News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 17°C 29°C
KPT 19°C 23°C
JHB 13°C 29°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
29/11/2008 20:36  - (SA)  
1 000 kom daagliks oor grens
Johan Eybers    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Biskop Paul Verryn van die Sentrale Metodistekerk in Johannesburg. (Foto: Lauren Mulligan)


Johannesburg

Meer as 30 000 Zimbabwiese vlugtelinge stroom nou maandeliks oor die grens na Suid-Afrika.

Dié raming is gedoen na aanleiding van die sowat 1 000 nuwe aansoeke wat die departement van binnelandse sake in Musina daagliks van Zimbabwiërs kry wat om vlugtelingstatus aansoek doen.

Ook by die Sentrale Metodistekerk in Johannesburg raak die stroom duidelik ál groter, veral die afgelope drie maande.

Biskop Paul Verryn, leraar van die gemeente, sê die meeste vlugtelinge wat nou by die kerk aankom het gevlug van vervolging deur die Zimbabwiese regering en die grootskaalse hongersnood daar. “Hulle is verskriklik getraumatiseer en honger wanneer hulle hier aankom. Hulle leef in vrees dat hul huise in Zimbabwe afgebrand word, hul familielede ontvoer en gemartel word of doodgaan van die honger.”

Daar is slaapplek vir 1 600 mense in die kerkgebou en saans word elke vierkante meter deur slapende mense gevul. Hulle slaap selfs al in die buitelug langs die kerk en op sypaadjies in die stad.

Die Zimbabwiese regering het sy georganiseerde geweldpleging in Oktober en November verskerp en jong mense word gewerf om Zanu-PF se vuilwerk te doen, sê me. Annah Moyo, menseregteprokureur van die Zimbabwe Exile Forum.

“Jong volwassenes en kinders wat nie wil aansluit nie, word aangerand en gedreig dat hulle ontvoer sal word na die martelkampe,” sê sy.

Ná die uitbreek van cholera in Zimbabwe trek mense ook op groot skaal nader aan die grens om toegang tot mediese dienste in Suid-Afrika te kry, sê Moyo.

Mnr. Trevor Gifford, voorsitter van die vereniging van kommersiële boere van Zimbabwe, sê die sentrale bank gee boere nie meer toegang tot hul bankrekeninge nie. Plaaswerkers kry dus nie meer geld nie, net kos van die boere om hulle aan die lewe te hou, sê hy.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo