| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
|
03/01/2009 18:23 - (SA)
Proteas-afrigter hou by sy koue belofte Eduan Roos
Sydney Beloftes maak skuld. Daarom moes Mickey Arthur, die Suid-Afrikaanse krieketafrigter, Woensdag die “vuil, yskoue water” van die Sydney-hawe, voor duisende nuuskierige ooggetuies, trotseer. “Ek het voor die toer aan die spelers belowe dat, sou ons die reeks reeds voor die derde toets wen, ek in die Sydney-hawe sou swem,” het Arthur aan Rapport gesê. Die Proteas, wat nog nooit voorheen ’n toetsreeks Doer Onder kon wen nie, het Dinsdag geskiedenis gemaak en aangedring daarop dat Arthur sy belofte nakom, toe die span hul gebruiklike Nuwejaarspartytjie die volgende dag gehou het. Die span het omstreeks 19:00 op ’n bootrit in die hawe vertrek om die stad se skouspelagtige vuurwerkvertoning te aanskou – en onder die oë van meer as anderhalf miljoen mense, wat die hawebrug en operahuis volgepak het om die vuurwerk te sien, moes Arthur sy belofte nakom. “Die ouens het aangedring daarop dat ek dit kaal doen, maar met die aandag van feitlik die hele Australië op die hawe én ’n paar veiligheidsbeamptes op die boot, het ek nie kans gesien daarvoor nie,” het Arthur gelag. Hy het wel, in ’n helderpienk swembroek en onder die luide toejuiging van die spelers, gewag dat die wagte wegkyk en met ’n laaste oorwinningsgebaar na sy span in die water geplons. “Die water was vuil en baie koud, maar beloftes maak skuld. Ná die reuse-Kersgeskenk wat die spelers vir my gegee het deur die reeks reeds in Melbourne te wen, het ek dit met graagte nagekom.” Asof Arthur nie reeds skrikkerig genoeg was vir die miljoene oë en die wetstoepassers nie, het die spelers hom boonop verder die skrik op die lyf gejaag deur “haai” te skreeu. ’n Rits onlangse haai-aanvalle aan die Australiese kus het die afgelope week hul televisienuus oorheers en Arthur erken dat dié “waarskuwings” sy swem kortgeknip het. “Die spangees sedert Melbourne was fantasties en die bootrit net die regte manier om ons ongelooflike jaar af te sluit,” het hy gesê. “Die ouens het verdien om dié sege behoorlik te vier. Ons het die beste jaar in Suid-Afrikaanse krieketgeskiedenis gehad en die partytjie het daarby gepas.” • Wen die Proteas in die huidige Sydney-toets, sal dit die eerste keer in 122 jaar wees dat iemand teen die Aussies in hul agterplaas skoonskip maak – én sal die Suid-Afrikaners boonop die tuisspan onttroon as die voorste span op die Internasionale Krieketraad (IKR) se toetsranglys. “Ek dink die grootste rede vir ons sukses was die verhouding tussen my en Graeme (Smith, Protea-kaptein),” het Arthur gesê. “Dis amper soos om getroud te wees – ons vertrou en respekteer mekaar, al stem ons beslis nie altyd saam nie. “Dié vertrouensverhouding is iets wat in die verlede geskort het en ek dink daar was in die verlede dalk te veel ego’s betrokke. “As die spelers sien dat die afrigter en kaptein in dieselfde rigting werk, sal hulle volg.”
|
||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|