer. Jou patetiese geween is 'n direkte gevolg van jou liberale "struggle" en ons het regtig nie jou treurmare nodig nie. Jy maai nou wat jy saam met die vyand gesaai het. Leef daarmee!!
Breyten kasty S.A., 16/11/2008, Chris Pretorius, Somerset Wes
Heh-heh-heh! Wel Breyten, lyk my daar's genoeg sluwe, bitter eende wat deesdae op JOU graf k*k! (dankie, Groot Verseboek).
Nou toe nou Leendert!, 16/11/2008, Mauritz
Burgerlike samelewing wat sy funksies vervul? In 'n demokrasie miskien...nie in SA nie. Suid Afrika het die gif in van 'n ongedissiplineerde jeug, onvergenoegdheid en die vooruitsig om nie die gevolge van jou dade te dra nie. Dit sal geslagte neem om gesond te raak. Die bedeling moedig egter korrupte gedrag aan en verheerlik misdaad tot 'n intelligente alternatief vir armoede. Ek wil nie in so 'n land wees nie. Jou argument klink baie na die dom-astrantheid van rots mossels wat nie kan verander nie, Breyten kon sy siening verander en nie sy waardes nie en bly in die sleg s?pervuur.
Broeder liefde, 16/11/2008, LJ Nel
Let op dat Breyten nie se dat hy verkeerd was nie. Hy vra eintlik net die vraag of hy iets meer kon doen om Suid Afrika n beter sukses te kon maak. My antwoord Breyten is moreel was jy seker reg, maar in die praktyk oor Afrika en hoe dinge werk was jy hopeloos verkeerd. Kortom, nee, jy kon nie meer gedoen het nie. Al die goeie bedoelinge in die heelal sou nie die eindresultaat verander het nie. Jy het jou wens gekry en is nou ten minste medepligtig aan die slagting wat tans hier aan die gang is. Ek weet nie of jy en jou broer al vrede gemaak het nie maar ek dink die minste wat jy kan doen is dat jy vir hom kan se jy verstaan nou waarvoor hy al die jare geveg het. Jy kan nie meer die land red nie maar miskien kan jy nog broederliefde terugwen.
Broeder liefde, 16/11/2008, LJ Nel
Let op dat Breyten nie se dat hy verkeerd was nie. Hy vra eintlik net die vraag of hy iets meer kon doen om Suid Afrika n beter sukses te kon maak. My antwoord Breyten is moreel was jy seker reg, maar in die praktyk oor Afrika en hoe dinge werk was jy hopeloos verkeerd. Kortom, nee, jy kon nie meer gedoen het nie. Al die goeie bedoelinge in die heelal sou nie die eindresultaat verander het nie. Jy het jou wens gekry en is nou ten minste medepligtig aan die slagting wat tans hier aan die gang is. Ek weet nie of jy en jou broer al vrede gemaak het nie maar ek dink die minste wat jy kan doen is dat jy vir hom kan se jy verstaan nou waarvoor hy al die jare geveg het. Jy kan nie meer die land red nie maar miskien kan jy nog broederliefde terugwen.
breyten, 16/11/2008, frikkie botes
Hoe lyk dit my dat Breyten nie meer weet hoe om te Breyten nie.die naiwe seuntjie van linkse politiek
Ubuntu?, 16/11/2008, retiefdv.
Wat Breyton eint.ik sê is dat hy ook nou besef het dat die gewaande Afrika medemenslike filosofie van Ubuntu glad nie in die praktyk bestaan nie.
Van ver lyk dinge anders, 16/11/2008, Jaco Botha
Ek dink ek sal eers weer na Breyten luister wanneer hy weer hier saam met ons in die loopgrawe kom struggle en die raaliteit op die grond na behore besef - ja, daar is ook 'n klomp goeie goed van na '94 gebeur het. Sy bedoeling is waarskynlik goed, maar ek twyfel aan die moontlike sukses van sy strategie - hy kon net sowel sy brief aan PW gerig het - Madiba het heellaas geen meer inspraak in staatsbestuur nie en hy's te oud om te toitoi
Die storie van Afrika, 16/11/2008, Nie verbaas
Dieselfde storie speel homself oor Afrika af. Inboorlinge leef gelukkig en geweldadig in bosse en vlaktes. Kolonialiste daag op en buit grondstowwe uit vir hul moederland. Kolonialisme bring darem infrastruktuur. Inboorlinge soek vryheid en kry dit na jare se struggle. Honeymoon hou so paar jaar en dan stry Africans met mekaar oor mag. Burgeroorlog breek uit en VN kom voer die monde na die tyd. Dis die geskiedenis van alle lande bo ons. SA is naby aan honeymoon einde.
Ons lees dit......, 16/11/2008, Jakes du Preez
Baie gaan dit lees, maar daar gaan dadels van kom. Daar is nou maar net nie 'n wil in SA om reg te laat geskied nie.
Breytenbach, 16/11/2008, Wazir Niezer
So lank as wat humanistiese ideoloe voorkeur geniet kan ons vergeet van geregtigheid.Die politici en misdadigers kom weg met moord.Wat op die strate van SA gebeur is 'n refleksie van wat in die gemiddelde huishouding aangaan.Ons land nodig 'n morale regenerasie of ' talibanisering!
Geweld en Korrupsie, 16/11/2008, Laurence Roach
Was Breyten nie ook n aktivis vir n (swart)meerderheidsregering nie?Hoekom kla hy nou?
..., 16/11/2008, Hendrik
En so word Breyten ook nou bewus van die kennis van swart mense wat ons oupas gehad het, wat hulle genoop het om 'n bestel te ondersteun waarby 'n eerste wêreldse bestaan in Afrika moontlik sou wees. Nou is daardie bestel weg. Huil maar, Breyten.
Breyten, 16/11/2008, L Putter
Uiteindelik het iemand die 'guts' om te sê: Die Keiser dra dan nie klere nie! Soos in die sprokie. Aanvanklik het almal maar gewag en kyk wat in SA gaan gebeur, te versigtig om iets te sê, maar nou met die geweld wat 'n nasionale sport geword het en ANC wat niemand 'n demokratiese reg toelaat nie, is dit tyd dat die mense wat saakmaak standpunt begin inneem, want ons gaan met 'n 2de Mugabe sit & hy het nog nie eens 'n kans gehad om te regeer nie, maar dreig alreeds!!!
Breyten/Mandela ope brief, 16/11/2008, Philip
Ek weet nie hoekom Breyten juis Mandela in die opebrief aanval nie. Hy moet sy griewe rig aan die Suid Afrikaanse regering van die dag.
Breyten opebrief, 16/11/2008, Gert Posthumus
Smith aan bewind in Rhodesia "Not in my lifetime" oor die regerende kapasiteit van die volkie daarbuite. En hier? En Breyten waar was jy toe?
BREYTEN, 16/11/2008, Gerhard Pretorius
KOM NOU BREYTEN WIL JY NOU REGTIG VOORGEE IN AL DIE JARE WAT JY JOU EIE BEUEL GEBLAAS HET, GEDINK HET DIE UITKOMS SOU ENIGSINS ANDERS GEWEES HET. LIEG MAAR VERDER VIR JOUSELF MAAR MOENIE VERWAG ONS MOET VIR JOU STORIES VAL NIE.
nes jy daa se, 16/11/2008, Rafique
afrika is o sy beste , dorre grond / vlaktes, vliee om die mond , geweer om die skouer , en die UN VER daar bo!
Breyten se klaag lied, 16/11/2008, Gert
Dis mos die ou wat vanaf Parys ( Frankryk) teen die vorige bestel geprotesteer het dat die ANC die toekoms van RSA beter sal kan bestuur.Waaroor kla die man nou? Dis mos waarvoor hy "gestruggel" het. Hou op " bitch" en skryf `n gedig!
Breyten kasty SA, 16/11/2008, Mauritz Venter
Hoekom luister niemand ooit vir Breyten nie? Ruk Suid Afrika reg sodat ek my vrou en kinders kan terugvat na hul geboorteland toe!!
