News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
    Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 15°C 31°C
KPT 16°C 21°C
JHB 12°C 26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
17/01/2009 21:49  - (SA)  
Bende beroof en ontvoer dominee op plaas
Willem Pelser    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Ds. Albert Venter (56) van Marble Hall in Limpopo is Vrydag deur plaasaanvallers in die kattebak van sy motor geboender en ontvoer. (Foto: Willem Pelser)


Marble Hall

’n Grootskeepse soektog is Vrydag op tou gesit na ’n bende plaasaanvallers wat ’n predikant van Marble Hall ontvoer en beroof het.

’n Polisiehelikopter en helikopters van plaaslike boere is onder meer ingespan om in die ruigtes by Marble Hall te soek na die bende wat ds. Albert Venter (56) Vrydagoggend oorval het.

Met druktyd is ’n man wat op en af naby Venter se plaas gery het deur die polisie ondervra. Hy is egter nog nie aangekla nie en word steeds ondervra, het ’n senior bron in die polisie gister gesê.

Venter was gister steeds getraumatiseer. Hy vertel hy was op pad na die kerkkantoor by die NG kerk op die dorp toe hy by sy plaashek deur vyf aanvallers voorgekeer is. Vier was met pistole en rewolwers gewapen.

Hulle het Venter hardhandig op die grondpad naby die plaashek neergegooi en op sy rug gestaan terwyl hy deurgesoek is vir geld.

Hulle het sy beursie, bankkaarte, selfoon en horlosie gevat.

Toe Venter by die rowers pleit dat hulle tog net nie sy trouring ook moet vat nie, het een van die rowers ’n rewolwer oorgehaal en teen Venter se kop gedruk. Hy het gegil Venter moet stilbly en dat hy nie sal huiwer om hom te skiet nie.

Die aanvallers het Venter in die kattebak van sy Volkswagen Polo Classic ingeboender en lank met hom rondgery op ’n veldpaadjie die bosse in.

“Dit was absoluut angswekkend terwyl ek in die kattebak was; ek was oortuig hulle gaan my doodmaak,” sê hy.

Maar ná ’n ruk se rondryery in die veld het hulle by sy plaashuis stilgehou.

“Toe ek besef die bende is nou by my huis, het ek hardop gebid dat my vrou, Susan, tog net gespaar moet bly. Dit was ’n verskriklike gevoel om te weet ek is magteloos om my vrou te help. Dit was die donkerste oomblikke van my lewe,” vertel Venter.

Een van die rowers het intussen uitgeklim en kalm na die plaashuis se voordeur gestap. Toe mev. Venter by die voordeur kom nadat sy voetstappe gehoor het, het die rower ’n pistool op haar gerig terwyl hy “good morning” gesê het.

Mev. Venter het geskrik en “histeries na die studeerkamer gehardloop”. Sy het die polisie met haar selfoon gebel.

Toe die rowers sien die voordeur is gesluit, het hulle weggejaag, met Venter steeds in die kattebak. Sy hande was vasgebind.

’n Ent van die plaashuis af het die rowers onverklaarbaar stilgehou en die veld ingevlug.

Venter kon hom ná ’n ruk loswoel en het in die kattebak die agterste sitplekke oopgebeur en só uitgekom.

Die polisie was binne vyf minute op die toneel en het versterkings van so ver as Polokwane ontbied. Venter is baie beïndruk deur die polisie van Marble Hall se reaksie. “Hier was binne minute seker 50 of 60 polisiemanne op die plaas,” sê hy.

’n Bron in die polisie het gister gesê die aanvallers is vermoedelik dieselfde bende wat die gebied al ’n jaar lank teister.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo