News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
    Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 17°C 30°C
KPT 18°C 24°C
JHB 13°C 27°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
29/03/2008 17:08  - (SA)  
fliekTYD: Die yskas en 'n lekker ‘nanny’

deur Marguerite Robinson    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

THE NANNY DIARIES

Rolverdeling: Scarlett Johansson, Laura Linney, Alicia Keys, Chris Evans, Paul Giamatti, Nicholas Art

Regisseur: Robert Pulcini, Shari Springer Berman

Ouderdomsperk: PG

Punt: 2 (uit 5)

Wanneer die gegradueerde Annie Braddock (Johansson) – met vakke soos ekonomie en antropologie – by haar eerste onderhoud by ’n finansiële instelling vir ’n ses geslaan word met die vraag “Wie is jy?” strompel sy in ’n eksistensiële waas daar uit, red ’n bedorwe brokkie (Art) en word terstond deur die dankbare mammie, Mev. X (Linney), ’n pos aangebied as kinderoppasser.

Wat hierop volg, is ’n proses van wie sy baie beslis nie is nie (die viesaaklige neus-in-die-lug-gesin vir wie sy werk) na die uiteindelike selfontdekking van wie sy wel is (’n meisie met ’n goeie hart wat haar goeie invloede laat geld). En dit alles doen Annie vir ons na aanleiding van ’n sogenaamde antropologiese studie met haar eie “toevoegings” tot die Museum of Natural History.

En hier op u regterhand, dames en here, die tipiese Upper East Side-gesin in New York: Mammie en die yskas kompeteer wie die koudste kan wees; pappie (Giamatti) is deel van die klub van die manne met die dwalende hande; en die spruit, die arme spruit smag na aandag wat uitlating vind in sy woede-uitbarstings.

En dit is nie al nie, dames en here.

Die objektiewe toeskouer-verteller-navorser is die uiters aanvallige Annie. En raai-raai, Annie lyk nie soos die ander kinderoppassers wat ewe gedwee buite die skool vir die liewe kindertjies wag nie (buiten vir die feit dat die rol deur Johansson vertolk word!). Sy lyk nie soos iemand wat dit om den brode doen nie en wat geen keuse het nie, want inderdaad het sy ’n keuse. Sy is nog net besig om die groot vraag uit te pluis oor wie sy is.

Natuurlik het sy die reg om haar “ondersoek” te doen uit haar bevoorregte posisie, maar daar was vir my iets vals daaraan. Sy was vir my meer ’n voyeur as ’n werklike deelnemer – as iemand wat ’n ervaring meemaak wat jou lewe dramaties verander.

Eweneens was dit vir my onduidelik wat presies The Nanny Diaries wou wees. Is dit veronderstel om ’n satiriese blik op ’n sekere deel van die samelewing te wees, of ’n aangrypende verhaal van ’n jong meisie wat haarself vind en in die proses ander ook tot nuwe insigte bring.

So tussen die twee stoele deur was dit soms snaaks en wou ’n mens se hart af en toe na die arme bloedjie uitgaan. En soms het dit beslis ook herinner aan die werk van ’n student wat op hol gegaan het met haar onderwerp: nie naastenby so interessant soos wat die ywerige student dink nie.

Dankie tog dus vir Linney wat die kompetisie met die yskas gewen het (en dan later oortuigend ontdooi). Oor die pruilende Johansson kan ’n mens niks sê nie. Daar is sekerlik nie ’n enkele man onder die son wat haar nie graag as ’n kinderoppasser wil aanstel nie, want seuntjies bly immer seuntjies.

WALK HARD: THE DEWEY COX STORY

Rolverdeling: John C. Reilly, Jenna Fischer, Tim Meadows, Kristen Wiig

Regisseur: Jake Kasdan

Ouderdomsperk: 16 LNS

Punt: 3 (uit 5)

Die vet weet, dit is nie maklik om ’n rock-ster te wees nie. Inteendeel. Dit is ’n harde, moeilike pad waarop ’n mens geteister word deur ’n ooraanbod van dwelms; ditto aanvallige vroue; en wees verseker, jou miserabele kindertyd sal jou agtervolg soos ’n brandsiek hond.

En dít is die droewige verhaal van Dewey Cox (Reilly) – die wipplank-bestaan van ’n ster, wat sedert hy per ongeluk sy broer in twee gesny het sy hele lewe deur net op soek was na liefde en aanvaarding. En wat sy hart en siel in sy musiek uitgestort het.

Parodieë op rolprente is nie maklik nie en slaag dikwels nie (waarvan die onlangse Meet the Spartans ’n uitstaande bewys is), maar Walk Hard kry dit (veral in die eerste helfte) nogal goed reg om heerlik die draak te steek met Walk the Line. Daar is ’n fyn lyn tussen ’n tragedie en ’n sentimentele tranetrekker. Walk Hard steek die lyn oor en slaag soms daarin om ’n mens te laat skater van die lag.

Wanneer die Beatles bygesleep word en die vroue in Dewey se lewe met die spoed van straatkatte vermenigvuldig, raak die prent die pad ietwat byster. Maar dit is nogtans ’n heel prettige anderhalf uur in die geteisterde Dewey se geselskap. Reilly kwyt hom heel goed van sy taak, maar dit is dire tranetrekkermusiek wat spesiaal vir die prent geskep is, wat die kollig steel en ’n mens tot trane dryf (nie van huil nie!). Dit is voorwaar ’n harde pad, mense. Al wat ’n mens kan doen, is om hom te loop – hard en voluit te loop.

HORTON HEARS A WHO

Met die stemme van onder andere Jim Carrey en Steve Carell

Regisseurs: Steve Martino en Jimmy Hayward

Ouderdomsperk: PG

In sy openingsnaweek in Amerika het Horton Hears a Who die beste bywoningsyfers vir die jaar tot dusver behaal en die kritici is ook gaande daaroor.

Die skeppers van die Ice Age-prente het die klassieke en geliefde verhaal van Dr. Seuss na die grootskerm gebring en dit lyk asof daar konsensus is: groot vreugde en waardering.

GRACE IS GONE

Rolverdeling: John Cusack, Alessandro Nivola, Gracie Bednarczyk, Shélan O’Keefe, Mary Kay PlaceRegisseur: James C. Strouse

Ouderdomsperk: 10 ML

Die gevolge van die Irak-oorlog op Amerikaners word op ’n baie persoonlike en intieme manier in Grace Is Gone uitgebeeld.

Stanley (Cusack), ’n pa van twee dogters, weet nie hoe om die nuus van hul ma se dood aan hulle oor te dra nie en besluit om hulle op ’n uitstappie van ’n paar dae te neem, wat uiteindelik sal eindig in hul ma se begrafnis. En iewers tussenin moet hy vir hulle die verskriklike nuus vertel …



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo