News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Hotagter
Jaag jou bloeddruk op met die pragfoto's van dié week se agterbladmodelle.
Kurt breek weg vir groot vraag
Kurt Darren se loslappiedae is amptelik verby...
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 3°C 18°C
KPT 14°C 16°C
JHB 1°C 16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

03/01/2009 18:23  - (SA)  
Af met die pryse!
Marthinus van Vuuren    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Johannesburg

Die verbruiker sal “binne die volgende weke” drastiese verligting in sy sak voel nadat die departement van minerale en energie Vrydag aangekondig het die pompprys van petrol gaan Woensdag met tussen 134c en 137c per liter daal.

Die prys van diesel en paraffien word ook drasties verlaag – die groothandelpryse onderskeidelik met 167c en 131c.

Die nuutste verlagings dui op ’n brandstofprysdaling van tot 44,5% sedert Julie verlede jaar.

Volgens kenners kan groot verligting met kospryse aan die kom wees.

Prof. Johan Willemse van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat glo die verlaging in die brandstofprys sal dadelik meer geld in die verbruiker se sak plaas.

’n Liter loodvrye petrol het motorryers in Julie tot R10,40 per liter uit die sak gejaag, terwyl dit Woensdag R6,01 en R5,77 aan die kus sal kos. Dít dui op ’n besparing van R254,65 op ’n tenk brandstof van 55F (aan die kus) .

“Dit is die onmiddellike voordeel,” sê Willemse. Tweedens beteken dit dat vervoermaatskappye ook laer tariewe sal kan begin vra, wat beteken dat die rakprys van vars produkte soos groente, vleis, eiers en suiwel betreklik vinnig verlaag sal word.”

Volgens Willemse gaan die prys van graanprodukte nie so gou daal nie, maar verbruikers sal teen die tweede helfte van 2009 ook vir dié produkte minder opdok.

Me. Lillibeth Moolman, voorsitter van die Nasionale Verbruikersunie, glo die daling in brandstofpryse gaan ’n “domino-effek” hê.

“Dit is onafwendbaar dat kospryse sal daal. Produkte wat baie afhanklik is van vervoerkoste – soos brood – behoort binnekort goedkoper te wees.”

Moolman is dit ook eens dat die prys van graanprodukte nie gou sal daal nie, maar dat dit op lang termyn goedkoper sal word omdat boere se insetkoste gaan verminder.

Mnr. Jaco Kleynhans, woordvoerder vir Solidariteit, sê die verbruiker is veronderstel om verligting met kospryse te ervaar, maar dat dit ondanks die afgelope maande se verlagings in brandstofpryse nog nie gebeur het nie.

“Ons sal supermarkgroepe in die volgende maande baie fyn moet dophou om te verseker dat verbruikers nie uitgebuit word nie. Die verlaging van kospryse is ook belangrik vir die inflasiekoers sodat dít vinniger kan daal.”

Mnr. Dawie Roodt, ekonoom van die Efficient-groep, is minder optimisties oor die uitwerking wat die verlaging van die brandstofprys vir kospryse gaan inhou.

“Daar is nie ’n een-tot-een-verhouding tussen dié twee nie. Kospryse het destyds minder as brandstofpryse gestyg, en sal ook minder as brandstofpryse daal.

“Ons sal dit ook nie dadelik sien daal nie. Dit is nietemin beslis besig om te stabiliseer en in sommige gebiede te daal, en dit is nie net brandstofpryse wat ’n rol gespeel het nie.”


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Melkprys: Wie vat die geld wat boere nie meer kry nie?, 05/01/2009, Ben (stadsjapie)
Die groot melkkopers het 'n paar maande gelede die prys wat aan boere betaal word verlaag. Die verbruiker betaal nog steeds meestal bo R7 / liter. Melkboere loop groot risiko's en werk 7 dae per week ure wat bitter min van ons voor sou kans sien. Die boer kry egter net sowat een-derde (!) van die rakprys in die supermark. Dit is hoog tyd dat daar verduidelik word waarheen die 60c per liter daling vanaf R3-10 per liter na slegs R2-50/l gaan omdat daar kwansuis 'n melkoorskot was. Kleinhandelpryse is toe nie eers verlaag om verbruik te stimuleer nie. Daarby het vervoerkoste ook sedertdien gedaal. Tensy die pers wat in groot opskrifte "Af met die pryse! " verkondig, met ondersoekende joernalistiek die verantwoordelike misleiers identifiseer en in skande openbaar sal daar niks gebeur nie. 'Ekskuus' dat ek oor-optimisties verwag het dat Rapport met voorbladopskrif begin druk uitoefen het dat dit moet gebeur ... Dit is toe weer net onwaarskynlike teoretiese voorspellings van ekonome om semi-misleidend koerante te verkoop. Hou asb op maak of 'n laer inflasiekoers beteken pryse daal, terwyl dit steeds teen veel meer as 10% pj aanhou styg!!- Dan is selfs die amptelike inflasiesyfer 'n onderskatting - met watter doel??!! Ons betaal bv dubbel soveel as laas jaar vir vars vrugte en groente (vir dit wat jy nog kan kry.) Dis nou vir die deel wat nog nie ge-'land reform' NIE meer geproduseer word nie of vrot gekneus na al die slaggate by die mark aankom nie. As mens die plattelandse en selfs sekond? paaie ry sien mens prakties niks van die 'reuse besteding aan infrastruktuur' nie - wel al groter slaggate. Ons is KEELVOL vir al die politieke korrekte misleiding en het beter verwag van die pers - tot mens kyk aan wie persgroepe soos Naspers en kie 'regstellend' lojaal is .....
Pryse daal?, 04/01/2009, Cobus Botha
Die kanse dat kos pryse gaan daal a.g.v. die dalende brandstof, is so groot soos die kanse dat die Sharks weer die Currie Beker in 2009 gaan wen - 0%!!
verlaging is kos pryse?, 04/01/2009, Arend Jacobus Keulder
dit sal die dag wees as die kos pryse daal. kan iemand my se met hoeveel het kospryse gedaal die afgelope 2 maande na verlagings in brandstofpryse?
Dalende pryse agv brandstofverlaging?, 04/01/2009, Brentie
As kospryse agv dalende brandstofpryse wel daal sal dit werklik iets besonders wees.My vermoede is dat veral in die vervoersektor die meevallertjie nie in die sakke van die verbruiker gaan beland nie maar wel in die sak van vervoeroperateurs.
Voedselpryse, 04/01/2009, Lydia Eybers
Ek wil nie saamstem met Dawie Roodt dat kospryse minder as brandstofpryse gestyg het nie. Die koffie wat ons gebruik het vanaf R23.00 gestyg na R43.00 en margarien vanaf R9.00/R12.00 tot R24.00. Dit is maar net twee produkte en daar is nog vele meer om op te noem.
Kospryse daal, 04/01/2009, Rene van Wyngaarden
Sien is glo. Die geldwolwe sal wel weer met 'n nuwe verskoning kom om die pryse te laat styg.
Prysverlagings, 04/01/2009, Dries Cilliers
Wat het geword van die Minister se aankondiging maande gelede dat daar onmiddelik aandag gegee gaan word aan "LPG" se prys verlagings, party plekke se gaspryse het inteendeel opgegaan, waar is die beheer? of maar net weer leë beloftes!
Brandstof verlagings., 04/01/2009, Francois Pretorius
Een ding wat ek nie kan klein kry nie is gas pryse. Die oomblik as brandstof verhoog gaan gas se pryse op maar as brandstof verlaag bly gas se pryse steeds hoog.Is die twee gekoppel of nie. Ek het n besigheid wat baie afhangklik is van gas en sou graag meer wou weet aangaande die bepalings op gas pryse.
brandstofverlagings, 04/01/2009, Pierre
Dit is altyd goeie nuus wanneer 'n verlaging in brandstof aangekondig word. Net jammer dat die "domino-effek" nie in die groter prentjie deurgevoer word nie. Almal praat van staal pryse wat al intussen begin afkom het...huh, waar, op Mars? En so kan ons aangaan. Nou die dag kyk ek toevallig 'n nuusberig op Botswana Nuus kanaal. Wat ek baie interessant gevind het is dat taxi en bus tariewe aangekondig word op hul nasionale TV. Met ander woorde, as ons in Suid Afrika so 'n sisteem kan he, sal ons werkers en bediendes ons nie meer langer n rat voor die oe kan draai met hul aanhoudende gekla oor "transport-fees" nie. En laat ons waag om die fooie ooreenstemmend te verlaag, dan is ons rasiste en word ons summier by die CCMA aangekla...kan iemand iets daaromtrent ook probeer doen, sodat daar na ons as werkgewers ook regverdigbaar gekyk kan word en sodoende daar meer geld beskikbaar gestel word vir indiensnemings.
Suiwelpryse, 04/01/2009, Dr.W.J. Roux
Is ons nie almal bly oor die verlaging van brandstofpryse nie. Ek wil egter heelhartig met Dawie Roodman saamstem. Oktober 2007 moes ons as melkboere diesel heffing begin betaal vir die eerste keer in ons lewe groot aankoper in Pretoria. Sederdien het die boerprys van melk verlaag van R3.10 na R 2.50. Die diesel heffing staan nog steeds van R0.05/liter melk. In die tussen tyd het die dieselprys al gedaal van R11.00/liter tot R8.50/liter in Potchefstroom. Nog steeds betaal die boer die diesel heffing. Melkboere klim uit die bedryf teen boer per dag. As daar geneem word dat daar slegs sowat 4000 melkboere in die land oor is wil ek die verbruiker waarsku dat ek sien dat u na die tweede helfte van die jaar prysverhoging in suiwel te wagte kan wees aangesien daar te min suiwel in die land gaan wees.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
DirectAxis-Lenings
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Steun jy die staatsdiensdokters se protesoptrede?
Ja, hulle word te min betaal.
Ek steun die dokters, maar nie die staking nie.
Nee. Hulle verdien genoeg.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo