News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 19°C 28°C
KPT 16°C 23°C
JHB 15°C 27°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
29/11/2008 20:36  - (SA)  
Bioniese hand is haar droom
Gerhard de Bruin    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Courtney Harvey (19) van Mooirivier wat geld insamel om die eerste ontvanger van 'n i-limb- bioniese hand in Suid-Afrika te word. (Foto: Gerhard de Bruin)


Mooirivier

Ander soek rykdom, status, ’n blink motor.

Al wat Courtney Harvey (19), ’n student in grafiese ontwerp, wil hê, is om al twee haar hande normaalweg te kan gebruik.

Dié aanvallige donkerkop van Mooirivier is met ’n onderontwikkelde regterarm sonder ’n hand gebore.

Dit het gebeur omdat sy terwyl haar ma haar verwag het haar armpie deur die plasenta gedruk het. Die deel van die arm wat buite die plasenta was, het tydens die swangerskap nie verder ontwikkel nie.

Dokters het dit nie agtergekom nie en by haar geboorte eers gesien dié deel van haar armpie het glad nie ontwikkel nie.

Ondanks haar gebrek het Courtney moedig gebly en op skool akademies en in sport uitgeblink. Sy kan ook klavier speel en het ’n rybewys.

Tog sê sy was daar maar altyd “ ’n hartseer iets” in haar lewe. Tot nou toe.

Sy het onlangs op ’n tentoonstelling in Durban meer van die i-limb, ’n nuwe bioniese robot-hand, te wete gekom.

Die i-limb lyk en werk byna soos iets in die Terminator-flieks.

Dit is die eerste hand van dié aard ter wêreld en die produk van ’n Skotse onderneming.

“Dit werk met elektriese impulse wat uit die stompie van my arm via spesiale apparatuur na die i-limb-hand gestuur word. Geen operasies om senuwees te koppel is nodig nie.

“Die hand se vingers werk ook elk apart. Die pols kan buig en roteer net soos ’n regte hand.

“Jy kan byna alles daarmee doen wat ’n gewone mens kan doen; swaar goed optel en vashou, selfs ’n sleutel in ’n sleutelgat druk,” vertel sy opgewonde.

Die hand word uiteindelik oorgetrek met lewensgetroue vel wat selfs armhare het, presies dieselfde kleur as dié van die draer, sê Courtney.

Maar die koste is ’n probleem, sê sy.

Die i-limb kos byna R350 000 en net sowat 300 mense ter wêreld is tot dusver daarmee toegerus.

Sy werk tans saam met mnr. Allan Oates van George, verspreider van Touch Bionics in Suid-Afrika, om haar hand te laat maak.

Sodra sy genoeg geld het, kan sy dit gaan haal.

Sy sal daarna glo die eerste mens in Suid-Afrika wees wat met ’n i-limb toegerus sal wees.

Haar ouers en ander het intussen die Courtney Harvey-fonds gestig om geld te probeer insamel sodat sy die hand kan kry.

Die fonds is nou sowat R100 000 sterk.

Mense wat belang stel om haar te help, kan mev. Helen Truter bel by 033 263-1340.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo