| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
29/11/2008 20:36 - (SA)
Werkers in laaigraaf gedoop Marlene Malan
Kaapstad Donderdagmiddag, in die etensuur, het mnr. Viaan Bosch (33) ’n hand vol bouwerkers in ’n sementbad op die bouperseel van ’n splinternuwe, luukse hotel in die Kaapstadse Waterfront gedoop. En sommer by die honderd Bybels aan die konstruksiespan uitgedeel ook. Die afgelope twee weke het hy sy laaigraaf gevat, van bouperseel tot bouperseel gery en altesame 50 werkers in die bak van dié grondverskuiwingsmasjien onderdompel. Sy “goddelike opdrag” het “begin met ’n profetiese gedagte, om dissipels van bouwerkers te maak. Ek weet nou voluit waarvoor God my eintlik wil gebruik”. Bosch, self ’n ontwikkelaar, sê hy het dié visie, om mense in sy laaigraaf se bak te doop, van Bo gekry en daarom noem hy nou sy inisiatief “Builders4God”. “Dis ’n lewenshouding, nie ’n organisasie nie,” beklemtoon hy. “Dit het vroeg vanjaar begin toe ek en my voorman, Ivan Cloete, saamgebid het. Ek het toe soggens die dag se werk op een van my eie boupersele in Plattekloof naby Kaapstad met gebed begin open. Daarna het ek begin om na ander, kleiner boupersele in die noordelike stadsgebiede te gaan. “Ek het die base van groot boumaatskappye begin nader – dat ek met hul werkers oor die Vader wil praat en hulle in my laaigraafbak wil doop. Nie een het geweier nie. Ek was verbaas dat niemand my weggejaag het nie. “Ek het besef om dissipels van bouers te maak, is my lewensroeping.” Om op boupersele die “ruwe manne” te wil doop, is ’n “ekstreme” gedagte, gee Bosch toe. “Maar dan haal jy maar net jou kop uit die pad en dóén. Dis ’n karaktertoets – om juis buite die gewone en die aanvaarde die tweede myl saam te loop. Wat sou ek my oor teenkanting en bespotting bekommer?” In die boubedryf het die belangstelling in sy boodskap begin groei, vertel Bosch. “Daar word gepraat van ’n sterker, meer lojale werkerskorps, van werk van hoë gehalte en van ‘ ’n belegging’ in bouwerkers. “Ek kon self die verskil in die benadering van my mense sien. Hulle kom met ’n ander houding werk. Hulle is positief.” Daar ís ouens wat skepties is, maar hulle is in die minderheid, vertel Bosch. “Ek maak dit duidelik dat mense van ander geloofsoortuigings nie na my boodskap hoef te luister nie. Maar snaaks, die meeste van hulle bly nét daar sodra ek met my laaigraaf om die draai kom.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|