News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Hotagter
Jaag jou bloeddruk op met die pragfoto's van dié week se agterbladmodelle.
Kurt breek weg vir groot vraag
Kurt Darren se loslappiedae is amptelik verby...
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 3°C 18°C
KPT 13°C 16°C
JHB 1°C 16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

29/11/2008 20:36  - (SA)  
Egpaar eis van metro-raad ná hul kind in vloedwater verdrink
Dawie van Heerden    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Me. Jolene en mnr. Charl Sampson. Hulle eis byna R3 miljoen van die munisipaliteit en die polisie oor beweerde nalatigheid. (Foto: Dawie van Heerden)


Port Elizabeth

’n Egpaar wat hul babadogter en hul ongebore kind twee jaar gelede tydens ’n vloed verloor het, eis nou sowat R3 miljoen van die munisipaliteit en die polisie weens beweerde nalatigheid.

Mev. Jolene Sampson en haar man, Charl, hoop die hofsaak sal bydra om soortgelyke tragedies in die toekoms te voorkom.

Jolene was drie maande swanger toe die motor waarin sy en haar driejarige dogtertjie, Kayla, in Augustus 2006 deur vloedwater meegesleur is. Hulle was op pad na ’n speelgroepie.

Klein Kayla se lyk is ure later gevind. Jolene het uit die siedende watermassa ontkom en is later deur haar broer gekry waar sy aan die wal van die Baakensrivier aan boomwortels en takke vasgeklou het. Sy het haar ongebore baba, wat die Sampsons se tweede kind sou wees, kort ná die tragedie verloor.

Sampson-hulle voer in hofstukke aan die metroraad en die polisie het nie genoeg gedoen om mense teen die gevaar van die vloedwater te waarsku nie.

Hulle eis altesame R2 943 669.

“Dit is nou al twee jaar gelede, maar die gebeure en die verlies van ons dogtertjie en ons ongebore baba spook steeds by ons,” sê Jolene.

“Ek kan nie veel onthou van wat gebeur het nie. Ek onthou die water het ons meegesleur en dat ek gedink het ek is verlam toe ek in ’n sta?dium die wal van die rivier bereik het. Wat tussenin gebeur het, is ’n raaisel,” sê Jolene. ’n Arm en haar bekkenbeen was gebreek en sy was vol kneusplekke.

Sampson-hulle se prokureur, mnr. Robin O’Brien, sê hulle het die meriete van die saak ondersoek en meen die munisipaliteit en die polisie het ’n plig gehad om mense te waarsku of om die pad te sluit. Hy sê hulle het getuies wat sal getuig dat die polisie die aand voor die tragedie oor die vloedgevaar gewaarsku is.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
DirectAxis-Lenings
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Steun jy die staatsdiensdokters se protesoptrede?
Ja, hulle word te min betaal.
Ek steun die dokters, maar nie die staking nie.
Nee. Hulle verdien genoeg.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo