News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Hotagter
Jaag jou bloeddruk op met die pragfoto's van dié week se agterbladmodelle.
Kurt breek weg vir groot vraag
Kurt Darren se loslappiedae is amptelik verby...
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 3°C 18°C
KPT 13°C 16°C
JHB 1°C 16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

29/11/2008 20:36  - (SA)  
Skoolgeld-skok wag in 2009
Carien Kruger & Julian Jansen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pretoria en Kaapstad

’n Skoolgeld-skok wag op ouers wat aanstaande jaar tot 25% meer sal moet betaal.

By sommige skole is die persentasiestyging in skoolgeld tot dubbel soveel as vanjaar s’n.

Mnr. Paul Colditz, uitvoerende hoof van die beheerliggaamorganisasie Fedsas, sê die gemiddelde verhoging is tussen 5% en 10%, maar in meer gegoede buurte kan dit hoër wees.

’n Skool waar ouers presies 25% meer sal moet opdok, is Rand Park High in Randburg, waar die skoolgeld tot R17 500 per jaar styg.

In Pretoria styg die Hoërskool Die Wilgers se skoolgeld met 23% tot R10 780 en in Stellenbosch styg die Paul Roos Gimnasium s’n met 23% tot R13 000.

Koshuisgeld kan ook baie styg, sê mnr. Riaan Kotzé, hoof van die Hoërskool Upington, omdat koshuise erg geraak word deur stygings in kospryse. Dié skool se skoolgeld styg aanstaande jaar met 10% tot R5 900.

Soos by alle voormalige model C-skole is bykomende personeellede om klasse kleiner en die skoolterrein in stand te hou ook by dié skool ’n groot deel van die begroting.

Vir plattelandse skole is sportbyeenkomste ’n groot uitgawe, want vervoerkoste kan maklik R80 000 per naweek beloop.

“En as die onderwysdepartement tog maar net sy belofte wil nakom om handboeke te voorsien … ,” sê Kotzé.

Die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het vanjaar ’n onvoorsiene uitgawe van R236 000 gehad omdat die departement nie boeke voorsien het nie.

Volgens mnr. Anton van Wyk, die skoolhoof, speel stygings in munisipale rekenings ook ’n groot rol in begrotings.

Sy skool se skoolgeld styg met 17% tot R6 900.

Sowat 17% van ouers het vanjaar om vrystelling van skoolgeld aansoek gedoen.

Mnr. Pine Anker, hoof van die Hoërskool Bellville waar skoolgeld met 16% tot R6 300 styg, sê dit sal baie help indien die regering subsidies kan betaal aan skole waar ouers van skoolgeld vrygestel word.

By die Hoërskool Bergvlam in Nelspruit word uitgawes streng beheer, soos dat fotostate net met toestemming gemaak mag word en dan aan albei kante van ’n bladsy, sê mev. Annemarie Kleynhans, die adjunkhoof.

Skoolgeld styg hier met 16% tot R7 200. Sowat 50% van die skool se ouers het nie vanjaar skoolgeld betaal nie.

Die Hoërskool Pietersburg kon sy styging beperk tot 6,9% en sy skoolgeld sal R8 500 beloop. Me. Debbie Kampherbeek, mediawoordvoerder, sê die skool besef ouers beleef finansieel ’n krisistyd.

Mnr. Simon Lee, woordvoerder van die vereniging van onafhanklike skole Isasa, sê voorlopige syfers van lede dui op stygings van tussen 9% en 15%.

Aan die ander kant van die spektrum is ’n skool soos die Bernadino Heights Sekondêre Skool in Kraaifontein se skoolgeld aanstaande jaar maar net R850 vir die hele jaar. Ouers het aangebied om 20% pleks van 10% meer te betaal sodat skryfboeke, skooluitstappies en ’n SMS-diens ingesluit kan word.

Die skoolgeld van private skole in die Kaapstad-omgewing soos die United Herzlia Schools, St. Cyprians, Redham House en Bishops Diocesan College – vir leerlinge in gr. 12 – styg met tussen 11% en 16%. Ouers sal by dié skole tussen R46 284 en R64 500 moet opdok.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
DirectAxis-Lenings
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Steun jy die staatsdiensdokters se protesoptrede?
Ja, hulle word te min betaal.
Ek steun die dokters, maar nie die staking nie.
Nee. Hulle verdien genoeg.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo