| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
|
29/11/2008 20:36 - (SA)
Iemand hou nie van ’n hippie op hul stoep Dawie van Heerden
Jeffreysbaai Hy’s 61 jaar oud, ’n branderplankryer en het in sy hele lewe nog net drie jaar lank ’n voltydse werk gehad. Maar skaars het Bruce Gold, Jeffreysbaai se “oubaas-surfer”, op aftree-ouderdom vir die eerste keer in byna 40 jaar ’n werk gekry waarvan hy hou – hy verkoop kunswerke in “ ’n soort branderry-museum” – of sy nuwe werk is in die gedrang. Want “iemand hou nie van ’n hippie op hul stoep nie”, sê hy. Skaars ’n maand nadat hy begin werk het, het die eienaar van die museum hom nou gevra om vir eers by die huis te bly omdat die bure oor sy bedrywighede gekla het. “Ek weet daar gaan onderhandel word sodat die museumpie moontlik weer sy deure kan oopmaak,” sê Gold. Mnr. Garth Robinson, eienaar van die motorhuis van waar Gold sake gedoen het, sê hy sal met die klaers gaan onderhandel sodra hy tyd kry. Hy sê Gold is ’n toeriste-attraksie in Jeffreysbaai en dat baie mense bereid was om sake met hom te doen. Een van die goed wat in Gold se museum-winkeltjie te koop is, is ’n branderplank met ’n skets van sy gesig daarop – ’n versamelaarsartikel, volgens Gold. Gold was van 1965 tot 1968 ’n polisieman in KwaZulu-Natal. Hy het die kus gepatrolleer op soek na Russiese duikbote. Dit was sy eerste en laaste vaste betrekking. In 1968 het hy in Jeffreysbaai aangekom. Sedertdien is dit “min of meer” sy basis. Hy het aan die lewe gebly met los werkies. “Ek is ’n vry man. Niks hou my vas nie. Ek doen net wat ek wil,” sê Gold. Hy het langs die see grootgeword en branderry is deel van sy lewe. “Ek ry nog gereeld die branders. As die wind en die weer dit toelaat, sal ek dit elke dag doen,” sê hy. Hy het nie kind of kraai nie en sê die twee onnatuurlikste dinge ter wêreld is om te skeer en te trou.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|