| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
03/01/2009 18:23 - (SA)
Cameron kry Nuwejaar-nuus Gavin Prins
Johannesburg Laat op Oukersaand het regter Edwin Cameron (55) ’n oproep van hoofregter Pius Langa ontvang om vir hom te sê hy kan ’n regter in die konstitusionele hof word, maar dat pres. Kgalema Motlanthe die aanstelling eers moet bekragtig. Toe begin Cameron al “voorlopig, versigtig en suutjies” feesvier totdat die presidensie hom op Oujaarsaand amptelik laat weet het die pos is wel syne. Die nuus oor Cameron, wat tot onlangs toe ’n regter in die appèlhof was, se aanstelling is wyd verwelkom. Die Treatment Action Campaign (TAC) meen Cameron is die beste regsman van sy generasie. Hy het wêreldwyd opslae gemaak toe hy die eerste senior regeringsamptenaar geword het wat openlik erken het hy het MIV/vigs. Sedertdien het dié gay-aktivis hom toegespits op gay-regte en selfs gehelp om die handves van regte oor vigs en MIV op te stel. Daarby het hy ook drie boeke, waaronder die bekende Witness to Aids, geskryf. Oor sy aanstelling sê Cameron gister: “Dit is ’n nuwe uitdaging. Dit voel vir my soos ’n geleentheid om te dien. Ná agt jaar in die appèlhof, en voor dit ses jaar in die verhoorhof, bied die konstitusionele hof nuwe en interessante uitdagings.” Cameron erken Suid-Afrika se regstelsel kan verbeter word. “Ek begin by myself. Ons kan nie doekies omdraai nie. Ons regstelsel stel ons land en sy mense teleur. “Die hofstruktuur is oorlaai en ondoelmatig. Veral wat misdaad betref, is die posisie liederlik. “Die twee grootste uitdagings in die regstelsel is om misdaad in bedwang te bring, en om deur die maatskaplik-ekonomiese regte wat in die Grondwet belowe word te verseker dat almal in die land oor die minimum voorwaardes vir ’n waardige bestaan beskik.” Cameron sê voorts: “Regters en senior regslui (ek begin wéér by myself) doen nie genoeg om grondwetwaardes te verduidelik en oor te dra nie. Ek is betrokke by etlike kindertehuise en kinderorganisasies en is van plan om my werk daar voort te sit, asook by vigsorganisasies.” Cameron vervang regter Tholekile Madala wie se termyn onlangs geëindig het.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|