News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Hotagter
Jaag jou bloeddruk op met die pragfoto's van dié week se agterbladmodelle.
Kurt breek weg vir groot vraag
Kurt Darren se loslappiedae is amptelik verby...
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 3°C 18°C
KPT 13°C 16°C
JHB 1°C 16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

29/11/2008 20:36  - (SA)  
Bo blink die water, maar onder draai die duiwel rond
Marthinus van Vuuren    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Dr. Anthony Turton, geskorste leiernavorser oor watersake by die WNNR, praat oor sy skorsing en die beplande voordrag wat daartoe gelei het. (Foto: Kopano Tlape)


Krugersdorp

Hy kan nie verstaan hoekom hy uit die WNNR geskors is nie, sê dr. Anthony Turton, internasionaal gerespekteerde water- en politieke wetenskaplike, in sy huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand.

Die een oomblik sou hy op ’n beraad oor omgewingsake ’n voordrag getiteld “A Clean South Africa” oor die uitdagings in die watersektor lewer.

Die volgende oomblik hoor hy hy is geskors.

Van die stellings in sy voordrag is glo ongegrond en stel die WNNR (Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad), in ’n slegte lig, het hy later gehoor.

Die WNNR was ook gekant teen Turton se onderhoude met die media ná sy skorsing.

“Ek is nooit gewaarsku of ingelig dat daar ontevredenheid is nie.

“Ek is skielik soos ’n misdadiger uit my kantoor gejaag.

“En nou bring ek die meeste van my tyd tuis deur en gaan elke dag gimnasium toe.”

Sy telefoon lui onophoudelik.

Die BBC wou pas meer te wete kom van Turton se skorsing weens ’n beplande lesing oor “ ’n waterkrisis” in Suid-Afrika.

“Ons is nie in die moeilikheid nie.

“Ek het net gesê ons waternetwerk is onder druk, maar ek het nooit enigiets van ’n krisis gesê nie.”

Tog bly die feite wat Turton in sy ongelewerde toespraak uitlig kommerwekkend.

Soos Suid-Afrika se lae gemiddelde jaarlikse reënval van 497 mm en dat 98% van die land se natuurlike waterbronne reeds aangewend word.

Daar is bitter min water om te mors en bitter min water oor om verdere ekonomiese groei te bevorder.

Boonop is daar ’n vaardigheidstekort, wat dit ’n groot uitdaging maak om dié probleme die hoof te bied.

Die WNNR was ook omgekrap oor Turton se gebruik van foto’s van die xenofobiese geweld wat vroeër vanjaar in die land uitgebreek het.

Dié foto’s was bedoel ter illustrasie van Suid-Afrikaners se neiging om in gevalle van swak dienslewering gewelddadig op te tree – ’n blote waarskuwing oor wat dalk kan gebeur as Suid-Afrikaanse water onbruikbaar sou word.

Dié “wetenskaplike met ’n gewete” se skorsing het wêreldwyd reaksie ontlok en verskeie nie-regeringsorganisasies (NGO’s), politici en plaaslike en oorsese akademici eis dat sy skorsing opgehef word.

Selfs die ANC en die DA het Donderdag in die parlement saamgestem dat Turton heraangestel moet word by die WNNR.

Maar teen Vrydagoggend was dit steeds onseker of Turton en die WNNR tot ’n vergelyk gaan kom.

“Ek wou net voorstel dat ons die bestuurswyse van ons waterhulpbronne hersien,” verduidelik Turton.

“Met die koms van die nuwe bedeling in 1994 is alles van die verlede oor die hoof gesien.

“ Ons institusionele geheue is uitgevee en ons het ons fokus verloor oor die feit dat ons waterhulpbronne beperk is.

“Ek het nooit vingers gewys of die skuld op iemand probeer pak nie.

“Eintlik is ons regering ’n slagoffer van sy eie sukses.

“Soveel meer mense het toegang tot riolering gekry, maar die verwerking daarvan kan nie by die uitbreiding byhou nie.”

Turton het gehoop om met sy praatjie groter samewerking tussen die regering, NGO’s, die sakesektor en wetenskaplikes aan te moedig.

“Dit wás nie en ís nie veronderstel om omstrede te wees nie.

“Ons as wetenskaplikes en regeringslui moet aanspreeklikheid teenoor die burgers van Suid-Afrika aanvaar.

“Ek wil almal uit die ivoor-toring en tussen die mense kry.

“Ons kan nie ons verlede ignoreer nie – die wetenskap is ’n integrerende deel daarvan. Ons moet gelei word deur ons morele gewete en dinge anders begin doen.

“Ek wil as individu ’n verskil maak.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
DirectAxis-Lenings
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Steun jy die staatsdiensdokters se protesoptrede?
Ja, hulle word te min betaal.
Ek steun die dokters, maar nie die staking nie.
Nee. Hulle verdien genoeg.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo