News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Hotagter
Jaag jou bloeddruk op met die pragfoto's van dié week se agterbladmodelle.
Kurt breek weg vir groot vraag
Kurt Darren se loslappiedae is amptelik verby...
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 3°C 18°C
KPT 13°C 16°C
JHB 1°C 16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

29/11/2008 20:36  - (SA)  
‘Willem weet hy gaan na Jesus toe’
Erna van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Johan Steyn, sy vrou, Heyla, en Willem se boetie en sussie, Herman en Rénsche, Donderdag by sy begrafnis op hul plaas, Vlakpan. (Foto: Doug Lee)


Delareyville

Die 12-jarige woelwater wat vroeg verlede Sondagoggend dood is, ure nadat hy tussen twee trekkers vasgepen is, het sy laaste oggend begin met die klipharde klank van Nicholis Louw se liedjie Vergeet en vergewe.

Vir sy ouers, mnr. Johan en mev. Heyla Steyn, het Willem, hul jongste seun, verlede Saterdagoggend soveel dinge gedoen wat hy nie van nature doen nie dat dit nou vir hulle berusting bring.

Hy het vir sy ma gaan tee maak en sy geliefde hase en voëls gaan kosgee – sonder om teë te praat.

Toe sy pa van die dorp af terugkeer na hul plaas, Vlakpan, in die Delareyville-distrik in Noordwes, het Willem en sy ouer broer Herman hul pa gaan help om ’n trekker reg te maak.

Johan het ’n sleepketting aan die stukkende trekker vasgemaak en Willem moes die ketting aan die ander trekker vasmaak wat ’n werker neus eerste nadergetrek het.

Die trekker moes aan die brand getrek word.

Dit is Johan se grootste verwyt. “Ek het omgedraai om op die ander trekker te klim. Hoekom het ek drie, vier sekondes lank my rug op Willem gedraai?”

Herman het gesien hoe die trekker stadig nader kom en hoe die momentum dit vorentoe ruk en Willem tussen die twee trekkers se neuse vaspen.

Johan was op die ander trekker en het omgekyk. “Willem het gesê: ‘Pappa, help my. Ek kan nie loop nie.’

“Hy het so drie sprongetjies gegee en toe gesê ons moet hom hospitaal toe vat.”

Sy vrou het hulle langs die pad gekry en hulle het Klerksdorp toe gejaag. Heyla onthou elke woord wat haar kind gesê het.

“Hy het gepraat van sy beentjie en magie wat seer is. En toe sê hy: ‘Mamma, ek wil na liewe Jesus gaan.’

“Ek het gesê hy moet bid dat liewe Jesus hom gesond maak. Hy het vir Herman gesê: ‘Boetie, soen my.’

“En net voordat hy in die hospitaalteater ingestoot is, het hy na my gedraai: ‘Mamma, ek gaan na Jesus toe.’ ”

Willem het te veel bloed verloor omdat twee slagare in sy been af was en teen middernag het sy hart gaan staan.

Dokters het gespook om sy hart weer aan die klop te kry, maar teen sesuur Sondagoggend is hy breindood verklaar.

Donderdag het meer as 400 mense die skuur op die plaas volgepak vir sy begrafnis. Sy ouer suster Rensché het moedig die bedankings gedoen: “Dit was so vinnig en hy was só klein.”

En Willem se gunstelingliedjie, Vergeet en vergewe, is weer gespeel.

“Hy was rowwer as die wildtuin,” het Heyla gesê nadat sy haar jongste seun in die voortuin onder groot bome laat begrawe het om naby sy hegte gesin te wees.

Willem, ’n kranige rugbyspeler, sou volgende jaar ’n prefek in gr. 7 gewees het.

Herman het in die begrafnisbrief vir sy boetie geskryf: “Onthou om my voor die hemel se hekke te kom haal as ek doodgaan.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
DirectAxis-Lenings
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Steun jy die staatsdiensdokters se protesoptrede?
Ja, hulle word te min betaal.
Ek steun die dokters, maar nie die staking nie.
Nee. Hulle verdien genoeg.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo