| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
29/03/2008 17:07 - (SA)
voorBlad: Heino is ’n retro-man deur Marisa Beeton
My vriendinne “kyk nie sepies nie”. ’n Gesprek daaroor gaan gewoonlik gepaard met die rol van oë en ’n lys van dinge wat hulle “haaaaaaaat!”. Maar ek weet al van beter. Ná ’n paar glase wyn vra ek weer: “Nou wat dink julle gaan tussen Altus en Paula gebeur?” “Ohoe, hulle twee sal tog weer bymekaar kom,” verklaar die een. “Hulle is dan die twee mooiste mense op 7de laan.” “Altus kan beter doen, met iemand soos byvoorbeeld ek,” sê die ander terwyl sy haar blonde hare terugskud en nog ’n sluk wyn neem. Maar dit lyk of Altus net oë het vir Paula. Die twee was mos eens ’n paartjie … tot Paula se oë begin dwaal het. Altus, ’n man wat nie nonsens vat nie, het haar onder haar alie geskop en haar hart gebreek. Sepieland se Kupido laat hom egter nie so maklik onderkry nie. Op Valentynsdag het Altus en Paula voorgegee om ’n paartjie te wees sodat hulle kan deelneem aan ’n kompetisie, wat hulle ook gewen het. Hoewel hul klug intussen op die lappe gekom het, het die voorgee-soentjies en -drukkies ou gevoelens laat opvlam. Sedertdien gee hulle mekaar sulke lang, innige kyke. En watter vrou sal nie vir Altus loer nie met sy donker gelaat en breë skouers. Maar dis nie al waarvan aanhangers hou nie. “Ek is mal oor sy klere,” sê ek. “Oeeee,” sê die een. “Ahaaaa,” beaam die ander. En blykbaar is dit nie net ons wat so dink nie. Vir 7de laan-aanhangers is Altus se awergse en funky klerestyl deel van sy karakter. Hy staan beslis uit met sy dasse, byderwetse baadjies, kleurryke hemde en T-hemde. Daar is niemand anders in die Laan met so ’n individuele kleresmaak soos Altus nie. Dit het my laat wonder: Is Heino Schmitt ook ’n trendsetter of trek hy soos baie ander jong mans dit aan wat nog taamlik vars ruik en nie te erg gekreukel is nie? Moenie glo nie, soos ’n ware metroman, is sy beeld vir hom belangrik en hou hy van labels soos Diesel en Energie. Hy beskryf sy kleresmaak as retro, maar erken as jy ongenooid by sy huis aankom, sal jy hom in ’n T-hemp en kniebroek kry. En hoewel Altus baie van sy blou-en-oranje blommetjieshemp hou, sal Heino dit nie vir sy eie klerekas kies nie. Om ’n bietjie meer uit te vind oor Altus se kleresmaak teenoor Heino s’n het TYDskrif-Rapport vir die man self ’n paar vrae gevra: * Hoe sal jy Altus se klerestyle beskryf? Ummm … kleurvol! * Is daar enige van Altus se klere wat jy graag sal wil huis toe neem? Dalk van sy T-hemde. * Van watter uitrusting van Altus hou jy nie vreeslik baie nie? Die blou-en-oranje blommetjieshemp … met die ORANJE das! * Wat dink jy is die belangrikste ding in Altus se klerekas? Definitief sy dasse! * Wat is jou persoonlike kleresmaak? Dit hang maar alles af van my luim. Ek hou nogal baie van retro! * Wat dra jy as jy by die huis is? ’n Kniebroek met ’n T-hemp * Is jy ’n trendsetter of ’n modeslaaf? Definitief ’n trendsetter! *Wat is die gunstelingstuk in jou klerekas? Sjoe, daar is so baie waarvan ek hou, maar van my gunstelingklere sluit in ’n militêre belt en ’n retro-top van Energie, waaroor ek mal is! *Waar koop jy graag klere? Energie en Diesel. *Het jy ’n gunsteling-ontwerper? Energie. *Waarin sal jy graag vir Altus wil sien? Armani-suits … HA HA HA! Heino se smaak verskil van Altus s’n, daarom het TYDskrif-Rapport gaan kers opsteek by Elmarie Jacobs van 7de laan se wardrobe: * Hoe sal julle Altus se styl beskryf? Altus se styl is “funky-formeel”. * Watter karaktereienskappe van Altus kom in sy kleure uit? Jonk, professioneel, tog funky. ) Neem julle Heino se voorkeure in ag wanneer julle besluit wat Altus sal aantrek? Dit is belangrik dat ’n karakter gemaklik in sy klere moet wees. * Heino lyk soos en is soos ’n model gebou – maak dit dit vir julle makliker wanneer daar op Altus se klere besluit word? Natuurlik maak dit dit makliker, want hy lyk goed in net mooi alles! * Sou jy sê Altus is ’n modeslaaf of ’n trendsetter? Beslis ’n trendsetter. * Waarna kyk julle veral wanneer ’n karakter se styl bepaal word? Danie Odendaal (7de laan se vervaardiger) besluit op die styl wat die karakters moet hê. Dit word dan as ’n riglyn gebruik vir ons beplanning. * Wat is kykers se reaksie op Altus se klerekas? Ons kry baie positiewe terugvoer. * Hoe baie dasse het Altus? Sjoe, ek skat hy het so tien wat in sy kas hang. En wat sê die modeontwerper en stilis Simon Rademan van Altus se klerekas en watter moderaad het hy vir Heino? * Altus is ’n jong, dinamiese entrepreneur met ’n baie oorspronklike kleresmaak. Hoe sal jy hom aantrek as jy kon kies? Kleure het betekenis en moet met sorg gekies word. Blou is byvoorbeeld vriendelik, bruin is intelligent, swart is geheimsinnig, geel is stimulerend en rooi is passievol. Ek sal beslis sorg dat hy ’n fyngestreepte (pinstripe) pak het en talle wit hemde met helderkleurige dasse daarby. Die denimbroeke werk goed, maar dan moet deftige skoene daarby gedra word (as hy dalk die plakkie-mode navolg, moet hy dit liewer los.) * Wat dink jy moet Heino beslis in sy kas hê? Ek sou sê wit en swart T-hemde, ’n blou denimbroek, ’n swart denimbroek, cargo-pants, ’n semi-formele swart baadjie, ’n wit langmouhemp en ’n swart langmouhemp. * Wat dink jy kan ander mans by Altus of Heino se klerestyl en sin vir mode leer? Moenie bang wees om te eksperimenteer en odds bymekaar te sit nie. Die modes is tans baie buigsaam, en fokus op individualiteit. Maak jou eie kombinasies (hoe bisar ook al) soos Altus en Heino, en skep jou eie identiteit. * Watter raad het jy vir die manne daarbuite wat besluit het om vanjaar meer aandag aan hul klerekas te gee? Mans het beslis (soos vroue) ’n ingebore gut feeling. Jy weet eintlik wanneer iets verkeerd is, want jy is geneig om daaroor te twyfel. En as dit gebeur, los dit liefs. Moenie die mode slaafs navolg nie, dis ’n duur stokperdjie. Onthou liewer mode het minstens sewe komponente: kleur, styl, snit, bykomstighede, kombinasies, tekstuur en atmosfeer. Kies twee of drie daarvan op ’n keer en nie alles elke dag nie. Unisex-modes is heeltemal taboe. Dis die jaar vir mans om máns te wees en vir vroue om vró?e te wees.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|