News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Hotagter
Jaag jou bloeddruk op met die pragfoto's van dié week se agterbladmodelle.
Kurt breek weg vir groot vraag
Kurt Darren se loslappiedae is amptelik verby...
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 3°C 18°C
KPT 13°C 16°C
JHB 1°C 16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

29/11/2008 20:36  - (SA)  
Steun vir ANC vat 'n duik
Lizel Steenkamp    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Me. Helen Zille, DA-leier. (Foto: Brendan Croft)

Verwante Berigte
  • ANC soek na 'werkbare plan'
  • Anne-Marie Mischke: Wat die massas van Cope gaan sê, dis die vraag

  • Parlementêre Beriggewer

    Minstens 15% van die ANC se tradisioneleondersteuners gaan volgende jaar vir opposisiepartye stem uit protes teen binnegevegte in die ANC en die herroeping van oudpres. Thabo Mbeki.

    Voorts is byna vier uit elke tien ANC-ondersteuners in dié stadium so benoud oor verwikkelinge in die regerende party dat hulle huiwerig is om hul kruisie agter die ANC te trek.

    Prof. Adam Habib, politieke ontleder aan die Universiteit van Johannesburg, sê dié bevinding van ’n Ipsos Markinor-meningspeiling dui daarop dat die ANC sy tweederde-meerderheid kan verloor.

    “Ek is glad nie verbaas oor die 15% nie. Maar alles sal afhang van hoe die Congress of the People (Cope) organiseer en wat die ANC gaan doen om ongelukkige ondersteuners terug te wen.”

    Die meningspeiling is van 3 tot 22 Oktober gedoen, voordat die nasionale konvensie in Sandton plaasgevind het. Die 3?500 respondente wat in stedelike en landelike gebiede woon, het toe nog nie geweet Cope gaan gestig word nie.

    Nogtans het die opstellers van die peiling bevind “ ’n groot stryd om die harte en siele van tradi?sionele ANC-ondersteuners lê voor”.

    Tot 20% van die ANC-ondersteuners het tóé gesê dit sal “ ’n positie??we stap” wees as ’n wegbreekfaksie van die ANC ’n nuwe opposisieparty stig.

    Ook het byna drie uit elke tien ondersteuners (29%) gesê opposisiepartye moet saamstaan om ’n kragtige alternatief tot die ANC te bied.

    Voorts is bevind die ANC het sedert Desember ’n groot groep ondersteuners vervreem:

    • 46% meen die regerende party het ná die partykonferensie in Polokwane verander;

    • 42% sê hulle is “ongemaklik” oor die binnegevegte;

    • 39% sê hulle vertrou die ANC nou minder as in 1994;

    • 19% sê die herroeping van Mbeki en die uittog van ministers kan meebring dat hulle vir ’n ander party stem; en

    • 15% sê hulle sal volgende jaar vir ’n opposisieparty stem.

    Maar volgens Habib kan die persentasies teen volgende jaar heelwat anders lyk en in die ANC se guns swaai.

    “Mense moet besef die ANC sal die meeste van sy ondersteuners behou. Dis net sekere groepe soos dié in die Oos-Kaap en Gauteng wat oortuig kan word om vir ’n ander party te stem.”

    Me. Helen Zille, leier van die DA, sê egter sy ervaar dat kiesers gereed is om die ANC die rug toe te keer.

    “Ek werk al langer as 20 jaar in die Kosovo-kiesafdeling (in Philippi). Ek kon nog nooit ’n beduidende stem hier trek nie, maar nou kry ek vir die eerste keer die gevoel dat ’n aansienlike groep mense vir ons gaan stem. Dis Xhosas wat tradisioneel ANC-ondersteuners is,” sê sy.

    Volgens mnr. Phillip Dexter, beleidskoördineerder van Cope, “bevestig die meningspeiling die gevoel wat ons kry van kiesers op voetsoolvlak”. Hy sê die misnoeë met die ANC is al ’n geruime tyd aan die opbou.

