News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Hotagter
Jaag jou bloeddruk op met die pragfoto's van dié week se agterbladmodelle.
Kurt breek weg vir groot vraag
Kurt Darren se loslappiedae is amptelik verby...
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 3°C 18°C
KPT 13°C 16°C
JHB 1°C 16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

29/11/2008 20:36  - (SA)  
Delwers wil op erfenisgebied myn
Erna van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Die konsentrasiekampbegraafplaas op Doornbult in die Noord-Kaap. (Foto: verskaf)


Johannesburg

Die Erfenisstigting wil dringend probeer keer dat delwers na diamante delf op ’n plaas in die Noord-Kaap waar erfenisgoedere van kultuurhistoriese waarde nog onaangeraak lê.

Die stigting het ’n huurkontrak vir tien jaar vir die gebied Doornbult op die plaas Kromhout tussen Orania en Hopetown waarop ’n konsentrasiekampbegraafplaas en oorblyfsels van die konsentrasiekamp is.

Dit dateer van die Anglo-Boereoorlog toe byna 16 000 Britse troepe in 1899 hier saamgekom het om voor te berei vir die inval in die destydse Oranje-Vrystaat. Vandag is hier nog oneindig baie kultuurskatte.

Genl. Gert Opperman, uitvoerende hoof van die Erfenisstigting, sê die gebied is so uitsonderlik dat bitter min mense hier toegelaat word.

“Die stigting het reeds baie werk hier gedoen. ’n Museum is gebou en argeologiese opgrawings word gereeld gedoen. Ons bewaar die gebied jaloers.”

Opperman sê na verneem word wil ’n delwersmaatskappy, Purple Fountain Properties, ’n prospekteerpermit vir die terrein bekom.

Die stigting het sy kommer daaroor by die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (Sahea) geopper.

“Ons het die departement van minerale en energie in die Noord-Kaap gevra om ’n volledige studie te doen oor die uitwerking daarvan op die gebied, wat volgens wet gedoen moet word wanneer aansoek gedoen word om te delf op enige argeologiese terrein wat meer as 100 jaar oud is,” sê mnr. Solayman Ibrahim, woordvoerder van Sahea.

Sahea het al ’n jaar gelede vir die departement hieroor geskryf, maar nog geen reaksie gekry nie.

“Ons is baie bekommerd. Dit is ’n baie belangrike erfenisbron van nasionale belang,” sê Ibrahim.

Opperman sê die Erfenisstigting het ook geen reaksie gekry op briewe wat aan Purple Fountain Properties geskryf is nie.

“Die eienaars van die plaas, mnr. Lemmer Wiid en sy vrou, Riena, is ook baie bekommerd. Hulle het ’n groot liefde vir die plek en het baie moeite gedoen om dit te bewaar,” sê Opperman.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
DirectAxis-Lenings
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Steun jy die staatsdiensdokters se protesoptrede?
Ja, hulle word te min betaal.
Ek steun die dokters, maar nie die staking nie.
Nee. Hulle verdien genoeg.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo