| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
29/11/2008 20:36 - (SA)
Dwelmtoetse omseil - nes internet kinders wys Carien Kruger
Pretoria Leerlinge gebruik allerlei truuks om dwelmtoetse by skole te beduiwel. Hulle kan deesdae op die internet gaan lees hoe om ’n positiewe uitslag te voorkom, sê mnr. Bill Schroder, hoof van Pretoria Boys High School. Schroder het op ’n Tukkies-seminaar oor dwelmtoetse gesê dit is reeds ’n baie ongemaklike situasie om kinders ’n urinemonster vir ’n dwelmtoets te laat gee. En skoolpersoneellede moet boonop bedag wees daarop dat kinders die toets kan probeer omseil. Só het ’n seun al ’n ander seun se urine in ’n kondoom gekry, dit in sy broek gehou en toe hy ’n monster moes gee, die ander kind se urine in die houer gegooi. Kinders gooi ook water of iemand anders se urine in oogdruppelbottels en gebruik dit dan om hul urinemonster mee te verander. Dr. Tim Laurens van die Universiteit van Pretoria (UP) se departement chemie het skole op die seminaar gewaarsku dat die uitslag van die toetse wat hulle self by skole doen, nie as beslissend beskou moet word nie. Die toetsstelle wat die onderwysdepartement voorskryf, kan byvoorbeeld nie onderskei tussen sekere medisyne en dwelmmiddels nie. ’n Onskuldige kind kan dus positief toets. Laurens het gesê hierdie toetse se uitslae moet met nog ’n toets bevestig word as skole hulle teen regsgedinge wil beskerm. In die tweede toets moet ’n tegniek bekend as gaschromatografie-massaspektrometrie (GC-MS ) gebruik word, soos by die UP gedoen kan word. Mnr. Paul Colditz, uitvoerende hoof van die beheerliggaamorganisasie Fed-sas, voorspel egter dat dit vir die meeste skole te duur en te moeilik gaan wees om leerlinge twee keer te toets. Sou ’n skool oor die uitslag van een van die tien voorgeskrewe toetsstelle hof toe geneem word, is Colditz se raad om die nasionale onderwysdepartement as ’n verweerder by die saak te betrek.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|