    “Groot getalle mense sê ons bied ’n alternatief. Selfs mense wat ten sterkste ontken dat hulle ons steun, sal eindelik vir ons stem. Kiesers in KwaZulu-Natal kan byvoorbeeld nie openlik sê dat hulle ons steun nie.”

    Die ANC het sedert Oktober senior lede in kiesafdelings ontplooi om partybesluite soos Mbeki se herroeping aan ondersteuners te verduidelik.

    “Ons gevoel is dié uitreiking na ons tradisionele ondersteuningsbasis is suksesvol. Ons doen ook ons eie navorsing en die aanname dat 15% van ANC-ondersteuners vir ander partye gaan stem, is nie waar nie,” sê mnr. Carl Niehaus, ANC-woordvoerder.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Die DA Bo, 01/12/2008, Pierneef
    Die tyd vir verandering in SA het aangebreek en dus tyd dat SA die geleentheid aangryp. Die verkiesing is tyd dat SA moet wys dat hulle moeg is vir die ANC en sy bedrog politiek. Mense moet weet dat die ANC nie sal verandewr nie daarom is dit belangrik dat ons moet gaan stem en die veranderings aanbring. Al wen die ANC die verkiesing sal dit nie met 'n groot meerderheid wees nie maar met 'n klein meerderheid. Daarom moet SA gaan stem om verandering te ondersteun.
    anc vat duik, 01/12/2008, LOUIS
    Die nasie luister nog altyd vir die een wat die hardste klap.Die ANC sal net uitgaan en dreig en almal stem weer vir hulle Dit is in alle Afrika lande bewys.Hou op om hulself te "bluff"
    ras,raas,rassis?, 30/11/2008, Domkop
    Zille kan raas soos sy wil.Sy bly 'n wit "miesies".Mense stem steeds rasgemotiveerd ondanks die piesangrepubliek met sy flaters en al.Toe MUGABE die een flater na die ander aangevang het het sy steun steeds verhoog.Swart opposisie soos MDC het 'n verskil in steun te weeg gebring.Dit sal COPE hier kan verrig.Die vraag is ;is Cope met sy ondersteuningsbasis wat meer as 75% swart sal wees op die langtermyn tot enige voordeel vir die Afrikaner/kolonis/blanke?Die antwoord is 'n duidelike nee.Ras bepaal die antwoorde op die toekoms en selfs binne hierdie party.In Amerika het Obama 100% van die swart steun getrek en in die hele Afrika is daar nie 'n enkele uitsondering wat die teendeel al ooit bevestig het nie.Apartheid was openlike en eerlike rassisme.Die nuwe SA is verkuilde en gevaarlik oneerlike rassisme.
    Demokrasie, 30/11/2008, Dink Net
    Zim: MDC wen... Zanu PF skop daarteen en bly in bewind. Die w?ld kyk na die bedrog en ANC s?DC, Zanu PF moet saam regeer. HOEKOM? Die MDC het dan die verkiesing gewen? Of is daar gevaar vir 'n burger oorlog? Gaan dit maar nie net dieselfde in SA wees nie? COPE breek die 2/3 ANC... ANC wip hulle gatte en gooi 'n tantrum en kry hul sin, want hulle ondersteuners sal mos doodmaak vir Zuma... burgeroorlog word gebruik as wapen. Mugabe taktiek.
    Peiling - ANC verloor steun, 30/11/2008, hennie
    Dis nou die tyd, soos nog nooit tevore nie, dat almal opgekommandeer word om met die eersvolgende verkiesings te gaan stem. Vergeet 'n slag wat die doemprofete, ook in die kommentaar hierbo, te sê het en ruk op na die stembusse in duisendes. Dis die enigste manier om ontslae te raak van 'n onbevoegde regering en om al die euwels uit te roei. Daar is nou 'n kans - maak gebruik daarvan. Moontlik baan dit die weg vir die menigtes wat oorsee bly en graag wil terugkom, om die besluit gouer te neem. Suid-Afrika is tog 'n goeie land wat soveel bied. Elkeen se stem kan dit net nog beter maak.
    Wat moet ek glo, 30/11/2008, Matt Heyns
    Roelfie glo enigiets net nie vir oorlede Kareltjie nie.Hy walg ons!