Breyten kasty SA as land van wanhoop in ope brief aan Mandela, 16/11/2008, Sarah Hawkins
Ons staan absoluut verstom hier in die buiteland. Toe vang Slim Sy Baas, ne. Hierdie einste Breyten Breytenbach, Tim Du Plessis, FW De Klerk, Tutu, Helen Suzman, Mandela (noem maar die SLIM glibberiges op) - het HARD en VUIL gespeel om WIT mag te breek. Dis al. Hulle had geen ander MO nie. En NOU huil hulle. Nee, hulle TJANK. Hulle het presies geweet wat hulle doen. Het ons nou simpatie met hierdie vuilgoed - noudat hul "Nuwe SA" hulle byt?? Nee!!! Mag hulle nog lank en traumaties tjank, ly en toekyk. Mag hulle ook gou ROU statistieke word van hul eie absurde, verradderlike, besmette, verfoeilike ideologiee. Sarah Hawkins, Australia.
Land van wanhoop......., 16/11/2008, Luka Nel
Ek was erg verkwalik aangesien ek jare terug by 'n privaat geleentheid vir Madiba gese het dat ek glo, bid en vertrou hy sal vir ons gespaar bly en nie omdat ek van hom as persoon hou nie maar suiwer sodat hy ook die nagevolge van 'n ANC regering kan ervaar. Dis dan ook die rede waarom ek gegly het, die ergste kom nog, Afrika is Afrika en sal nie verander nie, nie vandag, more of ooit enige tyd in die toekoms nie.
Breyten kasty SA as land van wanhoop in ope brief aan Mandela, 16/11/2008, Jan van Riebeeck
Die trane rol, Suid Afrika my geliefde land.
Nimmereindige gevleulde woorde, 16/11/2008, Estelle
Weereens en nog steeds nimmereindige gevleulde woorde van Breytenbach. Die antwoorde van al die vrae wat hy nou vra het ons mos reeds geweet. Dit het ons geweet terwyl ons 'n holte vir ons voet moes vind tussen al die geweld en sanksies wat hy so bepleit het terwyl hy sy kop kon neerl?p sagte verekussings in Frankryk. Ons, wat hier moes agterbly terwyl hy ons in die buiteland vervloek het oor dinge wat ons reeds toe geweet het gaan kom, kan vir hom die antwoorde gee. Rig jou vrae aan ons in gewone woorde en ons sal jou gewoonweg antwoord.
Breyten Breytenbach, 16/11/2008, Stem saam
Baie geluk aan Breyten wat die moed aan die dag gele het om die bul by die horings te pak en sy hart uit te praat! Ek woon reeds die afgelope 6mnde in Bayern en staan verstom op watter manier wette hier toegepas word, indien die regering nou reeds met die jong jeug begin kan dinge dalk baie beter lyk n paar jaar van nou af! Kinders to 16 jaar mag nie na 11 op straat wees nie, indien jy nie by die skool opdaag, gee hul jou n halfuur, dan daag die polisie by die huis op, jou ouers word n boete opgele! Jeug wat op straat rook word deur die polisie na hul ouers geneem! So kan ek aangaan, dat SA nog baie het om te leer en te verander is lig gestel! Indien die doodstraf terug gebring word sal daar beslis minder geweld wees! Maak erns van geweld en moet dit nie net aanvaar as deel van die daaglikse bestaan nie!
Hoe lank vat dit?, 16/11/2008, JVR
Nou eers Breyten? Eers nou?
Verdierliking van SAners, 16/11/2008, joe
Breyten, SA is nog steeds veel beter onder die huidige bedeling as in die vorige. Het jy dan juis nie gestry vir die "vryhede" wat ons as reenboog nasie geniet nie? Dis net jammer dat ons reenboog net een kleur het, die kleur van bloed...
Nou toe nou!, 15/11/2008, Leendert van Oostrum
Dis moeilik om nie leedvermakerig te wees as mens lees dat Breyten Breytenbach nou jongmense aanraai om Suid-Afrika te verlaat nie. Nadat hy die vorige bedeling ook gedurig loop en bevuilbek het. (Hy's ten minste konswekwent, moet mens toegee.) Wat hy klaarblyklik nie verstaan nie, is dat sy terroristemaatjies wat, in die vorige bedeling (en met sy aktiewe steun), die townships onregeerbaar gemaak het, nou die hele land onregeerbaar maak. Ek het egter nuus vir Breytenbach: Ons wat die vorige bedeling deurstaan het sal hierdie een ook deurstaan. Trouens, hoe meer nutteloos die regering word, hoe beter word die geleenthede vir mense wat hande uit die moue wil steek en verantwoordelikheid wil neem. Kortom, vir die burgerlike samelewing om sy funksies te vervul.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo