| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
29/11/2008 20:36 - (SA)
Geloof, hoop en die Luke Marlene Malan
Kaapstad Hy’s omstrede, ’n politieke speelbal en haal meestal die voorblaaie om die verkeerde redes, soos dat hy op sy Springbok-trui wou braak. Dís die heel laaste etikette wat Luke Watson (25), Springbok- en Stormer-flank, ooit gedink het om sy nek sou hang. Maar toe kom die afgelope 18 maande en skud sy lewe deurmekaar. Toe hy verlede jaar die Wêreldbeker-Bokspan teen Jake White se sin gehaal het, was dit oor hy “swart” genoeg sou wees – nie “goed” genoeg nie. En verlede maand is hy deur sy eie motiveringsgesprek, in ’n omgewing wat hy naïewelik as privaat beskou het, grond toe gebring soos g’n teenstander op die rugbyveld dit nog kon regkry nie. Nee, hy’s nie van stryk nie. Sit nie in sak en as nie. Vat die suur saam met die soet, sê Watson. Maar erken: “Ek is seergemaak. Ek het die afgelope tyd soos ’n lam ter slagting gevoel. Ek was al dikwels ’n pion tussen politieke en rugbybase, bewus van die sterk menings wat mense oor my het.” Tog wil hy dit duidelik stel: “Ek wou nooit seermaak, aanstoot gee, rugby polariseer en Suid-Afrika die harnas in jaag nie. Dis nie wie ek is nie. “Maar ek is seker geregtig op my mening. Wie’s ek dat my mening skielik so belangrik is?” Watson sê hy verontskuldig hom nie, is nie “heilig” nie, hét al “simpel foute” begaan en was stomgeslaan toe hy ’n week ná die Ubombo-debakel by Ikeys – waar hy gesê het hy moet hom keer om op die Springbok-rugbytrui naar te word – ná ’n buitelandse besoek sy voete in Suid-Afrika terugsit en in die ergste storm tot nog toe in sy lewe vasloop. “Ek was ’n week lank by Hillsong, ’n kerklike byeenkoms in Londen. Dit het my sterk gemaak. Ek kon nie glo wat hier aangaan nie. “Toe ek gevra is om by Ikeys oor ‘transformasie’ te praat, het ek juis nie oor politieke verandering gepraat nie, maar oor innerlike verandering. Daardie was een van my mins omstrede toesprake tot nog toe.” Hy’s nie kwaad of bitter oor wat oor en aan hom gesê is nie. “Wat my dronkslaan, is dat dié wat my die swakste ken, die slegste uitsprake oor my maak, my as arrogant en venynig afmaak. “Nie my spanmaats nie – anders as wat baie mense dink, het ek baie vriende daar. Hulle spot selfs met my hieroor. Nou die dag het 30 Stormers saam met my na my kerk gegaan. Dis mense wat my persoonlik leer ken het, nie deur koerante nie. Ek, en hulle, beskou my nog steeds as ’n integrale deel van die Springbok-spangees.” En hy en White het by die kerk al bladgeskud. Om hom te verstaan, is dit belangrik om te weet waar hy vandaan kom, sê Watson. “My lewe draai om my geloof in Jesus Christus. Vir my is dit álles. As enigiemand dink ek is ongevoelig, dis juis die teenoorgestelde.” Hy’s die kind wat sy ouers, Cheeky en Tracey, soms vies maak met die haweloses wat hy huis toe bring. Wat snags sy Harley-Davidson vat en kos aan straatmense uitdeel. Sy rugby-spanmaats aan plakkers voorstel. Soms buitensporig geld uitgee op dié met niks. Al maande lank gereeld ’n siek seun in die Tygerberg-hospitaal besoek. “Armand het g’n idee wie ek is nie; vir hom is ek maar net ’n gawe ou wat omgee.” Dié empatie met minderbevoorregtes kom van die dae toe hy as ’n seuntjie in die Oos-Kaap ervaar het hoe sy ouers sulke mense fisiek en geestelik versorg. “Dís ons perspektief – ons verpes onreg. Ek is grootgemaak om dit te haat. My agenda is om te versorg, op te hef, te motiveer, moed te gee.” En dis in daardie konteks dat hy kan verstaan waarom die regering na die Springbok-embleem kyk. “Meer as 100 jaar het swart rugbyspelers gehoor ‘al doen julle wát, ’n trui met ’n Springbok op sal julle nooit oor jul kop trek nie’. En dis waarom ek sou verkies dat daar ’n debat oor die springbok en die protea moet wees. Ek kan nie verstaan dat ’n mens nie ’n mening hieroor mag hê nie.” Met slegsê kom hy ’n lang pad. “Op my eerste skooldag lê daar ’n briefie op my tafel: ‘Kill the Watsons.’ Ek het nie geweet wat dit beteken nie. “Ek en my pa is altyd so half in die moeilikheid, hoewel ons soos oos en wes verskil. Hy’s meer aggressief met sy menings; ek’s die dromer. Ek raak soms vies vir hom, maar ons is beste buddies. “Dit gaan nie vir my daaroor hoeveel keer ek val nie, maar hoeveel keer ek opstaan. Daar is skoonheid in gebrokenheid.” Selfs al sou die hele Suid-Afrika hom uitjou wanneer hy weer op die veld draf? “Dan vat ek dit, want ek kyk op, boontoe.” “Rugby is die wêreld wat God vir my uitgesoek het. En dis toetse soos dié van die afgelope maand wat my laat besef ek’s deel van ’n baie groter prentjie as wat ek of rugby ooit kan wees.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|