    SAMESMELTING, 30/11/2008, peter
    Cope bestaam uit 'n groep verontregtes, wat bloedneus by Polokwane gekry het. Dieselfde mense het absoluut niks vir ons beteken toe hulle knus in hul stoele gesit het nie. Watter verandering kan hulle teweegbring? Die dag as Cope, die DA en die OD gaan saamsmelt, sal ons werklik 'n teenvoeter vir die ANC het en dan kan so party verseker wees van my kruisie.
    Peilings wat so verskil!, 30/11/2008, Kaslo
    Ja - mens kan nie al die peilings glo nie. Wat wel waar is, is dat die ANC tans soos 'n kat op 'n warm plaat optree. Hulle weet hulle gaan BAIE steun verloor en verseker gaan hulle nie 2/3 meerderheid kry om te maak en breek soos hulle wil nie. Ek kan nie glo dat enige regdenkende mens eers daaraan kan dink om vir die ANC te stem nie - jy is of dan dom en oningelig, of jy kry 'n salaris of een of ander voordeel uit die ANC aan bewind. Hopelik is daar genoeg "regdenkende" mense in die land om vir sinvolle politieke partye te stem...
    ANC Steun Verloor ?, 30/11/2008, Pieter
    Dit is hoogs onwaarskynlik dat 'n organisasie wat nog nooit vrywillige steun gehad het nou ewe skielik steun sal verloor nie. Miskien onder 'n sekere groep maar definitief nie algemeen nie want die steun word of gekoop of mense word gedwing om die ANC te steun. Indien dit onlogies klink dink maar aan die JZ sagas, die Regter wat te diep in die bottel kyk, die hoofregter, of die moeder van die nasie waarvan die hoofgetuie in 'n Zambiese tronk aangehou is. 'n Terroris kon nog nooit aanvaar dat iemand hom nie steun nie en die metodes om steun te bewerkstellig is tog wel bekend.
    Meningspeiling, 30/11/2008, Alibaba
    Hierdie storie het voor die vorige verkiesing ook gesirkuleer, en toe word dit 70%. Ek hoop van harte vir SA se part dat die ANC se steun duik tot onder 60% (om die grondwet te beskerm), en as die Vader ons genadig is tot onder 50% sodat hulle regtig tot verantwoording geroep kan word, maar ek sal dit eers glo as ek dit sien.
    Winnie Zille, 30/11/2008, wehries
    Die prentjie wat geskets word klink na bietjie lig in die donker tonnel. Wat my egter effens skepties laat is Helen Zille se neiging om die Comrades se maniere in die openbaar uit te haal. Ek verwys na haar publieke toi-toi dansery, haar deelname aan optogte en daardie tipiese Winnie-gebalde vuis. Laat my wonder of sy nie maar 'n Winnie in 'n Zille vel is nie...?
    Ek verwed my geld op Helen en die DA, 30/11/2008, PierredP
    Die DA -- onder leiding van 'n onkreukbare Helen Zille met die nodige vuma, insig en algemene menslike aanvaarbaarheid -- moet 'n ernstige bedreiging inhou vir partye (lees veral ANC) wat vir so lank hoofsaaklik op melanienvlakke gesteun het. Hierdie vrou weet wat in die harte van die ganse kieserskorps skuil en sy gaan 'n moeviese verskil maak aan die RSA-politieke toneel. Ons kan maar so lank ons plekke bespreek vir die groot "showdown". Zuma en die ANC het nie 'n idee hoe slapgat hulle eintlik is nie en wil nie glo dat die mense hulle met niks meer vertrou nie. Die gaaitjie in die dyk gaan spoedig 'n vloed word! Watch the score in 2009!
    Meningspeilings, 30/11/2008, Jorrie Jordaan
    Nee wat, steur jou nie aan peilings nie. Nou dat die gravy train besig is om tot 'n screeching halt te kom, gaan al hoe meer afspring. Die ontnugtering sal egter na die verkiesing kom wanneer die afspringers besef daar is nie 'n ander gravy train om op te spring nie. Dalk keer ons nou stadig terug na die beskawing.
