| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
29/11/2008 20:36 - (SA)
Hoogste prys vir laeprys-man Karin Burger
Kaapstad Pick n Pay se grootbaas strewe altyd na die laagste prys, maar Donderdag het mnr. Raymond Ackerman net gelag toe hy hoor hy het die hoogste prys van al die bekende Suid-Afrikaners op ’n internetveiling behaal. Twee paartjies het meer as R20 000 opgedok vir die voorreg om saam met hom middagete in Kaapstad te nuttig. Nóg bydraes het Ackerman se totale “verdienste” vir Missing Children SA op R27 800 te staan gebring. Ackerman was vir die ete vergesel van sy dogter, me. Suzanne Ackerman-Berman. “By Pick n Pay kry jy altyd meer as waarvoor jy betaal,” het sy gespot. Pa en dogter het ook R20 000 aan die organisasie geskenk. Die veiling op die webwerf www.bosparra.com is gehou om geld in te samel vir Missing Children SA, wat help om vermiste kinders op te spoor. Dieselfde paartjies – Theunis en Elma Coetzer van Witbank en Abram en Lizette Conradie van Stellenbosch – het vroeër die oggend saam met oudpres. FW de Klerk tee gedrink in sy kantoor in Plattekloof. De Klerk het vertel hoe sy vriende hom spot omdat hy “net R350” werd was toe die veiling begin het, maar die teedrinkery saam met hom het uiteindelik R15 800 vir Missing Children SA ingebring. Die Conradies en die Coetzers was dit eens dat ontmoetings met dié twee persoonlikhede nie in geldwaarde omgesit kan word nie. Ackerman het beklemtoon hoe belangrik dit is om positief te bly in die huidige ekonomiese omstandighede. “Ons land is 20 keer beter daaraan toe as voor 1994, en al die dinge wat sedertdien gebeur het,is ongelooflik. “Mense wat sê hulle het niks om te doen nie, praat nie die waarheid nie. Daar is kwessies soos armoede en MIV/vigs wat ons aandag nodig het.” Ackerman sê ook hy raak nooit by politiek betrokke nie, hy baklei net vir sy mense. “Jy maak net ’n sukses van jou sakeonderneming deur vir jou kliënte en jou werknemers om te gee. As jy vir die gewone mens baklei, sal hy ook vir jou baklei,” sê die sakereus wie se maatskappy 60 000 werknemers het. Sy dogter het bygevoeg dat mense altyd eerste kom vir haar pa. “Raymond Ackerman glo jy moet aan jou mense glo om iets te kan skep,” sê sy. Mnr. De Klerk is net so positief oor die land en het gesê hy sien Suid-Afrika as ’n land van belofte en geleenthede. “Ons is ’n dinamiese land waar dinge gebeur. Ek sê altyd vir jong mense hulle moet hier bly.” Politici moet ’n diens aan mense lewer, sê hy. “My pa het altyd gesê jy moet ’n suksesvolle loopbaan buite die politiek hê voordat jy tot die politiek toetree.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|