| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
|
29/11/2008 20:36 - (SA)
ANC soek na ‘werkbare plan’ Erna van Wyk
Kemptonpark Skrap regstellende aksie, vervang swart ekonomiese bemagtiging deur gemeenskapsprojekte om werk te skep en bring die doodstraf terug. Gee daarbenewens ook weer subsidies aan boere om hul hoë bedryfskoste teen te werk. Dít is van die meer as 1 800 voorstelle wat gewone Suid-Afrikaners aan die ANC gestuur het om deel uit te maak van sy verkiesingsmanifes. Die party is vandag in Esselenpark in Kempton Park nog hard aan die werk om sy manifes vir die verkiesing, én vir die volgende vyf jaar, saam te stel. Die voorstelle is egter net deel van ’n projek waarmee die ANC menings van die publiek gevra het en dit sal nie noodwendig deel van sy beleid uitmaak nie. Daar is onder meer gevra dat ministers en hul gesinne net staatshospitale gebruik sodat hulle meer bewus kan wees van die toestand waarin dit verkeer. Ook dat diensplig weer ingestel word vir skoolverlaters wat nie verder gaan studeer nie. En dat die stelsel van vakleerlingskap teruggebring word om ongeskooldes op te lei. Mnr. Jacob Zuma, ANC-president, het gister op die konferensie gesê die manifes se belangrikste fokus sal wees op “spoedige verandering”. Die belangrikste kwessies wat in die manifes vervat sal word, is werkskepping, onderwys, gesondheid, misdaad, landelike ontwikkeling en grondhervorming. “Die manifes gaan nie ’n lys van leë beloftes wees nie. Dit gaan ’n werkbare plan wees wat probleme identifiseer en oplossings gee,” het Zuma gesê. Om die land se ontwikkelingsdoelwitte te bereik, het Zuma bygevoeg, sal daar na ’n nuwe kabinetstelsel gekyk word. “Daar sal duidelike staatsingryping in die ekonomie wees om ’n volhoubare ekonomie en ons ontwikkelingsdoelwitte te bereik.” Mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer en die ANC se beleidshoof, het gister gesê misdaad is een van die belangrikste beleidskwessies wat aandag gaan kry. “Gemeenskappe moet gemobiliseer word. Polisielede moet beter toegerus word om misdaad te bekamp. En daar moet seker gemaak word dat geen ANC-lid sy posisie in die regering misbruik en korrupsie pleeg nie.” Die ANC wil ook ernstige misdaad met tot 10% verminder, het Radebe gesê. Die finale konsepdokument sal op 12 Desember saamgestel word, maar die verkiesingsmanifes sal eers op 8 Januarie bekend gemaak word.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|