| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
|
29/11/2008 20:36 - (SA)
Die stryd om weer haar ou self te wees Martie Swanepoel
Johannesburg ‘Die naam Dirk, wat in Chinese letters van my naeltjie vertikaal tot by my pubis getatoeëer is, brand soos “kanker op my vel,” sê me. Cèzanne Visser, die blonde vrou wat sedert 2001 as “adv. Barbie” bekend is. Elke tatoeëermerk op haar lyf herinner Visser elke dag aan Dirk Prinsloo, haar gewese minnaar in wie se hande sy klei was. Sy beweer in ’n eksklusiewe onderhoud in Finesse se Desember-uitgawe Prinsloo het haar eers sy godin en later sy emosionele slaansak gemaak. Sy en haar regspan berei hulle nou voor vir die hofsaak wat uiteindelik op 16 Februarie begin. Sy en Prinsloo is in 2002 in hegtenis geneem op aanklagte van kindermolestering en die vervaardiging van kinderpornografie. Die verhoor is verskeie kere uitgestel, maar die staat beplan om dit in Februarie af te handel. Visser sal alleen in die beskuldigdebank staan, want Prinsloo het in Mei 2006 met vakansie na Rusland vertrek en nie teruggekeer nie. Visser sê egter sy is eerlik oor haar berou. “Ek is tot in my binneste jammer vir die mense wat deur hierdie ding geraak is. Dit is nie wie ek is nie. Ek het nie op ’n oggend opgestaan en besluit ek is vandag lus om mense se lewe te verwoes nie. Soms is ek woedend vir myself.” Sy sê sy probeer haar nie verontskuldig nie. “Die manipulering, dominering en aftakeling wat ek met Dirk beleef het, is ’n nare, ware werklikheid.” Die media se lense het in 2001 op Visser en Prinsloo begin fokus. Veral op Visser se DDD-borste. Hulle kon dit beswaarlik miskyk tussen die honderde hoopvolles wat vir die Idols-kompetisie ingeskryf het. Toe Visser boonop vertel sy is ’n advokaat, het sy blitsvinnig die etiket “adv. Barbie” gekry. Voordat sy Prinsloo ontmoet het, was sy ’n jong advokaat wat nie goed gevaar het in die balie-eksamen nie. Sy het haar tot die onafhanklike balie gewend. Prinsloo was die voorsitter van die onafhanklike balieraad. Sy sê toe sy Dirk ontmoet het, was sy ’n 24-jarige naïewe maagd met ’n swak selfbeeld. “Ek het gedink hy is ’n nice ou met ’n oop gesig. Die toonbeeld van sukses. ’n Droom vir ’n meisie soos ek.” Prinsloo het haar oor ’n tydperk subtiel begin verander, sê sy. Eers moes haar neus reguit gemaak word. Toe moes haar borste vergroot word. Hy was nie tevrede met die eerste borsvergroting nie. Binne vier weke het hy op ’n tweede borsvergroting aangedring. Dit was heeltemal buite verhouding met haar maer lyf, sê sy. Volgens haar het sy in daardie stadium op Prinsloo se aandrang van vitamienpille en proteïenskommels geleef en moes ses uur per dag oefen. “Die borste was sy trophies. Ek het myself verseker ek lyk soos ’n godin, want hy het gesê ek lyk soos een.” Sy sê haar lewe saam met Prinsloo was soos ’n wipplankrit. “Hy het my die een dag opgebou . . . en dan weer afgebreek. Ek het gedink ek is niks sonder hom nie.” Dirk het volgens haar onmin tussen haar en haar ouers veroorsaak. “Hy het my ondersteuningsnetwerk afgebreek sodat ek net op hom aangewese was.” Sy sê sy sou enigiets gedoen het vir sy guns en het tot uiterstes gegaan om hom te bevredig. Sy word nou naar as sy daaraan dink. “Ek het geweet Dirk sal my doodmaak as ek loop. As hy kwaad was, het hy die kyk van die duiwel in sy oë gehad.” Hul inhegtenisneming het ’n noodsaaklike keerpunt gebring, want sy en Dirk sou mekaar uitgemoor het, glo sy. “Ek is vrygelaat met die opdrag dat ek nie met Dirk kontak mag maak nie. Die staat wou hê ek moet ’n staatsgetuie wees, maar Dirk het beheer van die situasie oorgeneem. Hy het my gesmeek om terug te kom.’’ Sy het aanvanklik uit vrees gebly. “Maar my ma het my begin oortuig daar is ’n lewe buite Dirk se mag.” Dit het Visser minstens anderhalf jaar gekos om haar van Prinsloo af te sny. “Hy is nie ’n tipe ou wat jy net kan afsê nie. Hy het my en my familie met die dood gedreig.” Die komende hofsaak gaan hel wees, besef sy, maar hopelik ’n afsluitingsproses van ’n lewe wat sy al die afgelope paar jaar so gou moontlik wil agterlaat. “Ek ril as ek na foto’s kyk van die vrou wat Dirk ‘geskep’ het.” Sy het ’n wilsbesluit geneem dat dit wat met haar gebeur het haar lewe nie verder gaan vernietig nie en dat ander vroue ’n les uit haar ervaring moet leer. (Sy werk aan ’n boek oor haar lewe.) “Ek kon óf my polse afkou en iets weirds aanvang soos om my aan alkohol, dwelms en seks oor te gee, of ek kon my lewe weer opbou. Ek het laasgenoemde gekies.” Sy het die groteske borste laat uithaal binne ’n week nadat sy van Prinsloo weggebreek het. En sy pas nou in ’n ordentlike no. 12-snyerspakkie vergeleke met die stywe no. 6- broeke en kort rompies wat sy gedra het toe sy in haar “Dirk-tyd” brandmaer was. Sedert sy van Dirk weg is, het sy diep selfondersoek ingestel om te probeer verstaan wát haar besiel het. “Baie mense raak in ’n mindere of meerdere mate soos ek by so ’n verhouding betrokke. ’n Verhouding waarin jy eers opgebou en dan afgebreek word. ’n Mens aan wie jy verslaaf raak. Iemand vir wie jy enigiets sal doen om hom tevrede te stel . . .” Sy beken sy was soos ’n stuk klei wat Prinsloo gevorm het soos hy haar wou hê. Ná die inhegtenisneming is sy vir waarneming na die Weskoppies- Psigiatriese Hospitaal gestuur. Daar het sy een dag vir ’n sielkundige probeer verduidelik wat met haar gebeur het. ‘’Dirk het sy skedel oopgesaag en hy het my skedel oopgesaag en hy het my brein uitgehaal en hy het syne gevat en dit in my kop ingesit. Ek het letterlik soos daardie man begin dink. Dit is nie wie jy is nie, maar jy begin dink dat jy onaantasbaar is.” Noudat sy weer soos die Cèzanne van voor Prinsloo dink, besef sy: “Vir elke ding wat ek doen of gedoen het, is daar ’n gevolg.” Sy moet hard werk om die ou Cézanne terug te kry. Daar is net stukke oor, maar sy wil nou die hofsaak agter die rug kry en bou aan die nuwe Cèzanne. • Lees Visser se volle verhaal in die Desember-uitgawe van Finesse.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|