    steun vir anc duik, 30/11/2008, Martie
    Wat help dit almal baklei oor wie die regerende party gaan wees, as hulle nie tot bekering kom en God vra vir wysheid nie sal dinge nie goed gaan nie.Ps 127 vers 1 staan As die Here die huis nie bou nie, tervergeefs werk die wat daaraan bou, as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. En in Spr 28 vers 13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie, maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. God is baie beslis nie in beheer nie, die duiwel homself is. Ons moet eerder bid dat al die leiers wat so baklei om mag te kry tot bekering sal kom.
    Stem vanaf buiteland, 30/11/2008, Schalk
    Ek woon amper 7 jaar in Engeland en hou dinge in SA altyd fyn dop om die regte besluit te kan maak vir wanneer ek terug na my land toe kan kom. Ek voel dat n sterk oposisie party die deurslag gewende faktor kan wees in so n besluit. As hulle ons in die buiteland sou toelaat om te stem is ek seker dat die ANC n lelikke verassing gaan kry. Intussen kan n mens help om dinge te verander deur met almal om jou te gesels oor die voordele van so n oposisie en hoe dit ons grondwet kan beskerm teen die ANC en die nuwe Sous-trein passasiers.
    ANC steun vat duik, 30/11/2008, Gert Van der Linde- Pinetown
    Dis `n droom om te dink die DA kan die verandering teweeg bring. Eerder COPE wat `n duik kan maak. Die VF+,DA,ID,UDM,IFP en COPE met ander sal eerder saam `n kans he om op plekke te regeer. Alleen sal die ANC oorheers.Hopelik sal die 2/3 grote van die ANC wegval, en die voordeel van `n Proporsionele stelsel tot sy reg kan kom.
    Nuwe toneelstuk, 30/11/2008, jc
    Meningspeilings kan verskillende stories vertel. Die feit is die gordyne is pas oopgetrek op SA se nuwe politieke verhoog en meeste mense het nog nie eens die program in die hand om te sien waaroor alles gaan nie. Afwagting is GROOT en meeste sal seker eers bietjie wag voor hulle 'n mening waag.
    Steun vir ANC, 30/11/2008, Johan Venter
    Roelfie, vra vir die instellings wat opnames net die vraag:"Wie betaal vir die opname?". Dan weet jy ook sommer wie betaal vir die advertensie genoem 'nuusitem'
    Peilings en Kopskuiwe, 30/11/2008, Lourens Oosthuizen
    Meningspeilings het waarde, maar is gister se goed op vandag se voorstoep. Die werklike toekoms word eers sigbaar wanneers daardie pakkie die fan strike iewers vorentoe. Dat daar 'n groot verskuiwing gekom het, is gewis, en die COPE rippels op die dam gaan nie na die komende verkiesing verdwyn nie. Mag dit momentum kry met nog groter kopskuiwe onder apatiese Afrikaanssprekendes sodat 'n NUWE DEMOKRATIESE ORDE groter balans in partypolitiek verseker.
    PEILING ONBETROUBAAR, 30/11/2008, Koos Karoo
    'n Nasionale peiling wat gebaseer is op 'n monster van 4000 mense is geheel-en-al onbetroubaar. Die situasie is in elk geval vloeibaar en verander van week tot week. As COPE sy sake kan regkry voor die verkiesing, wag hier 'n paar verrassing op Kangaman Stortkop en Julius Dilemma en kie.
    ANC verloor lede , 30/11/2008, frikkie botes
    op facebook is n COPE groep gestig wat daagliks groei.die mense staan al op 4 duisend en die woord word al hoe meer versprei.En mens kan sien hulle is vuur en vlam om dit te laat werk.Nog nooit gesien hoe swart en wit kan saamstaan nie ? gaan kyk dan op facebook.Dia ANC groep het 1 100 lede en hulle stem nie saam met mekaar nie.Ons moet nou die yster smee terwyl dit warm is.Al wen die ANC ,sal dit met n goeie opposisie wees die keer en die ANC sal hard probeer in die volgende 5 jaar om kiesers terug te wen.so ons kan verseker wees dat dinge net beter sal gaan vorentoe
    Steun vir ANC vat 'n duik, 30/11/2008, Koos
    Leer uit die voorbeeld van Afrika. Afrika kiesers verraai nie sommer hulle struggle helde nie.
    Steun vir ANC vat 'n duik, 30/11/2008, Jan van Zyl
    Hierdie is die beste nuus vir ons land in 'n lang tyd! As daar 'n moontlikheid bestaan dat groot opposisiepartye soos die DA en COPE in koalisie van die plaaslike owerhede, provinsies, en selfs die nasionale regering kan oorneem, sal Suid-Afrika net daarby kan baat. Ons is moeg vir die absolute onbekwaamheid, vir nepotisme, vir rassisme en blatante haat soos deur baie ANC verteenwoordigers uitgespreek word. Gee die ander 'n kans. Ons land KAN werk met die regte mense wat die regte gesindheid het!
    ANC steun duik, 30/11/2008, Antonio Vespucci
    Bravo! Nou kan dit net beter met SA gaan.DA en COPE maak die verskil. Ek hoop mense se oe gaan nou oop.
    Steun vir ANC Duik, 30/11/2008, Olla
    Sal die ANC die uitslag van 'n verkiesing aanvaar, sou hulle verloor teen COPE? Dit is die vraag wat ons eintlik moet vra. Die ANCYL se slagsprekke kan dalk ons eie burger oorlog begin.
    Steun vir ANC vat 'n duik, 30/11/2008, Nico
    Dit kan net vir die land goed wees as die ANC steun verloor.
    Sterk Opposisie Nodig, 30/11/2008, Jerome Lucas
    Ek het die land verlaat 7 jaar gelede, na 3 jaar as waarnemende hoof van n afdeling in die publieke sektor in SA. Ek het van onder begin in Engeland,maar na 1 jaar het ek hoof geword van a groot afdeling sonder dat my kleur as bruin man enige invloed gehad het. Ek glo ek is op meriete aangestel omdat my span meesal van die teikens bereik. Ek doen tans my Meesters in Bestuurs Wese en my plan is om nog steeds om terug te keer om ons Publieke Sektor reg te ruk. Dis waarom n sterk opposisisie nodig dat niemand te veel mag het om slegs in hul eie belang op te tree ten nadeel van die res van ons.
    steun vir anc vat duik, 30/11/2008, tewie
    Ek is van mening dat die anc wel groot ondersteuning gaan kry in die verkiesing. Kiesers moet hulle nie blind staar teen media berigte nie en moet hulle self vra wat ander partye vir RSA kan beteken of is dit net weer om hulle plekke in die parlement te verseker vir die volgende vyf jaar as LUR's of Raadslede. Kiesers moet onthou dat hierdie kanonne deur hulle verkies word. Pasop om mense te volg en nie beleid nie.
    You go girl!, 30/11/2008, Colin
    Ek hoop en bid ek kan nog so minstens dertig jaar lewe. Net om die wederkoms van ons Liewe Vader saam met JZ te kan ervaar. Op dieselfde verhoog, trappie of sommer net daar wat dit saak maak. Kameraad JZ, die ANC het mense onvervangbaar probeer maak. Nogals nie. Jy sal iemand se hand moet vat en bitterlik om verskoning vra.
    PEILINGS, 29/11/2008, Roelfie
    Net 'n week of wat gelede het 'n ander peiling getoon dat die ANC sy meerderheid tot 74% sal opstoot. Wat moet 'n mens glo?
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    DirectAxis-Lenings
    Reis en Verblyf
    Motor- & huisversekering
    Kry R100 gratis by Piggs Peak
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Rapport-foto's
        Stem
    Steun jy die staatsdiensdokters se protesoptrede?
    Ja, hulle word te min betaal.
    Ek steun die dokters, maar nie die staking nie.
    Nee. Hulle verdien genoeg.

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo