News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 19°C 30°C
KPT 17°C 23°C
JHB 14°C 26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
29/11/2008 20:36  - (SA)  
UV kies rektor uit kortlys van 3
Maryna van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Prof. Ezekiel Moraka, huidige viserektor van studentesake van die Universiteit Vrystaat.


Bloemfontein

Die volgende rektor van die Universiteit Vrystaat (UV) sal uit ’n kortlys van drie kandidate aangewys word.

Hulle sal tydens die finale keuringsproses ook in die openbaar teen mekaar te staan kom. Aansoeke om dié gesogte pos sluit oormôre.

Omdat die voorsitter van die UV-raad, regter Faan Hancke, reeds aangedui het dat prof. Frederick Fourie se opvolger ’n swart of bruin rektor gaan wees, word daar tans in die UV-wandelgange bespiegel wie die leisels in dié onstuimige tyd sal opneem.

Prof. Teuns Verschoor, waarnemende rektor van die UV, het Vrydag gesê die aansoeke om die pos word deur ’n buite-agentskap gehanteer. Die agentskap sal ’n konsep-kortlys saamstel wat aan die UV se keurkomitee voorgelê sal word.

“Die laaste fase van die keuringsproses sal tussen drie kandidate wees. Die nuwe aanstelling sal op die raadsvergadering in Maart 2009 goedgekeur word,” sê hy.

Die huidige viserektor van studentesake aan die UV, prof. Ezekiel Moraka, het sy aansoek die afgelope week ingedien. Moraka sê die rassespanning het vir ’n moeilike jaar gesorg, maar hy het vertroue in die toekoms.

Nog ’n kandidaat wat goed vertroud is met die transformasieproses aan die UV is ’n gewese viserektor van dié universiteit, prof. Benito Khotseng. Hy het tydens die rektorsverkiesing in 2002 teen Fourie verloor. Khotseng is tans ’n konsultant wat op topbestuursvlak kursusse in leierskap aanbied.

Khotseng het die transformasieproses in 1994 aan die UV begin en is deur Hancke geloof vir sy bydrae toe hy in 2003 ’n vise-rektorspos aan die Universiteit Kaapstad aanvaar het. Hy is sedert 2002 ’n bestuurslid van die Suid-Afrikaanse Wetenskap-akademie. Hy geniet ook groot aansien by tersiêre opvoedingsinstansies en maatskappye in die buiteland.

Intussen gaan dit broekskeur by die UV om te sorg dat minstens 30% van die eerste- en tweedejaars van ’n bepaalde rassegroep in alle koshuise is. Volgens die UV het net meer as die helfte van die studente wat sedert Junie ’n aanbod om verblyf ontvang het, dit aanvaar.

Verschoor sê die integrasiedoelwitte vir die koshuisplasingsbeleid is tans nog nie bereik nie omdat dié plasings merendeels nie aanvaar word nie.

“Daar is wel mooi pogings deur studente, soos die 13 wit senior studente wat na vore gekom het om met die integrasieproses te help. Dié studente het versoek om in Tswelopele (’n manskoshuis met swart studente) geplaas te word.

“Ouers het van die poging gehoor en is bereid dat hul kinders ook in Tswelopele geplaas word,” sê Verschoor.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Apartheid, 30/11/2008, Matt Heyns
Apartheid is elke student se burgerlike keuse.Hoekom moet ek vir die gomgat ANC se ras gedrewe beleid deur my nek betaal.My kinders het n spesifieke kulturele,geestelike en intellektuele ingesteldheid wat verder deur studie ontwikkel moet word voordat hulle as volwaardige burgers in die funksionele wereld doeltreffend kan fungeer.Vra maar vir Uncle Sam hoe ver hy met integrasie in sy land gevorder het.Net die uitsondering bewys die reel niks anders nie.
Die Rektor, 30/11/2008, Johan1
Dis tyd. Dis tyd vir 'n bruin of swart rektor. Dis tyd vir integrasie. Dis tyd vir leierskap. Soos die 13 senior studente wat na Tswelopele gaan. Julle is die leiers van die toekoms, julle wat besef waaroor dit gaan. Welgedaan manne. Afrikaans is nie belangriker as ons land se toekoms nie. Ek is self 'n oud-Kovsie uit die 80's, en steun die transfromasie 100%. Viva Kovsies!
Kwotas, 30/11/2008, Slimjan
Wat het van meriete geword as 'n kwota-rektor aangestel word? SA is reeds so diep in die moeilikheid en kan nie ook bekostig dat tersiere onderwys ook nou met regstellende akise befoeter word nie. Kan enige akademikus van waarde hom so verlaag om aan 'n kwota drama deel te neem?
Koshuis integrasie, 30/11/2008, Henk
Ek het tans drie kinders wat aan die UV studeer. Ek is 'n trotse ouer wat hartseer en jammer is dat ons kinders se tyd van akademiese bekwaam making so ontstig word deur rasse insidente. My kommentaar is kort - ek dink die universiteit hanteer die hele insident van gedwonge koshuis integrasie absoluut verkeers. Asseblief, skep sie geleentheid vir vrywillige integrasie, maar stop die "kwotastelsel". Ons kinders het elke oomblik nodig om te studeer en kan nie nog tyd spandeer aan "politieke posisionering nie" en eksperimente tov hul verblyfplek nie. Gesels meer met gewone studente wat nie op die studente raad is nie en leer hul daaglikse vrese en uitdagings ken. Voorspoed.
UV Rektor, 30/11/2008, Alibaba
Koebaai Kovsies...
Rektor, 30/11/2008, jc
Overgeset synde: 'n Blanke is nie in staat om transformasie te bewerkstellig nie.
Swart rektor??, 30/11/2008, Bravolander
Nee wat UOVS, dit het tyd geword vir volkseie universiteite, ons het reeds volkseie Christelike skole.
UV kortlys, 30/11/2008, Gert Van der Linde- Pinetown
Of die` stelling wat ek maak, geplaas sal word, -sal ma sien? Is dit nie rassisties om oor transformasie by voorheen Wit kampusse te praat, maar doodstil te bly oor geen transformasie by voorheen swart kampusse nie? EK VRA NET?
Integrasie, 30/11/2008, Pieter
Hou tog op om die jeug te dwing in 'n rigting waar hulle self nie wil wees nie. die feit dat dat koshuis plasings nie aanvaar word nie wys tog dat nie gekleurde of wit studente daarmee tevrede is nie. Die gedwonge integrasie gaan 'n pragtige kampus tot niet maak en daarmee die hart van Bloemfontein en die Vrystaat totaal vernietig
UV Rektor, 30/11/2008, PIETER PRINSLOO
Gaan lees gerus Prof Jonthan Jansen se kommentaar die afgelope tyd oor gedwonge intergasie en die "langer" termyn gevolge daarvan. Hoekom moet die nuwe rektor nou noodwendig bruin of swart wees. Indien daar nie 'n geskikte kandidaat is nie gaan hulle in elk geval iemand aanstel, of sal hulle die moet he om te heradverteer?
UVS SE NUWE REKTOR, 29/11/2008, Koos Karoo
Wie ookal die rektorspos by UV oorneem, beteken dit "koebaai Afrikaans."
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo